Fochville-ongeluk: Seun dood, pa kritiek beseer

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy 20’s is dood en sy pa kritiek beseer nadat hul bakkie omgeslaan en verskeie kere gerol het in Fochville, Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die bakkie op sy sy gelê in ʼn veld langs die pad. Die pa en seun het ʼn paar meter weg van die bakkie gelê.

Volgens Meiring het paramedici die twee mans ondersoek. Die seun het egter reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Die pa het naby sy seun gelê en was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het die pa op die toneel behandel voordat hy per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.