Fopnuus of feite: Lewer Uber Eats gratis vir SA restaurante in swart besit af?

’n Skermgreep van ’n halwe nuusberig oor die afleweringsdiens Uber Eats word tans onder Suid-Afrikaners versprei. Die insinuasie dat Uber Eats ’n gratis diens lewer wat Suid-Afrikaanse restaurante in swart besit bevoordeel, is vals. Hierdie aanbod geld slegs in die VSA en Kanada.

Die voormalige Springbokrugbyspeler en TV-persoonlikheid Kobus Wiese het Maandag ’n skermgreep van die eerste twee paragrawe van ’n Britse aanlyn poniekoerantberig op Twitter gedeel en daarby geskryf: “Verskoon my onkundigheid Uber Eats, maar is julle gelukkig om geld te maak uit al die restaurante in wit, bruin en Indiër besit? Ek het nie geweet die covid virus [sic] is rassisties en kies wie dit affekteer nie! Is dit waar?” Sy twiet is meer as 740 keer op Twitter gedeel en het intussen ook op Facebook en WhatsApp die ronde begin doen.

Die twee paragrawe in die skermgreep lui dat Uber Eats aangekondig het hulle gaan afleweringsfooie vir restaurante met swart eienaars en bestuurders vir die res van die jaar skrap, en Uber se uitvoerende hoof word aangehaal waar hy sê “ons is toegewyd aan die swart gemeenskap” en “as ’n beginpunt sal ons Uber Eats gebruik om restaurante in swart besit te bevorder en dit makliker vir julle maak om hulle te ondersteun”.

Die derde paragraaf van die berig deur die Independent, wat afgesny is, maak dit duidelik dat dit gebruikers in die VSA en Kanada is wat ’n kennisgewing op die toepassing sal sien wat hulle aanmoedig om restaurante in swart besit te ondersteun.

Hierdie opsie is deel van die Black at Uber-inisiatief en dit kom ná landswye protes in die VSA oor die dood van George Floyd, ’n insident wat woede oor polisiegeweld teenoor swart Amerikaners opnuut laat opvlam het. Volgens Uber was daar versoeke van Amerikaanse gebruikers om swart besighede en gemeenskappe in hierdie tyd te ondersteun.

By navraag het Uber Eats aan Maroela Media gesê: “In samewerking met die Black at Uber-werkersgroep het ons dit makliker gemaak om restaurante met swart eienaars in die VSA te ondersteun. Ons sal aanhou om na maniere te kyk hoe ons die swart gemeenskap kan ondersteun en te veg vir rassegeregtigheid.”

’n Aantal Twitter-volgelinge het ná aanleiding van Wiese se twiet aangedui dat hulle die Uber Eats-toepassing sal verwyder.

Dinsdagaand het ’n Twitter-gebruiker Wiese daarop gewys dat die konteks van hierdie aanbod die protes in Amerika is en dat “net die volgende sin [van die berig] aandui op watter lande dit van toepassing is”.

Wiese het haar bedank en gesê hy is bewus daarvan, “maar my punt is eintlik ’n saak van beginsel in die algemeen”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Juls ·

Amerika of Suid-Afrika, punt bly staan die maatskappy UBER EATS is rassisties en ons sal hulle nie meer ondersteun nie.

Pampoen ·

Ek maak tans nie gebruik van Uber Eats nie en sal nou sekerlik nooit daarvan gebruik maak nie. Ek en baie ander ganse van my dam is gatvol om ingeploeg te word.

JohanR ·

Dit word nou rerig belaglik! Gee nie om of Uber Eats net ’n gratis diens lewer aan swart restaurante op die maan nie. Dit is die beginsel dat wit restaurante moet betaal, en swartes nie. Tyd dat swart besighede en wit, bruin en Indier mense ophou om gebruik te maak van die rassiste. Hou ook om gebruik te maak van ENIGEIETS wat Uber aanbied. Slaan hulle in die sak. Hulle sal gou leer! Ek is spier wit en verkies nou om nie my geld by rassiste te spandeer nie! Sal die waardeer as ander rasististe besigheide kan uitgewys word.

Gemaskerde Sopbeen ·

Kobus Wiese se argument aangaande die beginsel is reg.

Gawie ·

Uber Eats se diens is in elkgeval uiters swak. Het sover nog net probleme met hulle gehad.

Herpiet ·

Dan sal die swart wegneem besigheid seker jou ‘n afleweringsfooi hef as hulle hoor die klient is wit?

Termiet ·

Ons gaan moet wal gooi anders vat hulle die hele werld oor met die rasse kaart.

Nell ·

Dis alreeds aan die gebeur. Die Floyd debakel was die vuurhoutjie in die krytvat.

Die Wolf ·

Eenvoudig, Bestel glad nie wegneem etes by die wat voorgetrek word. Berei jou kos voor by die huis. Dit is in elk geval goedkoper. Doen n Spur en kyk wat gaan gebeur. Een bankrotskap na die ander. Dit is ook gesonder want jy kan nie meer die voorbereiding van die voedsel vertrou nie. Luigeid is n euwel.

Jr ·

Gee nie om nie. As dit in Amerika is gaan hulle dit hier toepas. Klaar gesê dat hulle sal maniere vind. Bye bye Louis Uber

Jr ·

Nee dit is nie fopnuus. Dis om jou intensies toe te smeer waneer jy uitgevang is. Try die gewone een – rassisme en dan NVZ ek het n bona fida fout gemaak. Dan kom jy het my nie verstaan nie en dan jy interpreteer dit verkeerd.

marius ·

Ek maak gelukkig my eie kos , en draai my kop betyds weg as die peper my laat nies .

JANINE ·

Kan hulle asseblief gratis aflewer vir elke Boer wat vermoor word ook?

Co ·

Ons het Vrydag nog van hulle gebruik gemaak, maar verseker die laaste sien van die blink kantien! Totsiens!

Cleopatra69 ·

Uber Eats se app nou delete. Almal gaan aan oor Floyd en ja dit was tragies maar alles gaan net daaroor om swartes te ondersteun. Wat van ons wat in die minderheid is. Niemand en niks wil ons help niie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.