Ford Kuga nou herroep

'n Foto van een van die Ford Kuga-voertuie wat aan die brand geslaan het. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

‘n Foto van een van die Ford Kuga-voertuie wat aan die brand geslaan het. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Die motorreus Ford het Maandagmiddag amptelik die Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost om veiligheidsredes herroep.

Eienaars van alle Kugas, wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is, moet die motors teruggeneem na die handelaar, waar die onderdele, wat die enjinoorverhitting veroorsaak, vervang sal word.

Volgens Ford SA is 4 536 van dié motors tans op Suid-Afrikaanse paaie volgens beskikbare syfers. Die Ford Kuga 1.5- en 2-liter word egter nie herroep nie.

Ford SA, in samewerking met die Nasionale Verbruikerskommissie, het die herroeping by ʼn mediakonferensie in Pretoria bekend gemaak na ʼn vergadering Vrydag, waar hulle saam besluit het om die Kuga te herroep nadat die soveelste brandende Kuga aangemeld is.

Jeff Nemeth, die uitvoerende hoof van Ford SA, het gesê die maatskappy kan bevestig dat 39 Ford Kuga-brande sover by hulle aangemeld is. Hy het erken sekere gevalle is dalk nog nie by Ford aangemeld nie.

Nemeth het egter ontken enigiemand is sover beseer in enige brande wat in die Kuga-enjins ontstaan het. Hy het weereens sy simpatie teenoor die familie van Reshall Jimmy betuig, wat in Desember 2015 in sy Ford Kuga in die Wildernis, in die Wes-Kaap, doodgebrand het. Nemeth het benadruk dat die Jimmy-voorval uniek was en nie verwant aan die enjinoorverhitting nie. Die Jimmy-familie het die konferensie bygewoon.

Ford SA het reeds 15 enjins en ʼn motor na Europa en die VSA verskeep vir ʼn ondersoek in ʼn poging om te bepaal wat die brande in die enjin veroorsaak. Die motors, wat in Spanje vervaardig word, het nie dieselfde probleme in Europa getoon nie.

Een van die brandende Ford Kuga-voertuie. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Een van die brandende Ford Kuga-voertuie. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Volgens Nemeth is hulle steeds besig om die brande te ondersoek, maar dit lyk asof die enjin oorverhit omdat die verkoelingstelsel nie reg werk nie. Die silinderkop kraak, wat veroorsaak dat olie lek wat dan vlam vat. Dit kom veral in ouer Kuga-modelle voor, wat etlike kilometers op hul odometers het.

Nemeth wou egter nie sê hoeveel die herroeping die motorreus uit die sak kan jaag nie. “Daar is niks belangriker as die veiligheid van ons klante nie. Ons gaan na ons handelaars en klante se klagtes luister, sodat ons verbruikers se vertroue in die handelsmerk kan herstel.

“Intussen is dit vir ons belangrik dat Kuga-eienaars mobiel bly. Indien ʼn motorhandelaar nie dadelik die nodige onderdele het wat vervang moet word nie, sal die motoreienaar ʼn tydelike motor kry. Die motoris sal nie die gebruiklike R1 500 vir die motor betaal nie, maar steeds self vir brandstof- en tolgelde moet betaal,” het Nemeth gesê

“Indien Ford nie vandag besluit het om die Kuga te herroep nie, sou die Verbruikerskommissie self die Kuga van die mark onttrek het,” het Ebrahim Mohamed, kommissaris van die Nasionale Verbruikerskommissie gesê.

“Geen produk wat ʼn gevaar vir Suid-Afrikaanse verbruikers inhou het ʼn plek op die Suid-Afrikaanse mark nie. Ons was verbaas dat geen Kuga-brande direk by ons aangemeld is nie. Ons het reageer op mediaberigte.

“Geen geld kan vergoed vir iemand se dood nie. Ons weet nie of Jimmy se dood deur die fout op die Ford Kuga veroorsaak is nie, maar dit is jammer dat iemand reeds sy lewe verloor het. Hierdie saak het reeds te lank gevat. Elke verbruiker het die reg op veilige produkte, veral ʼn motor wat nie net nodig is nie, maar ook ʼn belangrike besitting is. Ons doen ʼn beroep op verbruikers om probleme met produkte by ons aan te meld,” het Mohamed gesê.

