Fokuspunte uit Zuma se staatsrede

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede op 9 Februarie 2017 (Foto: Ngizozo Jiyane, GCIS)

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede op 9 Februarie 2017 (Foto: Ngizozo Jiyane, GCIS)

Pres. Jacob Zuma het Donderdag, byna ʼn uur en ʼn half nadat hy geskeduleer was om sy staatsrede te lewer, met sy toespraak begin.

LP’s van opposisiepartye het aanvanklik die verrigtinge ontwrig. Die Ekonomiese Vryheidsvegters is uiteindelik deur veiligheidsbeamptes uit die Nasionale Vergadering verwyder waarna die Demokratiese Alliansie se LP’s ook die vertrek verlaat het.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het intussen gesê omstandighede in die Nasionale Vergadering het só ʼn chaotiese laagtepunt bereik sy party nie anders kon nie as om uit te stap.

Stoele is gebreek en waterbottels en harde hoede is rondgegooi.

Speaker Baleka Mbete het daarna Zuma versoek om sy toespraak te lewer.

“Uiteindelik,” het Zuma laggend gesê.

Zuma het met ʼn oorsig oor die ekonomie begin en gesê die interaksie tussen die regering, besighede en vakbonde is baie vrugbaar. Hy het ook gesê die land het ʼn krediet-afgradering voorkom deur saam te werk.

“Altesaam 10 000 jeugdiges word as loodgieters opgelei om met waterbewaring te help, in reaksie op die droogte,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die regering se belegging in wetenskap en tegnologie-opleiding dra vrug. Hy het gesê die fokus vanjaar is spesifiek verdere opleiding, veral in wiskunde.

“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) beplan ook ʼn opgradering van die berugte Moloto-pad in Gauteng.”

Volgens Zuma het toerisme die afgelope jaar met 13% toegeneem met 9 miljoen toeriste wat die land in 2016 besoek het.

Hy het ook gefokus op maatskaplike euwels. “Ons bestry dwelmmisbruik in die gemeenskappe,” het hy gesê.

Volgens hom is die Nasionale Gesondheidsversekering ʼn vlagskipprogram vir die jaar. “Dit sal in drie fases beskikbaar gemaak word.”

Hy het ook gesê hy het die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, versoek om die gesondheidsombudsman se aanbevelings te implementeer nadat 94 psigiatriese pasiënte gesterf het toe hulle van die Life Esidimeni-kliniek oorgeplaas is na ongelisensieerde fasiliteite in Gauteng. Hy het bygevoeg die regering het ten doel om ondersteuning te bied aan die gesinne van die oorledenes. Dit volg nadat Mbete vroeër ʼn versoek deur die DA, vir ʼn oomblik van stilte vir die 94 persone, van die hand gewys het.

Zuma het gesê die regering werk hard om die sogenaamde negepuntplan te implementeer. Zuma het tydens sy staatsrede in 2015 vir die eerste keer na die negepuntplan verwys, ʼn plan om ekonomiese groei te bevorder en werkloosheid te bekamp. “Ministers sal binnekort meer besonderhede hieroor gee.”

Volgens hom bly die tempo van transformasie egter stadig. “Slegs 10% van die top-100-maatskappye op die Johannesburgse Effektebeurs staan onder swart eienaarskap.”

Zuma het bygevoeg boere het verlede jaar gebuk gegaan onder die droogte.

Hy het daarop gewys dat wyle Oliver Tambo vanjaar sy 100ste verjaarsdag sou gevier het. “Oliver Tambo was ʼn kampioen vir vroueregte. Ons sal meer doen om vroue te bemagtig,” het hy gesê.

Zuma het ook gesê dat die regering alle uitstaande NSFAS-studentegeldskulde vereffen het en die regering het R32 miljard beskikbaar gemaak vir uitstaande studieskuld van 2013, 2014 en 2015. “Verdienstelike studente kan nou met hul studies voortgaan sonder ʼn vrees dat hulle, as gevolg van uitstaande studieskuld, nie hul studies sou kon klaarmaak nie,” het hy gesê. Volgens hom sal die regering ook die studente se besware aanspreek wat betref die NSFAS-drempelwaarde van R122 000 en dat sommige universiteite se studiegelde meer is as die NSFAS-beurs.

