Food Lover’s heropen ná rot-video

Die rot smul rustig aan die slaai in Food Lover’s Market, Diepkloof Square, Soweto. Foto: Skermgreep

Die Food Lover’s Market in Diepkloof, Soweto, waar ʼn rot afgeneem is waar dit aan ʼn slaai smul, sal Donderdag heropen.

Jean Harkett, medestigter en besturende direkteur van Food Lover’s, het Woensdag in ʼn verklaring die winkelgroep se plan aangekondig dat dié winkel sou heropen sodra dit ʼn inspeksie saam met die departement van omgewingsake en gesondheidsdienste geslaag het.

“Ons spanne het onverpoos gewerk om te verseker dat opknappingswerk so spoedig moontlik afgehandel is en ons is opgewonde om aan te kondig dat ons inspeksie met die departement van omgewingsake en gesondheidsdienste vir die stad van Johannesburg geslaag het.”

Dié winkel se deure is die afgelope twee weke gesluit nadat die departement gesê het hulle moet eers tevrede wees met die winkel en dat dit voldoen aan die vereiste standaarde voordat sake kan voortgaan.

“Ons sou aanvanklik ʼn diepreinigingsproses laat doen, maar in samewerking met ons franchisehouer, het ons eerder besluit op ʼn geskeduleerde opknapping van die winkel. Nié net sal dit die gesondheid- en veiligheidskwessies aanraak nie, maar ook die klant se ervaring aansienlik verbeter. Dit sal die winkel gelykstaande aan die beste winkels in ons groep maak,” het Harkett gesê.

Volgens Harkett val die heropening van dié winkel saam met hul jaarlikse Summer Carnival wat klante sal toelaat om fantastiese aanbiedinge te geniet.

Die tydelike sluiting van die winkel volg nadat ʼn klant ʼn video in die sosiale media gedeel het waarin gesien kan word hoe ʼn rot weglê aan ʼn slaai in een van sy winkels. In die 11 sekonde lange video knaag die rot deur die kleefplastiek oor die slaai en begin dan aan die slaai vreet, tot ʼn werknemer hom verjaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hoe nou? ·

Loer na julle feite oor Jean Harkett. Die Burger het berig gelewer dat die persoon “besturende vennoot en kommunikasiedirekteur van Storybook Communications” is.

Peer ·

@HoeNou, wat vertel jy my nou…dat n suksesvolle persoon nie nét by 1 plek is nie…

KL ·

Fieslike plek, Silverlakes sin is net so vuil, sal niks daar koop wat kamtig “vars” is nie.

Katerina ·

Dan moet hulle by FLM in Nelspruit gaan leer hoe dinge gedoen word. In daardie tak is alles altyd skoon en netjies en die vleis en groente vars en piekfyn.

Lizl ·

Mense in Middelburg kla net so oor die nuwe tak wat onlangs oopgemaak het. Blykbaar is die vleis nie altyd vars, brommers om die brood en so aan.
Was nog nooit in `n Food Lovers Market nie…

Wilko ·

Dept. Omgewingsake het geen jurisduksie m.b.t. voedselperseelstandaarde en -higiëne nie.

Dennis ·

As n gekwalifiseerde Gesondheidsinspekteur kan ek met oortuigingbse dat die gemiddelde persoon van sy kop af sal gaan as hy weet wat alles snags in ons winkels en restaurante gebeur. Muise, rotte, kakkerlakke en ander gesdiertes laat hulle nie maklik uithou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.