Johan van Vuuren, ombudsman vir die motorbedryf, het net een saak van ʼn bekommerde Ford Kuga-eienaar in Desember 2016 na Ford SA verwys.

“Kuga-eienaars wat sien die enjin oorverhit, moet dadelik van die pad af trek sodra dit veilig is om dit te doen en die enjin afskakel. Moet asseblief nie die enjinkap oopmaak nie, dit is nie veilig nie en kan die brand vererger,” het Nemeth gesê. Ford SA het ʼn 24-uur padbystanddiens vir Kuga-eienaars beskikbaar gestel en ʼn noodnommer, 0861 150 250, wat eienaars in geval van ʼn brand kan bel.

Kaveen Jimmy het ná die mediakonferensie gesê hulle oorweeg steeds ʼn siviele eis teen Ford. “Ons voel dit is ʼn stap in die regte rigting, maar is steeds nie gelukkig met hoe die hele situasie hanteer is nie.”

Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Paul ·

En steeds word niks genoem van die Ford Escape (selfde kar, ander naam) wat al jare terug in die VSA herroep is oor dieselfde probleem.
Dit dui mos daarop dat Ford eintlik laaaankal van die probleem geweet het.

Coenie du Preez ·

Ford praat nonsens. Ek het 2015 Kuga 1.5 ecoboost. Gery van Lydenburg na Witrivier. Kar oorverhit. Ek vul die “antifreeze” op ry terug na Lydenburg. Daarna ry ons Pretoria toe en die kar oorverhit menigte kere. Terug in Lydenburg vat ek die voertuig in en wag meer as week sonder voertuig. So of my kar veilig is weet ek nie. Selfde as 1.6 modelle net boor en slag verskil. “Inlet manifold” probleem was aan my verduidelik. Ek love Ford, maar is my gesin veilig in die voertuig? Ek glo nie. Dink Ford moet alle Kuga einaars opsie gee om voertuig te verander…. Wat word van my voertuig as ek wil inruil. Handelaars gee bykans GEEN inruilwaarde nie

popeye ·

Dis uiters telleurstellend dat die “First on Rubbish Dump – motor maatskappy” eers in hierdie blik gedruk moes word om te erken daar is ‘n probleem….swak! , huigelaars! , patete! Ek het in my meer as halwe eeu een tweedehandseproduk van Ford besit en my hart het op ‘n kol met ‘n punt na julle Ranger Bakkie getrek. Nou, vergeet dit en moenie by my kom met ja dis net een model en al daai LKS nie! FORD het die moderne motor koper versaak op die laakbaarste manier moontlik. Vra maar die families wat geliefdes verloor het voordat jy mnr. Ranger 4×4 kommentaar plaas! Jy vertrou jou bank, versekeraar, en motor vervaardiger. Laat iemand ooit weer iets sleg sê oor, Tata, (ek ry nie ene nie!)

Johann ·

FORD reageer so ná hulle “gevra” word…in TOTALE ontkenning van enige verandwoordelikheid? Geld maak reg wat krom is.

Pieter ·

Tydens die mediakonferensie sou geen Ford – eienaar ‘n warm gevoel gekry het van Nemeth en spanlede. Die houding was die heeltyd dat elke eienaar se uitgebrande Kuga – saak individueel hanteer sal word.

Op die vraag hoe Ford die 47 eienaars van die uitgebrande karre tegemoet gaan kom, het hy die vraag telkemale onbeantwoord gelaat. Toe die vraag weer aan die einde opduik, het hy baie kortaf gesê dat elke eienaar dit met die versekeringsmaatskappy moet uitklaar! Gestel daar was op daardie stadium van die brand geen versekering op die kar…

So much for commitment towards customers! Thank you for nothing!

