Fonds gestig vir Steve Hofmeyr se regskoste

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Fonds is gestig om die bekende sanger Steve Hofmeyr se regskoste in die saak teen die Menseregtekommissie (MRK) te dek.

Die MRK het Hofmeyr in Junie voor die gelykheidshof in Gqeberha (Port Elizabeth) gedaag oor sy omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ+-gemeenskap wat hy op sosiale media gemaak het.

Dit volg nadat ʼn organisasie in Gqeberha die uitlating as ʼn moontlike menseregteskending uitgewys het.

Die fonds is op Steve se seun, Devon Hofmeyr, en die Bittereinders-jeugbeweging se Facebookblaaie bekendgestel. Devon is een van die stigterslede van die Bittereinders-jeugbeweging.

Die fonds word deur Kruger JJC & Partners rekeningkundige firma bestuur.

Volgens Hofmeyr beoog hulle om tussen R500 000 en R1 miljoen in te samel wat alle uitgawes rakende die saak sal dek, ook Steve se reiskoste tussen Pretoria en Gqeberha.

“Hierdie tipe sake is ’n reuse‑ finansiële berg wat voor enige man of vrou staan. Aan die einde van die dag laat dit jou finansieel en emosioneel op jou knieë,” het Devon aan Maroela Media gesê.

“My pa het al genoeg vir ons mense opgeoffer en daarom wil ons hom met die saak bystaan.”

Volgens Devon gaan dit vir sy pa nie net daaroor om die saak te wen nie. “Dit gaan oor ons geloof, waardes en kultuur.”

Daar gaan weekliks ʼn opdatering oor die fonds beskikbaar gemaak word.

Hofmeyr het in April met verwysing na die LGBTIQ+-gemeenskap getwiet “… waar my generasie geleer het om met muise, eende en honde te praat, gaan ons kinders leer hoe om met muise, eende en honde seks te hê…”

Die kommissie sê dit blyk uit sy assessering van die twiet dat Hofmeyr bestialiteit by die LGBTIQ+-gemeenskap insluit. Bestialiteit is ʼn strafregtelike oortreding.

Hofmeyr se opmerking is oënskynlik gemaak in reaksie op ʼn besluit van Disney om groter inklusiwiteit op sy platforms te verseker.

Volgens die kommissie is die uitlating moontlik in stryd met die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Gelykheidswet).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Pieter ·

Soos in die geval van die EFF en Kill the Boer hofuitspraak geld vryheid van meningsuiting meer. Verder kan daar nie aangetoon word dat die uitspraak enige kwaad veroorsaak nie. Gelykheid voor die reg. Dus Steve is onskuldig. Die MRK het die EFF wel aan haatspraak skuldig bevind maar die hof sê anders. Die gereg bly ‘n godslasterende beweging.

Anton ·

Wat is die sing van kill the Boer anders as dit waarvoor Steve nou aangekla worf. Dubbele standaarde in ons regstelsel veral by die menseregte kommissie

Chris dupreez ·

Ek hoop julle kry die geld bymekaar gemaak . Staan vas in jou geloof en jou beginsels.

melaney ·

Steve is baie gewild onder Suid Afrikaners. Die geld sal baie gou bymekaar gemaak word.

Jannie van Niekerk ·

As jy ‘n ware Afrikaner isd sal jy JUIS vire Steve verdra.

Laksman ·

As jy n ware Afrikaner is maak jy seker ook nie jou kinders in Engels groot nie?

Koen ·

Genoeg vir baie ander gied ook. Bid vir julle dat sy gebede verhoor word.

Kattebol ·

Net n EFF ondersteuner Sal jou mening huldig. Steve praat “sense” en ongelukkig maak die waarheid seer, maar ek wens Disney en al die alfabet ondersteuners toe wat hulle verdien!

Skadu ·

Daar is min mense wat opstaan vir hulle geloof, kultuur en beginsels.

Ek wens ek het 10% van sy moed gehad.

George ·

Jy kan opstaan vir wat jy wil en wie jy wil, maar jy kan dit doen sonder om ander in te sleep en of sleg te se.

