Food Lover’s steeds toe ná rot-video

’n Rot smul rustig aan die slaai in Food Lover’s Market, Diepkloof Square, Soweto, op ’n video wat intussen wyd en syd gedeel is. Foto: Skermgreep

Die Food Lover’s Market in Diepkloof, Soweto, waar ʼn rot afgeneem is waar dit aan ʼn slaai smul, sal toe bly tot die Stad Johannesburg se afdeling omgewingsgesondheid tevrede is dat dit aan die nodige higiëniese standaarde voldoen.

“Ná die inspeksie die afgelope week is die winkel Sondag gesluit en [het dit] Maandag gesluit [gebly] ná ons diepreinigingsproses en beroking,” sê rdl. Mpho Phalatse.

Gesondheidsinspekteurs van die stadsraad sê die winkel is gemonitor vandat dit in 2013 oopgemaak is. Inspeksies en monitering is veral toegespits op ʼn knaagdierprobleem.

“Ons inspekteurs het gesê hulle het opgemerk dat die winkel nie aan ʼn aantal voedselveiligheidsordonnansies voldoen nie,” sê Phalatse, “en voorgestel dat stappe gedoen word om dit reg te stel.”

Phalatse sê die probleme in die winkel het opnuut onder hul aandag gekom nadat die video van die rot in die slaai soos ʼn veldbrand in die sosiale media versprei het.

Sy sê haar afdeling sal nie huiwer om winkels toe te maak wat klante se gesondheid in gevaar stel nie. “Ons sal steeds vreesloos optree teenoor almal wat ons ordonnansies oortree tot dié oortredings iets van die verlede is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Zumie ·

Waaroor is die opgewondenheid… die rot lyk vir my gesond en gelukkig……

Chris du preez ·

Nou gaan daar seker weer betogers rondhardloop en die winkel aan die brandsteek omdat hy nie oop is nie

Peet Schabort ·

Dis maar ‘n moeilike werk dié van gesondheidsinspekteur. Dink net jy werk vir ‘n munisipaliteit wat sorg dat die riool oral uitborrel en jy moet hulle (jou werkgewer) aankla. Dit laat my dink aan Piet Wiele ‘n spietkop wat op ons plattelandse dorpie sy eie vrou ‘n kaartjie gegee het vir ‘n verkeersoortreding. Toé moes jy sien die verkeersorde !!

Elrou ·

Hy was honger, en daai vrugte slaai het darm net te aanloklik gelyk..Lyk nou nie vir my of hy enige iemand pla nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.