Ford herroep nóg twee modelle

ford1

Foto: AP Photo/Alan Diaz.

Die motorreus Ford SA het hierdie week besluit om die intreevlak Figo- en Ikon-modelle ook vrywilliglik te herroep.

Die eienaars van sowat 15 600 petrolenjin Figo- en Ikon-motors word deur dié jongste herroepingsaksie in Suid-Afrika geraak. Ford Figo’s wat tussen 13 Januarie 2009 en 24 Maart 2012, en Ikons wat tussen 9 Augustus 2004 en 24 Maart 2012, in Indië vervaardig is, moet na die naaste handelaar geneem word sodat ʼn hoëdrukpyp in die kragstuurstelsel, wat maklik kan bars, vervang kan word.

Volgens Minesh Bhagaloo, ʼn woordvoerder van Ford SA, kan die lekkasie op die pyp dampe in die enjinruim veroorsaak en die kragstuurvloeistof wat uit die gebarste pyp lek, kan ook in kontak met die uitlaatstelsel se komponente kom, wat ook rook kan veroorsaak en “in uiterse gevalle” selfs tot ʼn brand in die voertuie kan lei.

Bhagaloo het gesê die motormaatskappy probeer om aktief op te tree en bly daartoe verbind om sy klante van wêreldklas diens te verskaf.

TimesLive het berig dat daar reeds 16 van dié soort motors wêreldwyd vlam gevat het, maar dat Ford SA nie bewus is van soortgelyke brande in die modelle wat plaaslik besit word nie.

Ford SA kon ook nie bevestig dat die Figo-motor wat in Januarie vanjaar buite die Mediclinic-hospitaal in Nelspruit vlamgevat het, as gevolg van ʼn gebarste hoëdrukpyp was nie.

Luidens ʼn e-pos-boodskap wat aan die eienaars van die modelle gestuur is, sal daar geen koste van hulle verhaal word vir die vervanging van die pyp nie. Eienaars is ook ingelig dat, hoewel die vervanging van die pyp nie langer as ʼn dag behoort te neem nie, Ford op handelaars staatmaak om ʼn gunsmotor aan klante te verskaf, maar dit kan nie verseker word nie.

Die herroeping volg op die besluit van Ford in Januarie om 4 556 Ford Kuga 1,6-liter EcoBoost-sportnutsvoertuie te herroep. Die maatskappy is ook tot dusver skerp gekritiseer vir die manier waarop hy die hele voorval hanteer het.

Die tweede fase van die Kuga-herroeping sal volgende maand afskop waartydens ʼn sensor in dié motors geïnstalleer sal word om die bestuurder te waarsku as die verkoelingsvloeistof se vlakke daal. Dit sal na verwagting nog meer druk plaas op die vraag na gunsmotors by Ford-handelaars.

Die motormaatskappy het in Maart ook besluit om die Ford Fiesta ST met die 1.6-liter GTDi-enjin vir veiligheidsredes te herroep. Volgens die maatskappy veroorsaak ʼn probleem met die verkoelingstelsel dat die enjin oorverhit wat die silinderkop laat kraak. Die gekraakte silinderkop kan tot ʼn olielek lei wat op die warm enjinoppervlak kan vlam vat. Dit is dieselfde probleem wat vermoedelik die brand in die Kuga-voertuie veroorsaak het. Volgens Ford SA is ongeveer 1 078 modelle hierdeur geraak.

  • Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Thea ·

Dis n skande dat Ford se kwaliteit so drasties geswak het wie doen die standaard goedkeurings??? Nou moet ons wat huidiglik n Ford bestuur maar net die knock vat want wie gaan nou my Ford by my wil koop????

jan van riebeeck ·

ek sal maklik n ford figo koop , lekker kar , lig op brandstof , ons weet mos nou wat die fout is so maak dit reg en gaan net aan , glad nie die einde van die wereld nie , en nou is hulle goedkoper ook wat beteken meer mense gaan hulle koop en daar sal meer “pirate parte” wees wat ook goedkoper sal wees , eintlik n goeie ding

Ida ·

Maak nie saak wat nie, ek sal nog steeds ‘n Ford met ‘n smile koop. Ek het nog altyd net my Fords geniet en ek verruil my Fiesta vir geen ander kar nie en my Fiesta is in Duitsland vervaardig. Die Ford Figo is ook ‘n oulike motor wat baie lig op brandstof is. Sekere fabrieke maak foute en dit kos Ford sy naam en geld. Ag man self Mercedes, BMW, Volkswagen, Toyota en noem maar op het al hoeveel van hul modelle herroep. Mense moet nie vas kyk teen wat nou met Ford gebeur nie.

Jo ·

Daar is ten minste ‘n groot voordeel….Jou Ford is nie bo -aan die lys van gesteelde voertuie nie

Skandelik ·

Daar val my ford se waarde nog meer!! Kan dit nou op die sypaadjie lis nie eers n skelm is so onnosel om dit te vat nie!!

CAV ·

Die brandstof binne in ons Fordtjies is nou meer werd as die voertuig self

Spitbraai ·

My vriende nooi my nou ek moet die ford bring hulle bring vleis en drinkgoed!!

Henry Ford ·

Ou Henry Ford spin seker teen die tyd al in sy graf oor al die herroepings van ford!!!

Johan ·

Ford se ingenieurs moet ‘n kursus by Landrover gaan loop…hulle bou al vir meer as 50 jaar karre wat olie orals uitlek sonder om vlam te vat….?

Adam ·

Skitterend Johan!! Ek hoor Landrover gee jou nou ‘n gratis hond as jy ‘n Discovery koop sodat jy nie so alleen voel as jy huis toe loop nie.

jan van riebeeck ·

wat nie vir my sin maak nie , is ford se verklaring oor hoekom die motor vlamvat , ek ry al my hele lewe net fords en my pa voor my , hulle lek altyd olie dis nou maar n ford , maar geen van ons sin het nog ooit aan die brand geslaan nie , en ek meen hulle lek olie ? so die storie klink vir my nie reg nie

koos1 ·

Jan, die waarvan jy praat is die opwen modelle, wen dit op en dit lek vir 10 min olie.
Nee meer ernstig nou. Olie wat onder by ‘n enjin uitlek het baie min gevaar om te brand want daar is nie ‘n hitte bron nie, maar olie wat bo by ‘n enjin uitlek kan oor die “exhaust manifolds” lek, wat ‘n goeie htte bron is en dit kan laat brand.

Rupert Ashford ·

Jan verstaan ek jou reg? Jy se jou pa en oupa het ook Fords gery? Ek dog dan jy het met drie bootjies; die Reiger, die Teiger en die Titanic hier aangekom?;-)

jan van riebeeck ·

Koos , jy verstaan nie , daar is meer olie op die enjin as binne die enjin en ek meen orals

Eish ·

F – foute
O – Oral
R – Reparasies
D – Daagliks

Née wat, Jul moet maar Mnr. Bungalow vra na die tergende potensieel plofbare Ford probleempies.

snoefie ·

moenie n drama queen wees nie thea. my ford was al herroep, nog lank voordat die kuga fiasco aan die lig gekom hey. daarom weet ek Ford spreek die probleme aan en my Ford is nog met my.

koos1 ·

Met moderne enjins probeer vervaardigers die volgende resep: Maks. krag, Min. gewig en beste brandstof verbruik. By Ford is hulle probleme nie die enjins nie (die eco sport 999cc is al vir jare die enjin van die jaar in die onder 1000cc klas!) maar die goed wat aan die enjins geskroef word, en nie deur Ford vervaardig word nie, maar wel deur ander maatskappye. Ek dink Ford moet met erns gaan kyk na wie hulle produkte maak en of dit aan hulle spesifikasies voldoen.

