Fonds gestig om boere te help

Argieffoto

Argieffoto

Agri SA het Woensdag aangekondig dat hy kragte met ʼn toonaangewende maatskappy gesnoer het om ʼn fonds te stig om boere by te staan in die huidige droogte wat as een van die ergste natuurrampe die afgelope 20 jaar beskou word.

Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA, het in ʼn verklaring gesê die gevolge van die droogte en gepaardgaande hoë temperature het ʼn negatiewe impak op die ekonomiese oorlewings­vermoë van talle boere, wat ook direkte kortermyngevolge soos voedseltekorte vir landelike gemeenskappe en spesifiek ook vir boere- en plaaswerkergesinne kan meebring.

“Dit is belangrik dat pogings aangewend word om diegene in hierdie moeilike situasie te ondersteun”, het Van Zyl gesê.

Hy het gesê Senwes, een van die toonaangewende maatskappye in die land, het kragte gesnoer met Agri SA om die droogterampfonds te stig om bystand, veral op humanitêre vlak, te bring in hierdie moeilike tyd.

Van Zyl het gesê dat Hans van der Merwe, voormalige uitvoerende direkteur van Agri SA, gekontrakteer is om behulpsaam te wees met die bestuur van die fonds en die aanwending daarvan deur provinsiale organisasies.

“Hierdie inisiatief vorm deel van ʼn meer omvattende poging in samewerking met verskeie belanghebbendes. Hierdie proses word tans op verskeie vlakke bestuur.”

Die organisasie doen ʼn beroep op sakeondernemings en die publiek om hierdie inisiatief te ondersteun deur bydraes te maak tot die fonds via die webblad wat daarvoor beskikbaar gestel is by www.droogterampfonds.co.za.

“Sonder hierdie welwillendheid sal ons uiteraard nie impak kan hê op ʼn droogtesituasie wat tans werklik veeleisend is nie,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ME ·

Shoe ek hoop dit kan ons BOERE almal help wat dit nodig het. As dit nie die WREEDE RASSISTIESE MOORDE is nie is dit die verskriklike DROOGTE.

marous ·

Geld kan nie water maak nie….as die regering geluister het en die volhoubare damme soos beplan gebou het, sou dit almal, insluitend die boere bevoordeel het. Hulle sal dit steeds nie doen nie!!!

Lorna ·

Dankie tog Agri SA iemand probeer en nou moet ons almal saam BID vir hulp vir reen en al die geweld in ons land want ja so glo ek GOD praat met ons want die duiwel is los met al die geweld

Hannie Pelser ·

Ek gaan verseker gee wat ek kan. My hart bloei vir die boere…Verwyte aan die regering is nie nou ter sprake nie. Ek gaan van die eft betalingmetode gebruik maak. Ek vra elke dag ” Here, gee asb vir almal wat reen nodig het reen..veral vir die wat nog niks gekry het nie”.

God sal reen gee…Hys altyd getrou…maar nou..dis n wonderlike idee om ons boere finansieel te help..

Rietrot ·

Die tegnologie om water op groot en klein skaal te maak bestaan reeds. En ons land is aan die slaap.

Nicoline ·

Ek het gehoor,hul gaan die opkomende boere help…..so ek weet nou nie of hul mag blanke boere se vee help nie?Dalk se die regering dis rassisties as blankes se diere gehelp word met voer en water.Sal graag die waarheid wil weet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.