Ford-aanleg in Silverton gaan van krag tot krag

Ford se fabriek in Silverton, Pretoria. (Foto: Verskaf)

Ford se fabriek in Silverton, Pretoria vervaardig drie verskillende modelle vir 148 markte wêreldwyd. Dié modelle is die Ranger, Everest en Raptor. Maar dis nie só eenvoudig nie.

Onthou, ʼn Ranger het drie bakstyle: enkel, super en dubbelkajuit. Dán is daar linker- en regterhandstuur. Dit is ook nie die enigste verskille nie – elke mark se konfigurasie verskil. Ek het gister ʼn swart supercab Ranger Limited met ʼn linkerhandstuur gesien. Iets wat ons nie hier kry nie.

Wat ek probeer verduidelik, is hoe ingewikkeld die proses is. Elke harnas, wiel, enjin, naamplaatjie en onderdeel is op die perfekte tyd by die produksielyn.

As ʼn mens langs die produksielyn in die trollie ry, kan ʼn mens nie anders as om jou te vergaap aan hoe presies alles inmekaar pas nie. Toe begin ek dink … hoe berei Ford hom voor vir skommelinge in die mark?

Ford se fabriek in Silverton, Pretoria. (Foto: Verskaf)

As Ford skielik twee keer die aantal Rangers verkoop, moet hulle iewers vandaan kom. Wat gebeur as hul mededingers skielik ʼn reuse-aanbod in die mark gooi en hul verkope neem af? Toe begin dit insink van hoe ʼn groot onderneming dit is om voertuie te bou. Enige plek in die wêreld. Dán neem ek nie eens ons wispelturige mannekrag in ag, nog minder die vakbonde nie.

Nietemin, Ford se nuwe Ranger skiet die ligte uit oor die hele wêreld, en met die nuwe Raptor kan Ford eenvoudig net nie byhou nie. Die oplossing is eenvoudig. Wel, eintlik verskriklik ingewikkeld, maar die feit bly staan dat Ford ʼn derde skof moes inbring in Silverton.

Dis nou nie net so eenvoudig soos bou ʼn ekstra 214 karre ʼn dag nie. Daar moet 1 200 mense aangestel word. Hulle moet opgelei word. Wanneer gebeur daai opleiding? Wie doen dit?

Ockert Berry, Ford se adjunkpresident: Bedrywighede, sê hulle het reeds verlede Maandagaand die derde skof afgeskop.

Ford se fabriek in Silverton, Pretoria. (Foto: Verskaf)

Hy’t gedink die eerste skof sou in die omgewing van 50 tot 60 karre kon oplewer. Die manne het hul staal gewys met ʼn indrukwekkende 120! Ford glo dat die derde skof teen kapasiteit sal loop teen Augustus. Die verhoogde kapasiteit by die aanleg is nie die enigste probleem of oplossing nie. Daai karre wat vervaardig word, moet uitgevoer word.

Durbanhawe hardloop op grond van kapasiteit en die opeenhoping daar kan nie eenvoudig opgelos word nie. Ford het dus besluit om ʼn multi-port-strategie te gebruik. Hulle sal nou 1 000 karre per maand deur Port Elizabeth uitvoer. Neale Hill, besturende direkteur van Ford Motor Company South Africa, sê die operasies by Port Elizabeth se hawe is fantasties en hulle sien ʼn puik toekoms vir Ford daar.

Ford se fabriek in Silverton, Pretoria. (Foto: Verskaf)

Ford se beleggings van R11 miljard oor die afgelope dekade baat nie net vir Ford nie. Ook nie net die 1 200 personeellede nie. In die hele toevoerketting is daar 10 000 poste en in die hele waardeketting 60 000 poste geskep. Dis fantasties vir ons ekonomie.

Ford se Struandale-enjinaanleg in Port Elizabeth is ook nou volstoom aan die gang en bou 250 000 enjins per jaar vir plaaslike gebruik en uitvoermarkte.

In ʼn mark waar politieke onsekerheid en wispelturige wisselkoerse amok maak met handel in Suid-Afrika, is dit gerusstellend dat dit só goed gaan by Ford.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

George ·

Een ding om getalle te kry en die produk bly maaaaaaaar ja sal niks verder se nie arme ford as julle wakker skrik is julle koffie koud . Kry kwaliteit reg

Lolla ·

Dis nie net Ford wat so werk nie, gaan na die Isuzu, Toyota, Nissan aanleg en presies dieselfde word daar gedoen!

Johann M van Heerden ·

Dit is goeie nuus vir ‘n slag. Net jammer ons word deur politici in die voet geskiet.