Jr ·

Dit word in die Groot Swart boek geskryf dat in die eind tye sal REG verkeerd wees, en verkeerd sal reg wees. Ek ken net twee genders. In Amerika is daar nou 172 genders. Nee jammer. Veg vir waarheid Steve

Maritha ·

Aaaaag duiweboer, gaan vlieg jou duiwe! Maak oop jou ogies. Kyk hoe gaan dit om jou! Wanneer laas het jy kinder programme gekyk? Mens moet dit eers sensor!

George ·

Kinders kyk “superhero” stories, jy al gesien oor wat dit gaan, geweld, geweld, geweld, maar dit is okay, selfs parties vir 3jariges, “spiderman, batman” ens. violence op violence

Swerwer ·

So die EFF/ANC mag maak/sê en doen net soos hul wil en word nie vervolg nie. “Kill the Boer” is HAATSPRAAK maar absoluut kom die wat dit gebruik skotvry en word nie vervolg nie want volgens hul is die maar reg. Nou wie is nou skuldig aan ” Rassisme” beslis nie ons blanke volk nie.

Wondermaarnet ·

Plaas asb bankbesonderhede, sodat ons wat hom steun kan help. You go Steve!

Joe Olivier ·

” menseregte” is die grootste onding wat hierdie wêreld ooit getref het. Dit kan nooit werk want vir een mens om sy regte op ander af te dwing moet ‘n ander sy regte opoffer. In die skewe wêreld waarin ons nou lewe verloor die regdenkende mense ongelukkig. Sterkte Steve en dankie dat jy nie bang is om te sê wat gesê moet word nie.

Nici ·

Demokrasie dwing nie een geloof op almal af nie. Hierdie is ‘n morele kwessie en die vryheid om spraak. Jy verstaan nie demokrasie en waar dit van toepassing is nie.

Charl ·

Maar kill the Boer is reg ?? Gee dan maar jou sent vir malema en boer eerder verder met jou duiwe as om jou in dinge te begeef waaroor jy duidelik nie insig het nie.

piet ·

Ja nee wat, George. Beslis nou nie ‘n voorbeeld wat ek sou wou navolg nie. Maar laat ons maar nie uitwei nie, die ou se gedrag is alombekend.

Klein Karoo Loper ·

George en Piet is hipokrate. Blah Blah Blah Blah

Gaitsigubib ·

Nee ek verskil met jou George. Ek kan toegee as mens verkeerd, soos toe jy en Piet se dat atlete wel hartaanvalle kry – dit is wel gedokumenteer. In hierdie geval het die persoon baie sterk waardes, dit strook net nie met jou waardes nie. Ek was geen ondersteuner van Van Zyl Slabbert nie, want sy waardes het nie met myne gestrook nie, maar ek kon hom respekteer, in groot teenstelling met die NP van destyds en die ANC van vandag. As mens waardes het dan kan jy mos so persoon vat vir sy woord. Jy weet waar jy staan al stem jy nie saam nie, of hou jy meer van die konkelaars wat iets se, maar iets anders bedoel?

piet ·

Ek dink nie veel van ouens wat kinders verwek buite die huwelik nie en ek hou ook nie van mans wat tee in vrouens se gesigte gooi nie. So ek sal maar versigtig wees om oor sommiges se “waardes” te spog. Nieteenstaande is hy wel ‘n talentvolle individu maar ek sal hom definitief nie as my “moral compass” beskou nie.

Gaitsigubib ·

Is jy ook in die woorde verdraai besigheid Piet? Ek spog nie met sy waardes nie, maar ek sal as jy wil.

Oosieoos ·

Steve baie gewild onder mense wat nog a kultuur en beginsels het daarom die afguns. Afgunstigheid is die duiwel se oorkussing

Zoey ·

Ek dink Steve het al genoeg geld uit sy aanhangers gemaak om sy eie regskoste te betaal. Of jou naam nou Julius of Steve is, dink wat jy sê op sosiale media en in die publiek. Geeneen van hulle verdien dat Suid-Afrikaners wat reeds gebuk gaan onder erge finansiële druk agv petrolpryse en verhogings op talle ander gebiede hul regskostes dra nie. Ek hou van sy musiek, maar dink hy het ook bietjie te groot vir sy skoene geword.