Hy het gesê die stryd teen misdaad is een van die hoogste prioriteite. “Die polisie sal sigbare polisiëring verhoog en sal van gespesialiseerde eenhede soos die taktiesereaksie-eenheid en nasionale ingrypingseenheid gebruik maak. Daar sal ook gespesialiseerde eenhede wees wat fokus op dwelmverwante misdaad, taxigeweld en vuurwapens. Die polisie sal ook van ʼn DNS-databasis gebruik maak om verdagtes uit te ken. “Ons maan die publiek om met die polisie saam te werk,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg die departement van korrektiewe dienste werk hard daaraan om te verseker dat tronke in korrektiewe sentrums verander word en om te voorkom dat misdadigers weer oortree.

Zuma het ook die afname sedert Oktober 2015 wat renosterstropery betref, verwelkom. “Dit is die eerste keer in dekades,” het hy gesê. “Dit is danksy gesamentlike operasies tussen wetstoepassers.”

Hy het bygevoeg die regering sal steeds met die Verenigde State saamwerk oor kwessies van gesamentlike belang soos die volle hernuwing van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).

Hy het ook gesê die land het ʼn ooreenkoms om 20 000 ton beesvleis per jaar na China uit te voer vir ʼn periode van 10 jaar.

Hy het gesê die regering verwelkom die besluit om ʼn BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika)-graderingsagentskap op die been te bring, “sodat ons mekaar kan bystaan”.

Zuma het gesê die regering erken die Volksrepubliek van China as die regering en owerheid wat die hele China verteenwoordig en benadruk die “Een-China-beleid” en beskou Taiwan as ʼn integrale deel van die Republiek van China.

Hy het ook gesê vanjaar is die 50ste herdenking van die besetting van Palestina. “Die uitbreiding van Israeliese nedersettings ondermyn wêreldwye pogings om die twee-state-oplossing te bereik waarin Palestina en Israel vreedsaam naas mekaar kan voortbestaan.”

Zuma het kort hierna sy toespraak afgesluit.

Thandi Modise, voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers, het ná Zuma se toespraak bevestig dat ʼn vinnige ondersoek bevind het dat pepersproei inderdaad in die huis gebruik is. Verdere ondersoek word ingestel. Die VF Plus het gesê hy verdink lede van die EFF.

Lees Zuma se volledige toespraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann ·

Doe grootste teken van n Psigopaat is dat hy so oortuigend lieg…dat hy homself glo EN soortgelyke onstabieles oortuig van sy “feite” en goeie intensies. Slaafse navolgelinge wat hulle gemeenskaplike eie gewin bevoordeel ten koste van enige teken van weerstand. GEWETENLOOS en BARBAARS in hulle modus operandie. Gaan lees gerus na. Min of meer hoe TERRORISME geregverdig word en gevoed word met voet soldate. O ja..en belangrik: die opvolg leierskorps word skaamteloos met strategiese propaganda ingelyf in die kaders van die massa navolgers. Gaan lees nou weer wat Jacob Zuma pas gesê het, en hoe hy letterlik sy omgewing fisies beskerm teen enige alternatiewe insette of empatie…selfs emosies soos simpatie. N Pragmatiese leier van n.moderne terroriste organisasie…ons moes al LANK al wakker geslaap het.

humor ·

Ag, nouja hoe gaan dit deesdae met die papaaiekwessie in agter Indie

Carol ·

Nog dieselfde as met die botterkwessie in Sandenawië….en slegter as met die suikerskandaal in Columbia…

Carol ·

Beter as met die botterkwessie in Skandenawië en die suikerskandaal in Columbia….

Johannes van Staden ·

N ruk terug het hulle hom gevra wat die punte was van die 9 punt plan ….hy kon net een noem en dit was agriculture …was so snaak gewees.

Jaco ·

“Thandi Modise, voorsitter van die Huis van Vertreemwoordigers”. Is daar dan nou nog ‘n derde liggaam in die parlement? Ek weet net van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies.

Valerie ·

Mense, wag totdat julle die propaganda poppies moreoggend oor RSG hoor. Ek bedoel, hulle werk mos vir die klomp ANC “here.” Luister mooi, dit sal almal se skuld wees, self ou Trump s’n, maar nie een van die twee vroue, wat na mekaar uitsaai, sal ‘n skewe woord oor die giggelende en laggende malman sê nie. Want hy beskerm mos vroueregte; oops, daar val ek uit die bed uit van daardie lieg van my! Anyway, luister maar gerus na die gemors op Monitor en “Praat Saam,” solank jy net nie teëpraat nie. Propagandiste hou nie daarvan dat jy terug praat met die waarheid nie. Hulle sny jou af, daar en dan…al is daar bloed op die giggelende malman se hande.