Jepetto ·

George ek sien Ford gaan nog aanstellings doen Eks seker hulle sal jou kundigheid waardeur doen aansoek ek sal vir jou a toutjie trek daar ek ken iemand

Chris Ws ·

Skerp Jepetto SKERP se ek!Ford vaar goed met verkope as mens kyk waar hulle was 10 jaar gelede.Isuzu stel my egter baie teleur.Hulle het Toyota kwaai opdraende gegee met verkope ‘n paar jaar gelede nog maar iets het skeef geloop.Seker General Motors (CHEV) se gebrek aan belangstelling (die dat hulle sommer oornag so skelmpies uit die land uit gesluip het.Mog hulle NOOIT weer terug kom nie!).Hoop die nuwe Isuzus kan weer belangstelling by kopers opwek.My 18 jaar oue Izsuzu 2.5 D/C het nou al 360,000km gedoen en ek ruil hom VIR NIKS.Instandhouding is spot goedkoop teen vandag se bakkies en ek meen ALLE fabrikate.
Gee hom GAS Ford!!Jul Rangers is pragtig.

Alida ·

Wonderlik Ford SA het dit nodig veral die werkskepping
Dankie!

Ig ·

Ek het gister die Toyota fabriek besoek en met skok n FORD teken gesien, die produksie bestuurder het my gerus gestel dat dit staan vir FromOur Reject Department. FORD.

Chris Ws ·

So van Toyota gepraat.Watter V8 enjins gebruik hulle in hul Veldren Hiluxe’e??Kom ek gee jou EEN raai kans. F O R D . En Nissan ook terloops.Gaan doen maar gerus navraag.

DV ·

As jy iets moet slegmaak om jou produk te probeeer bemark is jy maar uiters swak benarker. Goeie werk Ford. As mens tone begin trap maar katte benoude spronge. Jul het ń puik produk.

Phil ·

Chris Ws, ek kan nie glo daar is mense soos jy wat daai nonsens glo nie. Jy glo seker ook nog in die tandemuis en kersvader…????????

Bekommerd ·

Dis so lekker om sulke goeie nuus te lees van n onderneming in SA waar dit voorspoedig gaan en nie soos sabc os eskom waar hulle milarde van ons vra om kop bo water te hou nie. Ek wonder hoekom?????

Leon ·

En hulle kry 45% op die kleinhandel prys terug van die belasting vir elke voertuig wat hulle uitvoer. Nie sleg nie.

Chris Ws ·

En moenie vergeet dat die regering 45% van die kleinhandel prys van elke nuwe voertuig wat hier verkoop word in belasting terug kry nie Leon.Die regering smile breed!

Adri ·

Baie mooi Ford maar ek hoop julle verkoop baie linkerhandbakkies want julle regterhandbakkies is maar swak verkopers aan boere op plase met slegte paaie. Sterkte met jul pogings om Toyota verby te steek. Ek hoop julle doen beter in die toekoms want ek hou nie daarvan as ek net Toyotas op ons paaie sien nie. Mooi loop.

Adri ·

ChrisWc…jy glo ook seker dat die nuwe Toyota 2.8 diesel ook maar net ‘n ou Isuzu engin is.

Adri ·

Wat wel waar is is dat ‘ hele paar jaar gelede het Mercedes gebruikgemaak van Toyota silinderkoppe. Baie vervaardigers gebruik mekaar se onderdele. Wat ook waar is is dat die Franse virTouota geleer het om dieselengins te bou. Toyota is uiters slim… Mercedes sal al sy grootkoppe en ontwerpers om ‘n tafel laat sit en besluit op ‘n verandering. Daarna bou hulle die verandering in hul voertuig en bou ‘n paar voertuie en stuur hulle die wêreld in en ‘n jaar en baie geld later sal hulle besluit om met produksie te begin. Toyota egter hou dieselfde vergadering en besluit om die verandering onmiddelik te implimenteer en die kopers hul produk te laat toets. Hoekom dink ons het die Prado nog nie die nuwe reeks engins nie, ons is nog besig om as proefkonyne op te tree.

Ranger ·

Hoeveel gearbokse bou hulle…….. kan seker nie voorbly nie.

Andre C ·

Die formule om verkoopsyfers te meet moet eintlik eenhede per handelaar wees.Ek dink veral aan die buiteperd ISUZU wat min handelaars het.Die meerderheid is ook nie altyd reg nie , hulle stem ANC.

Vraagteken ·

So my vraag is die volgende. Waarom betaal ons amper R100K meer vir iets wat in ons eie land vervaardig word:
Australië:
4×4 XLT Double Cab Pick-up 3.2L Manual MY19 is AU$52 990 (R521 000 met vandag se wisselkoers – afgerond).

SA:
3.2 TDCI DOUBLE CAB XLT 6MT 4X4 HR begin by R616 900.

Dalk is ek net onnosel.

Ryno ·

Want motorvervaardigers weet Suid-Afrikaners beskou motors as n statussimbool. Nie almal nie, maar genoeg om hoër pryse te vra en nog steeds genoeg eenhede te verkoop.

Adri ·

As mens jonk is, is dit lekker om oor bakkies en rygoed te stry. As jy oud is dan tel jy die bakkie make op die pad en dan gaan jy Lesotho toe en daarna Namibie en Botswana en jy kom dan agter dat jy nie ‘n keuse het nie want oral sien jy net Toyotas. Kom dan terug en koop die bakkie wat vervuil is in Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.