Elma ·

Mens moet ook deesdae geld gee vir elke 2de ou. Ek is mal oor Steve, maar jammer, ek het nie iets gedoen wat die MRK as oortreding beskou nie. Hoe onregverdig en belaglik die klagtes ook al mag wees.

Lourens ·

Die MRK moet dalk teengestaan word in sommige van hulle uitsprake. Daarvoor het ons mense soos Steve, wat nie bang is om dit te doen nie.
En indien die swygende meerderheid nie langer swyg nie, sal die uitgesproke, oordonderende minderheid gerelegeer word tot ‘n minderheids randgroep.

Lourens ·

Die MRK moet dalk teengestaan word in sommige van hulle uitsprake. Daarvoor het ons mense soos Steve, wat nie bang is om dit te doen nie.
En indien die swygende meerderheid nie langer swyg nie, sal die uitgesproke, oordonderende minderheid gerelegeer word tot ‘n minderheids randgroep.

melaney ·

Steve, as ek die kommentare lees, wil dit voorkom asof jy nie finansieël beter daarna uitsien na hierdie fonds gestig is. Dalk in die “Sassa lyn” gaan staan? (Grap net).

mymasekind ·

Nee wat ou Stevie.. jyt jou eie gat gegrou.. klim maar self daaruit.

Gaitsigubib ·

Ek is nie doodseker waarvoor staan die afkortings nie, staan “B vir bestiality? Ek wonder maar net want jou skrywe klink vir my soos, ons moet alles aanvaar tipe van ding, anders is daar fout met ons.

honeybee ·

Steve jy is my held. Het net die naweek na jou gaan luister in Nylstroom. En baie geluk met jou verjaarsdag, mag jy vir baie jare vir ons gespaar word. Lief jou baie.
Sterkte.

Casper ·

Ek stem volkome saam met jou.Laat elke mens sy eie grondwetlike reg uitleef al is ander mense daarteen.Jy mag nie ander oordeel nie.Steve was in elk geval nog nooit een van my gunstelinge nie met sy “vrot pampoen en stukkend skoen” nie.As ek nie van iets hou nie ignoreer ek dit.Ek is ook teen verhoudings van dieselfde geslag maar solank hulle my nie pla nie pla ek hulle nie.Steve is te lief vir die kollig.

Swerwer ·

Elke mens is geregtig op sy eie opinie. As jy nie wil bydra tot iets nie, “so be it”
Steve het net gesê hoe hy voel, hy het dit op niemand af forseer nie. Die hele aangeleentheid rondom Steve is net weer ‘n tipe magsspel wat afgewing word soos die “rassisme” wat deur die Regering en hul aanhangers aangevuur word.

Prikkie ·

100% In die kol Swerwer.

Steve het nooit gesê dat hy namens iemand praat nie.

Leon ·

More Rufolph. Dankie dat jy op die man af is. Meer mense nodig wat nie skroom om hul menings te lig

Arno ·

Ek support Steve in al sy aanslae maar hy het genoeg in die bank om sy eie kostes te cover.

Klein Karoo Loper ·

Hiermee kan ek saamstem. Steve, vat van jou miljoene en betaal jou regskoste. Laat jou seun geld insamel vir daai honderde duisende arm Afrikaanse mense wat nie kos en klere het nie.

Lourens ·

Ek wonder: as mense sê dat hulle met hom saamstem oor sy stelling en sy houding teenoor hierdie hedendaagse aanvaarding en goedpraat van alles, gaan die kommentaar geweier word in terme van die beleid? Of gaan vryheid van spraak en mening gehuldig word, ten spyte van die feit dat sekere groepe moontlik tenagekom gaan voel? Dit maak blykbaar nie saak indien diegene wat NIE hierdie dinge ondersteun, tenagekom word nie.
En ek twyfel of hierdie geplaas sal word.