Thuunda ·

Valerie, goed opgesom. Bly om te sien ander mense sien die liberales se propaganda ook raak.

Johnny ·

Lynette Francis is seker die tweede een. Wie is deesdae op monitor?

Eugene ·

@Thuunda, hierdie is nie liberale propaganda nie, dis staats propaganda
Jy verwar net die kwesie
Ek is moeg vir die konservatiewe propaganada

Malva ·

Valerie so bly ander sien deur die selfvergenoegdes… propaganda vir politieke base…

Chris ·

Zuma bedoel seker dat Suid-Afrika die Volksrepubliek van China as China erken. Want as hy gesê het Suid-Afrika erken die Republiek van China dan praat hy eintlik oor Taiwan (Taiwan = Republiek van China).

Of het julle daar ‘n vertaalfout gemaak, Maroela Media?

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Dankie dat jy ons hierop gewys het. Dit was inderdaad ‘n oorsig aan ons kant.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Naamloos. ·

Mooi Valerie. Ek dog ek is die enigste een wat so voel. Almal “praat saam” en te min word gedoen.

Voorlaaier ·

Ai!…Gisteraand toe verlang ou voorlaaier terug na sy dae as jong man!!….Elke naweek i lekker “bar fight” gehad!!..Dis was net stoele tafels en bottels!!….Di parlement gisteraand maak my groen van jalosie!!…….?

Job ·

20 000 ton beesvleis gaan na china uitvevoer word oor die volgende 10 jaar. Geen wonder ons sien reeds gru-fotos van donkies wat ereedaardig lewend ontvel word nie. Gaan bees- of donkievleis uitgevoer word of beide. En watter ander diere nog.

Kobus ·

Almal korrupte klomp…binnekort word Renoster getjap as Bees…maar vleis sal na die hongerige Ooste uit gevoer word terwyl sy eie mense kripeer van armoede…

Judith van Der Lith Erasmus ·

Nie ñ woord gesê oor die plaasmoorde en weerlose mense in die stede nie.

Johann ·

Zuma het vreeslik baie te sê gehad en tog ook niks nie. Hy skryf gou studente skulde af, maar sê niks van pensioene wat in gevaar is en ‘n ernstige kwelpunt by ons ou mensies is nie

Patriot ·

Die bos het uit gespring. Geen mens kon daar bly sit, of by die huis daarna kyk nie. Skande.

Jan maak n plan ·

Tipies van n idoot – praat baie en sê niks. Bla bla bla bla.

Magda ·

Dan se “hy” ook dat Wit huishoudings verdien 5 keer meer salaris as die swart huishouding – WAt n Grap – Natuurlik sal die wit huishouding meer verdien want hulle word gedwing om vir hulle self te werk en die swart huishouding werk 99% almal vir die staat so wie se skuld is dit dat hulle so min geld kry – JOUNE ZUMA WANT HULLE WERK VIR JOU MET ONS GELD WAT SO LEKKER VIR SELF BEHEP “GENEEM” WORD – WAT N GRAP IS JY NIE

Johanna Botha ·

Chaos …regtig skaam on n SA burger te wees as dit so gaan in die parlament. Ek weet nie hoe mens weer die orde sal kan herstel nie…maar dis seker n presiese weerspieeling van die chaos en wanorde waarin SA homself nou bevind ..tragies en skandelik …is dit nou hoe demokrasie werk …dink nie so nie ! En die hele wereld sien dit en belegers onttrek ..en daar gaan die werksgeleenthere ook by die deur uit…gaan die mense ooit leer !

Rynhardt ·

Zuma se staatsrede het geen visie vir SA bevat nie.Na gistraand se sirkus het talle mense reeds hul tasse gepak om SA te velaat.Zuma se staatsrede het klem gele dat ekonomie nie vinnig groei nie en moet vinnig getransformeer word! Hy versuim egter om vir land en sy eie ondersteuners uit te spel dat die Anc het met die implementering van Vryheidsmanifes, SA ekonomies vernietig! Verder het Zuma gese dat die wereld ekonomiese herstel toon.Dit is onwaar, want die wereld kan nie uit sy $76triljoen skuld kom nie. Zuma se staatsrede is n staatrede van permanente ontkenning, want hy bied geen oplossings en visie vir SA nie! Die parlement is baie siek en gaan nog opbreek.Zuma gaan nie bedank nie, nog minder gaan n tronksel hom sien! Die chaos wat SA beleef is te danke aan Frikkie (FW) de Klerk en sy natte asook die liberale.Hoekom? In 2014 het Pik Botha erken op SABC2, die volgende:”Ons natte was oor die jare beindruk deur die liberale denkwyse!”SA gaan beslis nie verander in n paradys met Zuma en Anc waarop talle politici en liberale gehoop het nie.

