FOR SA gee nie bes oor verbod op kerkdienste

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Freedom of Religion South Africa (FOR SA) voel verplig om te appelleer nadat die Johannesburgse hooggeregshof sy aansoek rakende die algehele verbod op godsdienstige byeenkomste wat einde 2020 ingestel is, in Desember van die hand gewys het.

“Die uitspraak is te belangrik en te gevaarlik om nié te appelleer nie,” sê Michael Swain, uitvoerende hoof van FOR SA.

Die organisasie se aansoek om verlof tot appèl word Woensdag aangehoor. Die staat staan dié aansoek teen.

Swain sê die hooggeregshof se “weiering” om die regering se optrede noukeurig te ondersoek hou verreikende implikasies in vir die godsdienstige gemeenskap sowel as die res van Suid-Afrika.

“Die Wet op Rampbestuur sluit reeds die parlement se toesig oor die optrede van die uitvoerende gesag uit. Hierdie uitspraak beteken nou dat nie eers ons howe oor sulke optrede kan toesig hou nie. Dit plaas effektief onbeperkte mag in die hande van die regering om eensydige regulatoriese besluite te neem oor enige en elke aspek van mense se lewens.

“Die impak van die hof se beslissing gryp terug na die pre-grondwetlike era waar ontsaglike mag in die hande van enkeles gekonsentreer was. Dit skep ’n ongelooflik gevaarlike presedent vorentoe.”

Maroela Media het vroeër berig FOR SA bevraagteken die algehele verbod op godsdienstige byeenkomste wat vroeër van toepassing was en wil dit as “onwettig en ongrondwetlik” laat verklaar, aangesien dié organisasie meen dat dit enige tyd weer ingestel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marius ·

Hierdie is lankal nie meer ‘n christelike land of regering nie. Daar is geen norme en standaarde nie. Net geweld, misdaad, verkragting en moord. Ons is deel van die wêreld se agteruitgang en verval.

Johan ·

Jy is reg maar let daarop dat dit nie net op Christene van toepassing is nie dit was teen ALLE “GODSDIENSTIGE BYEENKOMSTE”, bitterlik gevaarlik as regerings wegkom met sulke optrede, gaan kyk maar na “rooi Rusland” se geskiedenis en godsdiens.

Nico ·

Die Here sê Ek soek My naam terug in die parlement in die grondwet moet duidelik staan , God die Vader, Jesus Christus, en die Heilige Gees. God is ‘n jaloerse God, Hy wil alleen regeer en nie saam met ander godde nie en afgodde nie Hy wil alleen God wees soos Hy dit gestel het in Eksodus 20. Stop die sondige wetgewing, as dit in die parement is moet die president sê, ons gaan stop met aborsies, stop met een geslag huwelike, ons gaan stop met dinge wat teen die Bybel is.

Plaaskind ·

Dan is daar nog mense wat die “entstof” prys, my persoonlike mening is dat die Kerk situasie en die verpligte inentings baie met mekaar te doen het. Die dier is los en verslind soos hy gaan.

Swerwer ·

Terrorisme op sy beste. Hierdie Regering sal alles in hul vermoeë doen om Christenskap te vernietig en Satanisme af te dwing.

Roedolf Johannes ·

Sodra ons terug keer na die Here toe sal dit beter gaan met ons almal.Maar ons Suid Afrikaners is vinnig om goed toe te pas soos ons dit wil hê.en ons self dan te veronskuldig deur te sê almal doen dit.Voorbeeld Hou dop hoe bestuur die mense

Benn ·

Dankie FOR SA. Mag ons God en Vader julle bystaan met hierdie reuse taak.

Charl ·

Dis hoe die kommunistiese bestel mos werk, julle behoort dit te weet.

Klip ·

For SA, thank you! Dear ANC, you are not even considered in the eyes of God, should you continue, with your wicked ways. Do not start something, which you will not be able to handle. Sies man! Do you really think that you are untouchable? Think again, a very unpleasant surprise will become your gift.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.