Manie ·

Die wêreld het te veel verander. Dit het al ‘n norm geword waar die swakkeling of slegte ten koste van die sterke en goeie gekies word.

Fanie ·

Sodra jy sê wat die Bybel sê EN verwerp, skep mense die 11de gebod – jy mag nie oordeel nie. Die Bybel het ongelukkig reeds geoordeel, nie ons nie. Bybel sê jy moet die sonde haat maar die mens liefhê. Vandat die MRK’s wereldwyd geskep is het kriminele en andersdenkendes meer regte as die slagoffers of normale denkers. Daar is deesdae totale dubbele standaarde maar dit wys maar net ons lewe in die laaste dae.

Koen ·

Komaan mense. Sal my rekening nommer gee. Vir enige donasies ondersteun ek Steve 100%.

Anonymouse ·

As ‘n Afrikaner is Steve vir my net ‘n verleentheid. En ek is seker hy kan ‘n show of 2 doen en die nodige geld kry in plaas daarvan dat hy bakhand staan.

Duck ·

Laat hy self betaal vir sy “fout” Is mos oud en lelik genoeg

miavos ·

Boonop word Steve se woorde skaamteloos verdraai deur mense wat eenvoudig nie die taalkundige vermoëns het om agter woorde te kyk nie. Intussen gaan goed soos die volgende aan wat ek nou-die-dag raak gelees het:
A teenage school girl in Australia is reportedly allowed to act like a feline during her classes. Deemed ‘phenomenally bright’, the young girl identifies herself as a cat, according to the Herald Sun. The private school seemingly has no objections to her being non-verbal as long as it doesn’t create any distraction for her fellow classmates.

Charl Albertus ·

Ek verstaan nou nie eintlik nie? En asseblief, ek vra net. (Mag ons nog vra?) Ek het nie R1M vir ‘n hofsaak nie….
Paar jaar gelede, toe ek en Steve op skool was, was homoseksualiteit (ek kan nie al die alfabet letters onthou nie) teen die wet soos bestialiteit tans is. Nou, paar jaar later is dit nie meer teen die wet nie. So, wat verhoed dat bestialiteit nie oor ‘n paar jaar gaan wettig wees nie en dat daar nog ‘n letter by die alfabet bygevoeg gaan word nie? Ek meen, as ek kyk hoeveel goed verander het net in die laaste 10 jaar sal dit my nie verbaas as Steve reg is nie. Waar gaan die lyn getrek word? Wie gaan die lyn trek? Is daar ‘n lyn?
Wat as Steve reg is oor 10 jaar? Gaan hulle dan die geld met rente terug betaal?

Ek weet nie van die wêreld nie, maar my lyn is getrek deur God. Dis my lyn. Onbeweegbaar.

SOLI DEO GLORIA

yahneh ·

Sekere lande laat alreeds “huwelike” tussen mens en dier toe…

Rudolph ·

Bestialiteit is wettig. Kyk wat doen diereboere met hulle vroulike diere. Hulle verkrag vroulike diere om sperm te plaas

Di ·

Sjoe, ek lees al die kommentaar en besef weereens hoe die Afrikaners NOOIT sal saamstaan nie. Dis eintlik skokkend en tog ook hartseer. Elke mens het die reg om te se hoe hy/sy voel oor ‘n saak sonder om GESTENIG te word.

Karina ·

Geen genade vir Steve nie,hy was verkeerd en moet nou verantwoorlikheid vat vir sy dade. Ek het BAIE respek vir hom verloor

Jannie van Niekerk ·

Tipies van Gaum en Nissen. Binne ‘n halfseskonde het hulle Steve skuldig bevind en met mening ingeklikm dat hy vevrolg moet word. Maar Malema en sy haatspraak word verdedig. Ek sal een van die eerste bydraers vir Steve se fonds wees.

Maritza ·

So die EFF kan sing Kill the Boer en kom daarmee weg? Nee wat, ons ondersteuners sal beslis bydra!

Wildemien ·

Ja’k, hier is dit nou – swart op wit. Na 65 kommentare reeds geplaas staan die AFRIKANER SE INHALIGHEID soos ‘n seer duim uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.