Kuga-saga: Reshall Jimmy is glo geskiet, sê Ford-baas

renisha-en-kaveen-jimmy

Renisha en Kaveen Jimmy tydens ‘n mediakonferensie vroeër vanjaar. Foto: eNCA/Youtube.com

Die familie van Reshall Jimmy (33), wat in Desember 2015 in sy Ford Kuga in Wildernis, Wes-Kaap, doodgebrand het, moes onlangs van die motorreus se hoof verneem daar is bewyse dat Reshall geskiet is.

In ʼn video-onderhoud met Antoinette Slabbert van Moneyweb, het Reshall se suster, Renisha, vertel hoe Ford SA se voormalige uitvoerende hoof, Jeff Nemeth, tydens die vergadering vir die familie ʼn Ford-voertuig van hul keuse aangebied het. Renisha het verder aangevoer Nemeth het aan haar en Reshall se bejaarde ma, Polly, gesê Ford SA beskik oor nuwe bewyse wat toon die oorsaak van Reshall se dood was ’n skietwond aan sy kop.

Maroela Media het berig die motormaatskappy het voet by stuk gehou dat niemand nog in die Ford Kuga se enjinbrande beseer of dood is nie. Die 4 556 Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost-sportnutsvoertuie is in Januarie vanjaar herroep ná druk van die Nasionale Verbruikerskommissie. Die maatskappy is verder skerp gekritiseer vir die manier waarop hulle die hele voorval hanteer het.

“Daar was aanvanklike bewerings van omstanders dat hulle skote gehoor het. Die eerste polisieman op die toneel het ʼn skedelfraktuur aan Reshall se kop gesien en aangeneem hy is geskiet. Dit was deel van die eerste verslae oor die voorval.

“Die nadoodse ondersoek kon egter geen skietwond aan Reshall vind nie en die fraktuur is veroorsaak deur die hoë temperatuur van die vuur waarin hy doodgebrand het. Ondersoeke het ook getoon die knalgeluide wat omstanders gehoor het, was die bande, lugsakke en ruite wat in die brand ontplof het.

“Ek het nie hierdie inligting met my ma en susters gedeel nie, want ek wou hulle die grafiese besonderhede van Reshall se dood spaar. Ek het dit wel met my vrou bespreek, want ek moes hierdie verskriklike inligting net met iemand deel. Ek kan egter bevestig ons het die nodige bewyse, videomateriaal en verslae wat sal bewys dat Reshall nie geskiet is nie,” het Kaveen, Reshall se broer, aan Maroela Media gesê.

Hy het bevestig die familie het Ford SA se aanbod van die hand gewys.

Renisha, die Jimmy’s se regsverteenwoordiger, Rob Montano, en die forensiese patoloog dr. David Klatsow hou môre saam met die Nasionale Persklub ʼn mediakonferensie in Pretoria waar hulle wil verduidelik hoekom hulle Ford se aanbod van die hand gewys het en wat hulle vorentoe beplan.

“Ek weet Ford SA het ʼn mandaat van hul hoofkantoor om die saak te skik, maar ek weet nie hoekom Nemeth sal aanhou om dié soort aantygings te maak nie. Hulle beskik duidelik oor die volledige nadoodse ondersoek – al wou ek nie gehad het hulle moet dit bekom nie – ek kan dit aflei uit die soort vrae wat Ford ons oor my broer se dood gevra het,” het Kaveen gesê.

Maroela Media het Ford SA gevra of hulle die vergadering kan bevestig, asook die aantygings en aanbod wat aan die Jimmy-familie gemaak is. Minesh Bhagaloo, ʼn woordvoerder vir die motormaatskappy, het egter gesê die saak is uiters sensitief. “Die unieke omstandighede rondom Reshall se dood en die moontlikheid van toekomstige regsgedinge laat ons nie in dié stadium toe om verder kommentaar op die saak te lewer nie,” het Bhagaloo gesê.

  • Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Eps ·

Ford weet hulle kan die regsproses bekostig en nie die familie nie. Dit is uiters gemeen van so groot maatskappy om hul finasiële mag te misbruik om mense in te doen. Ek hoop dat geregtigheid gaan seevier.

Eish ·

Dis weer Dawid en Goliat. Begin alte veel n Spur klankie kry. Stem eenvoudig met jul voete, Ranger of te not.

