Fop-direkteure in hof oor SAID-bedrog

Foto verskaf deur die Valke

ʼn Pa en ʼn dogter, wat hulself as direkteure van ʼn fop-maatskappy voorgedoen het, het Woensdag saam met twee medebeskuldigdes in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog.

“Phillip Mutikobola Lukhele (64) en sy dogter, Valencia Thembelihle Lukhele (38) het na bewering in Maart 2018 onwettig geld van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) teruggeëis,” het kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, in ʼn verklaring gesê. “Hulle het vervalste belastingopgawes ingedien namens ʼn ongeregistreerde maatskappy, Mzithe Trading CC. Meer as R417 860 is deur die SAID in Mzithe Trading se rekening inbetaal. Die geld is daarna na die pa en dogter se persoonlike rekeninge oorgeplaas, asook twee ander begunstigdes, Sibusiso Simon Mlambo (37) en Caswell Thokozani Shongwe (40).”

Die beskuldigdes staan tereg op aanklag van bedrog, diefstal, oortreding van die Wet op Belastingadministrasie en geldwassery.

Die vier persone is elkeen op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 11 Augustus uitgestel vir ʼn spesiale SAID-staatsaanklaer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Keith ·

As far as i know, any transaction of R50 000 or more (correct me if i’m wrong) to or via an individual’s bank account, is automatically flagged and reported to SARS by all banks. So how they expected to get away with this is uncertain.

Clint ·

That would be the ideal world but unfortunately it is not reported by the financial institutions the same with new vehicles being bought cash and not reported. The arrests made is due to determined investigations of the SARS criminal investigator. Well done to the criminal investigator/s involved.

Frank John ·

Ek weet nie eens hoe om so iets aan te vang nie. Meskien te dom om skelm te wees maar nie onwys nie. Hoe dink mense sulke goed uit? Nee wat, as jy skelm is is jy skelm.

Cindy ·

ek verstaan ook nie hoe hulle dit doen nie – ek sukkel my dood om my ou paar duisend randjies by SARS terug te kry vir mediese onkostes wat ek betaal het , maar die gebroedsels kry honderde duisende rande sommer net so!

Andries ·

As Sars my geld skuld, word ek eers ge-oudit en my geld 6 maande later uitbetaal. Die persoon wat die goedgekeur en gemagtig het., moet ook ondersoek word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.