Fochville-pa voor seun doodgeskiet

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man van Fochville in Gauteng is Vrydagoggend koelbloedig ten aanskoue van sy seun vermoor.

Sers. Linkie Lefakane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 47-jarige man was omstreeks 06:00 op pad werk toe, toe hy deur drie gewapende mans by die huis se voordeur oorval is. Die verdagtes het hom in die huis ingesleep waar ʼn struweling ontstaan het.

“Die oorledene kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk en die alarm het afgegaan,” het Lefakane gesê. “Twee skote is afgevuur en die man is op die toneel dood.” Die aanvallers het daarna op die vlug geslaan sonder om enigiets te steel.

Maroela Media verneem dat die seun gestremd is. Dit is nie duidelik hoe oud die seun is nie. Volgens Lefakane is die seun ongedeerd. Die naam van die oorledene kon nog nie deur die polisie bekendgemaak word nie, aangesien al die naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van moord word ondersoek.

Die voorval kom ʼn maand ná ʼn soortgelyke voorval waartydens ʼn man en vrou van Fochville ten aanskoue van die vrou se 12-jarige dogter deur gewapende rowers in die oprit van hul huis doodgeskiet is. Jaco van Eeden (47) en Elsabé Muller is in dié voorval dood toe drie gewapende mans hulle oorval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ME ·

Goeie genade vandag ek dink ek het seker van 6 moorde gelees in die media op ons Boere mense. Dit kan nie so aangaan nie. Die Land is SIEK!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

pjk ·

Die regering gaan ons nie help nie. Ons moet begin om onsself inplek te stel. ONS MOET OPKOMMANDEER!!!

antoinette ·

Nie die land wat siek is nie…maar sy bewoners…..daar is geen moraliteit onder ons mense nie!

Susan ·

Dis nie die land wat siek is nie, di al die siek mense wat hier bly.

Ou Uil ·

Begin vir my te lyk asof die platteland die volgende teiken vir misdadigers word.

Flippie ·

Hierdie ouens is nie misdadigers nie.Hulle is opgeleide ouens wat opdragte uit voer.

shareen ·

ek dink dit is die selfde flipen mense . en die oom wat dood is was jaco van eeden(my skoonpa) se vriend hy het altyd vir hom messe gemaak.

alex ·

@ Flippie stem 100% saam. Die manne weet wie hulle steun. Maar die tyd kom nader….

francois ·

Robert Mugabe het onlangs kweit geraak by een of ander Anc party dat hulle n white genocide moet rig teen alle blankes,baie snaaks zuma en al sy narre het niks gedoen nie,geen instansie of politieke party het dit teen gestry nie….. ek is jammer maar te danke aan fw de klerk is dit nou elkeen vir ons self en GOD vir almal. Sterkte my medige suid afrikaners

Sue ·

Die seun is NIE ongedeerd NIE…….. Hy het dalk nie fisies seergekry nie…….. maar ongedeerd. Nope!

Coenza ·

Mense moet begin saam staan die land gaan nie hou met die temp waarmee hulle aan gaan nie hulle is siel siek mense en is harteloos gee nie om vir niks en niemand nie… Dis sad

Elmarie ·

Waar is die NVK nou??? Hulle kan baie gou reageer as dit iemand is soos Oscar wat ‘n fout begaan het, maar wat van al die ander moorde. Dat is hulle baie stil.

Jan maak n Plan ·

As ek hierdie tragiese berigte lees, bly daar ‘n klein vraagie by my opkom – wat sal die regering en die wereld se en doen as ons hulle so uitmoor soos hulle ons uitmoor.

Winston ·

@Jan. Ons het nooit onskuldige individue vermoor nie, maar is wêreld wyd veroordeel oor sogenaamde apartheid. Dit sal net n ander naam kry as ons opstaan vir ons regte. Ons sal weer verkeerd wees. Wil jy liewer verkeerd wees of as volk ondergaan sonder om iets te doen? Besluit self. Ek verkies die regte ding om te doen . Ons het as minderheids groep geen beskerming van die regering nie.

talitha ·

Ons word nes die Jode vervolg.. hulle noem dit anti- semitisme. Hier is dit anti-witisme!
Dan wil hulle hê ons moet ons geld met hulle deel.
Ek dink eerder hulle wil die geld hê maar die witttes moet uit die pad gevee word.

Thea ·

En waar sit platneus De Klerk! Hy voel geen berou teenoor ons mense nie. Daar gaan nie een enkele dag verby wat ek nie lees van moord op ons mense nie. Dit gaan slegs beter gaan wanneer SA terugdraai na God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.