Rupert Ashford ·

Koos verdere probleem is hierdie klein enjintjies wat met turbos aangejaag word. Daai klein enjintjies is die hele tyd onder erge druk. Die Amerkaners het ‘n gesegde “there is no replacement for displacement ” en ek wonder of hulle nie ‘n punt beet het nie.

Blommie ·

Dan moet ons maar terug na die ossewa of dalks donkie/perde waentjies. Daar is te veel make en karre wat gemaak word. Sal sommer die sterfte syfer op ons paaie verminder haha

Dries ·

Al gesien as jy terpentyn onder die donkie se stert smeer ( as aanjaer / turbo boost ) hoe vat hy vlam

ant ·

Hulle sal nog lank soek en nog lank modelle terugroep voordat hulle sal onttrek. My pa het in die 1960s een gery, die waterpomp laat regmaak, en toe gery tot die enjin gekraak het. Ek het in die 1990s een gehad waarvan ek ook 3 keer waterpompe moes vervang, en het die top gekraak. ‘n Vriendin het tot onlangs nog ‘n Figo gery wat seker 6 of 7 keer nuwe waterpompe moes kry, by verskeie werkswinkels en selfs nadat die grootbase betrokke geraak het, sonder sukses. Dis net logies om te dink êrens is ‘n ontwerpfout waar drade en pype te naby die reeds warm enjintjies gebring word. Herroep is net toesmeer…

Kabous ·

Die antwoord is voor-die-hand-liggend, maar kom ek spel dit nietemin uit: T-O-Y-O-T-A!

Aletta ·

Daar stem ek saam. Ons fugo brand geslaan n maand trug terwyl ons in kar was. Gelukkig betyds yt geklim. Ook n oli lek gewees. Ry nou eerder TOYOTA

jan van riebeeck ·

Kabous jy spel dit verkeer dit is O-V-E-R-P-R-I-C-E-D en my pa het toevallig onlangs oorgegaan toyota toe , eerste ding wat pla ? die body is so dun as jy hard na hom kyk kry hy n duik in en tweedens kos hartoorplantings minder as n toyota se dienste

Kabous ·

Nee wat ou Jan, as jy ‘n Toyota Kaap toe geneem het in plaas van die Drommedaris was jy in 1651 al hier. Het jy egter ‘n Ford geneem, was jy ‘n fakkel net duskant Gibraltar.

Theron ·

Pasop net vir die Toyota se airbag recall… net so gevaarlik indien nie erger nie

Toyota ·

Toyota is vir eens en altyd net die beste waarde vir geld. Hulle hardloop sommer maklik oor 500 000 km. En betroubaar. En die dienste is heel billik teenoor ander. Alles loop reg altyd reg!!

Ai tog! ·

Daar word op ‘n daaglikse basis duisende voertuie van ALLE brands herroep. Die ander is net nie so in die nuus op hierdie stadium soos Ford nie. Julle monde sal oop hang as julle dit sien.

Plaaajapie ·

Glo my daar is nie iets vout met hul “Ford Trekkers” nie! Jammer hul vervaardig dit nie meer! #kanniedoodtrekkers

Moeks ·

Ek ry ‘n IKON en is baie gelukkig met hom. Sal enige tyd weer een koop.

Andre ·

Lol ek nou lekker gelag vir die kommentare hierbo, lekker om sommer net die ligte kant of humor ook bietjie te sien. Hou moed SA!

Cecilia Scheepers ·

My Ford Figo 2013 model het op skrale 8 duisend net 3 weke na service di enjin geseize….Hulle het glo enjin vervang ma dis nu slegte kar wat net vani een fout na di ander. Ek sit nog opgeskeep met dit.

Cecilia Scheepers ·

My Ford Figo 2013 model het op skrale 8 duisend net 3 weke na service di enjin geseize….Hulle het glo enjin vervang ma dis nu slegte kar wat net vani een fout na di ander. Ek sit nog opgeskeep met dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.