Kassie ·

Ford se antwoord is die plaaslike Kuga word in Spanje gebou daarom is die probleem nie soortgelyk aan die met Escape (VSA Kuga). Volgens die beskikbare inligting oor die 1.6l ecoboost kragbron word dit slegs in Wallis vervaardig of wat ek kon vind. Die 1.6 ecoboost was ook in die Ford Fusion gebruik en is vir presies dieselfde rede as die Ford Escape herroep, die 1.6l ecoboost Fusion was nooit plaaslik beskikbaar nie. Detail van die herroeping in die VSA klink baie soortgelyk aan die plaaslike probleme. Is die Ford Kuga regtig die probleem of dalk die 1.6l ecoboost engin? Laastens noem ek dat ek glad nie n kenner is nie en daarom sal ek graag wil hoor wat die kenners dink.

Paul ·

Wel dan bak hulle kluitjies, want die enjin, die deel wat die probleem gee, is dieselfde.

Tjaart ·

As jy hierna enige Ford koop, sal dit jou eie skuld wees…

Johann ·

Beste voorbeeld an enige student in Bemarking van hoe mens n gevestigde handelsmerk met 3 planke gelyk slaan vir n 6! BAD BAD BAD!

Chris Ws ·

En heeltyd swyg die AA soos die graf!Dis hulle wat ‘n ondersoek moes gedoen het lank voor die NVK .Wys jou net wat beteken die’ organisasie . . .
Ek’s net dankbaar ek besit nie ‘n Ford produk nie en sal ook nooit nie!

Piet Pompies ·

My pa was vir baie jare lid van die AA, met my grootword sluit ek ook by hulle aan, betaal getrou my lidmaatskap.
Die een dag kontak ek hulle telefonies om te hoor of ‘n spesifieke hoof roete in die Vrystaat weer oopgestel is na vloede.
Die dame antwoord toe dat sy nie weet omdat sy nie vanoggend daardie roete gery het op pad werk toe. Sy is heel ernstig, lidmaatskap is opgegee en die AA kan maar gaan doppies blaas want hulle vervul al lank al nie meer hulle rol.
Gaan kyk na hulle webtuiste, alles wat aangebied word kos jou geld en is in elk geval by baie ander instansies beskikbaar.

Chris Ws ·

Piet Pompies,nes jy daar se!My oorlede pa was lid en toe ek begin en my eerste kar koop sluit ek ook aan.Maar na ‘n paar jaar het ek my lidmaatskap laat verval want hulle was eenvoudig gestel,gevrek!Vandag nog meer!

Johann ·

Miskien kan iemande hier vir my antwoord op die volgende vrae:
1. Wat gebeur nou met die mense wat se karre vernietig is?
2. Van die versekering maatskappye weier om eise van karre wat gebrand het uitbetaal. Wat nou?
3. Gaan Ford die eienaars van die karre wat nie meer Kuga wil besit nie, darem ‘n goeie trade-in gee?

Die hele storie van Ford klink vir my baie dodgy.

Piet Pompies ·

Die volgende voertuie word in 2017 bekend gestel deur hul onderskeie vervaardigers.
Ford – Ford Fire 2.0l
Toyota – Toyota LDV 2.5 Roll over 4×4
Volkswagen – Volkswagen Smokey Family 1.2 Diesel
BMW – BMW No Indicators 2.0l LP gas
Mercedes – Mercedes Sandton 4.0l
Mazda – Mazda LDV 4×4 pavement parker 2.5 TDi
Tata – Tata Brainless 50cc Parrafin

Maggie Pringle ·

Piet Pompies,

Dankie vir jou nuwe 2017 lysie.
Sal onthou voor ek koop.

Marie ·

Ek bestuur ook ‘n Ford Kuga 2013 model ,ry lang afstande ,my Ford Kuga het skielik begin om water te gebruik ,moes twee keer per dag die water bottel op vul en dan het die waaier wat die enjin moet verkoel in baie hoë revolusies gehardloop , met nadere ondersoek het ons gevind die water bottel is vol krake aan die onderkant en die waterpyp is verhard en vol krake, ons het ‘n Ford agentskap genader wat ons meegedeel het dat dit nie ‘n fabrieks fout is nie en dat ons self die waterbottel en pyp moet vervang wat ons wel gedoen het , net om te noem dat die hittemeter in die kar nooit enige aanduiding gegge het dat die enjin besig is te oor vehit nie ,maar as die briek lig nie werk nie sal dit kort- kort vir jou wys dit werk nie , nou sal ek graag wil weet hoekom die elektronies stelsel wat aan die enjin gekoppel is om die verkoeling te hanteer nie ‘n waarskuwing uitstuur dat die waaier wat die enjin verkoel in hoe revolusoies hardloop nie, My Ford Kuga het skielik weer begin water om te gebruik en presies die selfde het gebeur die water bottel is weer vol krake .
Op die oomblik is my voertuig ook ingetrek deur die Ford handelaar ,maar hulle het nie enige voertuig om vir my te voorsien nie. Ek voel dat as ‘n voertuig ingetrek word dit nie meer padwaardig is nie en vervang moet word.

