’n Vrou wat glo onwettig as mediese dokter in eMalahleni (Witbank) in Mpumalanga gepraktiseer het, het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn span bestaande uit beamptes van die Valke, die plaaslike polisie en amptenare van die Raad vir Gesondheidsprofessies in Suid-Afrika (HSPCA) het Dinsdag op ʼn perseel in die stad toegeslaan en Kano Mireille Mumina (38) in hegtenis geneem. Hul optrede volg ná aantygings dat sy sonder die nodige kwalifikasies as dokter gewerk het.
Sekgotodi sê toe Mumina tydens die optrede om haar praktykkaart gevra is, kon sy na bewering nie aan die versoek voldoen nie. Haar besonderhede ontbreek ook glo van die HSPCA se register.
Die polisie het haar terstond in hegtenis geneem en van die oortreding van artikel 17(1) van die Wet op Gesondheidsberoepe aangekla. Wetstoepassers het op ʼn stapel lêers beslag gelê wat hulle in hul voortgesette ondersoek kan help, sê Sekgotodi.
Die saak teen Mumina is uitgestel tot 12 Oktober hangende verdere ondersoek. Sy is op borgtog van R1 000 vrygelaat.
Wat sal daar nog wees !!!! Speel met mense lewens ?
Hulle kan haar mos nie onverwags, sonder ‘n afspraak arresteer nie! Wat as sy miskien ‘n hartoorplanting of ander operasie gehad het wat op haar gewag het in ‘n teater.
Ja?…. wat daarvan? en dan ken sy nie haar “werk” nie, doen die operasie en die persoon sterf? dan kry sy nog steeds haar geldjies van waar ook al af en dis net “sorry, he/she didn’t make it” Nee, beter dat sy nou uitgevang is, wat eintlik al reeds te laat is, operasie of nie.
Met mense se lewens gedobbel en R1000 borg. Sies skande
Wilma, borg is nie ‘n straf nie.
As jy jou verhoor bywoon tot op die einde, kry jy daardie geld terug, ongeag of jy skuldig bevind is of nie. Die bedrag word bepaal na aanleiding van unieke omstandighede. Daar kan geen geldwaarde op ‘n mens se lewe geplaas word nie.
“Terstond”: wat ‘n mooi woord!
Is ‘n Sangoma ook nie maar ‘n fopdokter nie? As ‘n Sangoma jou muti gee om die lotto nommers te “sien”, of muti gee om jou onsigbaar te maak, is dit nie ook maar foppery nie?
Voeg maar bedrog en poging tot moord ook by haar klagtes.
Hoe het hulle vasgestel dat sy onwettig praktiseer?
Haar “pasiënte” het nie gesond geword nie :)