Johannes van Staden ·

Met die droogte het baie plase op die mark gekom teen baie goeie pryse ….hoekom koop die staat nie die grond nou nie ….daar is BAIE gewillige verkopers …ek verstaan dit nie ?

jorie ·

Jy het ‘n punt. Onthou net, vir ‘n politikus om te sê hy gaan iets doen en om dit wel te doen is heeltemaal twee verskillende goed. Hulle praat gewoonlik maar net om stemme te kry.

John ·

Dit is weer eens duidelik uitgespel: Dit wat die witmense opgebou het maak die ANC groen van jaloesie en hulle en hul vriende begeer dit met ‘n seer hart. Die sg ‘struggle’ was dus nie om self iets tot stand te bring nie, maar om dit wat die witman opgebou het te bekom. Die ruimhartige uitdeel van geld en die afskryf van skuld van die nimmer eindigende aantal ‘struggle’-studente van regoor Afrika, is die teelaarde vir groot ellende in die toekoms, omdat geen verantwoordelikheid daaraan gekoppel word nie; maak die beursie net weer vol en draai die kop van die leuen totdat hy in die rigting van die waarheid wys en alles is dood-dollies. Die doel heilig mos glo die middele en die Hemelvader moet maar net luister en Afrika seen?

AL ·

Die ANC regering is vrot van korrupsie en wanbestuur. Die arm swart mense kon al lankal opgehef gewees het as die regering nie so gesteel het en wanbestuur toepas nie. Die boere het koue skouer gekry tydens die droogte. Daar is soveel BEE maatskappye wat staatstenders inoes en geweldig ryk raak wie nie eens hul eie arm gemeenskappe ophef nie. Grond? Ironies genoeg het swartes ook grond bewoon gedurende apartheidsjare, hoekom moet grond oor en oor herverdeel word? Ek het nie eens grond nie, moes myne maar koop anders het ek nie blyplek nie.

Pierre ·

Weet iemand dalk of dit gaan reen die naweek, ek wil graag gaan kamp?

Chris ·

Job, ja dit is ‘n moeilike storie die vleisuitvoere. Beesvleis beslis maar Vaaljas (donkie) se vleis nog beter. Dan sal die Sjinese nie oor kilojoules te bekommer nie, die vleis het perdekrag (donkiekrag) in.

jorie ·

Interessant hoe zuma nou kastig wil hê Israel moet 2 state wees – met een vir die Palestyne. Dit terwyl hy wil hê Suid Afrika moet 1 staat wees waar almal onder 1 regering is.

Chris ·

Ek lees en sien en hoor die banaliteit wat grens aan waansinnigheidswaansin in die land van ons. Ek weet net ons moet hier bly, dit gaan nog lekker word. Ek sien die land as ‘n diep maalkolk. Elke probleem en vraagstuk/”issue” is ‘n kat. Nie nodig om te sê watter kleur nie, maar dit is voor die hand liggend. Elke kat word in die maalkolk gegooi. Die katte leef lekker saam in die maalkolk want hulle word gevoer. Eendag op ‘n reendag hou die voerdery op. Wat gebeur dan? Die katte begin vir mekaar loer en begin ook lippe vir mekaar lig. Dan kom die probleem. Hulle begin twis en vreet onder mekaar en die katte klim dan uit. Ons katte is besig om vir mekaar lippe te lig. Een van die dae kom die twis onder die katte en gaan dit nie vir jou ‘n kattemaai afgee nie.

pieter ·

Ja magda dis wat hy se oor wit huishoudings waaroor ek nie saamstem nie , kyk wie ry deesdae di benze,bmw en duur karre ,kyk wie sit deesdae in hoe posisies ,wie koop trollys en trollys vol kruideniersware , wie bly in duursame huise ens , hy moes gese het ryk suid afrikaners en arm suid afrikaners ,dan het hy van die hele land se volk gepraat

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.