Aubrey Vermaak ·

Hallo Marie,
Die nuwe model motors se temperatuur meters word deur elektriese strome beheer. Ons noem dit “conductivity”.Solank daar water in stelsel is lees die temp meter die hitte. Maar as die water verdwyn dan kan die meters nie die ware temperatuur lees nie. Dis die rede dat mens nie weet wanneer jou kar verhit nie. Dis pleinweg stupid om die minste te se. My kollega se nuwe Ranger se enjin het feseize oor presies dieselfde probleem. Dis toe dat ons die probleem uitvind. Groete

Hendrik ·

Hulle is so afsydig oor motors wat uitbrand. Dink net hoe min sou ‘n fout wat minder erge gevolge het hulle geskeel het? Maak ‘n video van die persverklaring en kyk dit voor jy jou volgende motor koop. Dit spreek vanself.

Stil ·

Hendrik, jy is heeltemal reg. Het oneindige probleme met ‘n 2015 Wildtrak gehad. Ford het geen oplossing gebied nie en na ‘n jaar van BAIE baklei het ons opgegee en van die voertuig ontstale geraak. Dit was asof mens met ‘n baksteenmuur praat. Wonder of daar ander Wildtrak eienaars is wat ook probleme het. Ford sal my nie weer sien nie.

Chris Ws ·

Stil,Ek lag vir die Ford manne wat gereeld by my verby gevlieg kom met hul nuwe vinnige Rangers wyl ek aankruie in my 16 jaar oue 2,5D Isuzu D/C!Hulle Rangers gaan laaankal in ‘n skrootwerf le dan ry ek steeds my bekostigbare en getroue Isuzu!Neewat hulle kan hul vinnige Fords maar hou!

sharon ·

Dit het 39 brandende motors gevat voor hulle besluit het om die regte ding te doen. Nee wat… Hulle optrede het my klaar vertel wat om van hul integriteit te dink en te verwag.

Aitsa ·

Tenopsigte van dekking vir Kugas wat moontlik ook kan brand. Neem die voertuig in na jou handelaar. Kry bewys dat jy dit ingeneem het sodat hulle die voertuig kan deurgaan en foutiewe parte / elektriese drade te vervang. Dit sal aan jou versekeraar bewys dat jy met nodige sorg pro aktief opgetree het en jy behoort geen probleem te he as daar sulke skade ontstaan nie. Tussen hakkies, van die Kugas se harnas het al reg rondom bègin brand, dus dis nie ‘n bewysde feit dat hulle brand agv fout iewers id enjin nie.

Aubrey Vermaak ·

Ek ry n 2014 Ford Focus ST. Het nou net 80 000 km gedoen. Ek het hom laat service by BB Menyn in Desember. N dag later begin computer probleme en kar gaan in limp mode in. Na baie gesukkel kry ek toe raad dat Ford al jare n recall het op die karre. Draad splicing probleme. Die handelaar weet nie eers daarvan nie. Ek het dit self reggemaak. Probleem op n einde. Toe ek nou in januarie tuis kom na oorsese werk maak ek gou die enjinkap oop om alles na ta gaan. En wragtig daar sien ek dat hulle die water so opgetop het dat dit 8 mm hoer as max is. En nou is my bottel ook gekraak. En by verdere ondersoek vind ons dat die olie filter ook los is. Ek het maar self n nuwe bottel gekoop. Daai handelaar sien my nooit weer nie. Swakste wat ek nog ooit ervaar het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.