Fopnuus oor krag laat metro rooi sien

Argieffoto.

Die Tshwane-metro het Donderdag gesê hy is “verstom en ontsteld” oor ʼn boodskap wat op sosiale media versprei word oor ʼn grootskaalse kragonderbrekings in die ooste van die stad.

“Die boodskap, wat meestal elektronies verprei word, waarsku die publiek oor onderbrekings in kragtoevoer en veroorsaak paniek,” het die metro in ʼn verklaring gesê.

Die boodskap, wat in Engels versprei word, lui:

Problem with Nyala caused by lightning last Friday. 132kV Nyala sub trip (on the Delmas Rd, Pta East).
Large parts of the Pretoria East to North is without supply due to trip from Nyala 132kv sub.
Areas affected so far :
Villieria past N1 past Equestria.
Wapadrand
Mooikloof
Faerie Glen
Lynnwood
Moreletapark
Silverton
Eersterust
Doornpoort
Mamelodi East and West
Montana

Die metro het inwoners in dié woonbuurte asook die publiek in die breë versoek om die boodskap te ignoreer en het die “kragonderbrekings” as bog afgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elsa vd Berg ·

Ons krag in Montanapark was wel af. Dis GEEN fopnuus nie !!!!!!

Gerrit ·

Waar kom die naam fobnuus vandaan ek sou dit sommer n … storie genoem het.

Eugene ·

Ironies genoeg sit ek vir amper 12 ure sonder krag in Doringkloof

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.