Bollie ·

En so gaan Ford se naam vir ‘n bol! En sal hulle nog steeds met simpel storietjies aanhou. Kort defnitief die Sput plank. Japanese voertuie is in elk geval duisend maal meer betroubaar om nie eers van algehele kwaliteit te praat nie. Gord de kant!

cor ·

Jy en jou geld is reg die dag as jy met n handelaar wil besigheid doen , maar sodra daar probleme voorkom is dit altyd jy as voertuig eienaar se skuld en leef die handelaar in ontkenning. Ek weet ek het Fords gery, en selfs toe ek n ander fabrikaat koop was die houding dieselfde. Net so ook by van die eetplekke as jy kla oor die diens of kos dan word jy n gratis ete beloof, nou kom Ford en wil alles onder die mat in vee met die belofte van n nuwe voertuig hoe laag en onsensetief kan n maatskappy daal. Erken net daar is swakhede in die produk en aanvaar aanspreeklikheid nou word die saga onnodig lank uitgerek.

Vetsak ·

Ek is aan Ford se kant. Wie sê die familie probeer nie ‘n “quick buck” uit die Ford maatskappy maak nie?? Snaakse dinge gebeur daarbuite.

Elize C ·

Vetsak, ek hoor wat jy sê, maar Ford gaan nie ‘n skedel-breuk as ‘n skietwond kan fabriseer as dit nie bestaan nie, en die familie gaan nie ‘n skedel-besering/breuk as gevolg van ‘n skietwond kan wil afmaak as hitte nie. Ek is nie ‘n kenner op die gebied van sulke tipe wonde nie, maar ek glo ‘n forensiese kenner sal duidelik die verskil tussen ‘n koeëlwond en ‘n breuk agv hitte kan onderskei.

Frik ·

Ja snaakse dinge. Fords brand en Ford weier om verantwoordelikheid te aanvaar. Iemand brand dood en Ford sal dit betwis. Koop liewer nie weer n ford nie

tanya ·

Vetsak, as dit die enigste kar was wat gebrand het kon mens dit verstaan het, maar die hoeveelste was hierdie nie!!!

Hein ·

Uhmmm, wat ek nie kan verstaan nie( ek ken nie die hele storie nie) ek het so vinnig n video op die internet gesien wat ek dink sy motor was, en dit het nie gelyk of die kar ‘ opgevrommel’ was a .g .v. n ongeluk nie? Die ander mense wat se Kugas gebrand het het almal betyds gestop enuitgeklim en dit oorleef( die vlamme behoort in elk geval eers erg te raak na jy stop, terwyl jy ry waai d wind d vlamme ‘dood’) hoekom het hy nie uitgeklim nie, was daar fout met die sentrale sluitstelsel( motor nie in ongeluk, deure behoort te kan oop), het sy voertuig ‘bulletproof’ ruite gehad, of waarom was hy in staat om die voertuig te verlaat nie toe die vlamme nog net begin het? As iemand my kan help met die inligting asb, want ford het falk sentrale sluitstelsel probleme ook en nie net enjin probleme nie

marius ·

Ek stem Elize C iets klink ook nie vir my reg wat het veroorsaak dat hy nie vinnig genoeg uit kar kon klim dit is wat ek wil weet al die brande ontstaan voor in enjin.Vra julle self die vraag as daar rook uit kar se enjin kap kom sal jy kan uitklim of gaan jy bly sit?En al is daar n krag probleem kan jy nogsteeds die deyr oopmaak van binne al is hy gesluit aan drywer kant toets dit.

Domvraag ·

En as die elektronika brand en deure en vensters wil nie oop nie. Wat dan?

Domantwoord ·

Die deure maak meganies oop van binne, nie elektronies nie.

Tanya ·

Ai Ford, julle is skuldig!!! Dis mos in elke geval nie die enigste kar wat gebrand het nie. Ek sou se daardie polisieman moet sy geld gaan terugvra want hy het nie behoorlik ondersoek ingestel nie. Swak!! Ek hoop hier kom ‘n groot, vet eis teen Ford!

Johann cb ·

Ek stem eerder met Ford se weergawe saam – dit is hoekom die ondersoek so lank duur! Alle moontlikhede word deeglik ondersoek. Dít gee aan Ford ‘n geloofwaardige naam! Lees gerus tussen die reëls vir die res van my opinie…

Cherise ·

So as jou deure en vensters nie wil oop nie hoekom slaan jy nie die venster uit nie. As jy regtig uit die kar wil kom sal jy defnitief n plan maak. Die kar het nie net 1 venster nie so as die brand voor begin slaan die agter venster uit en as die brand agter begin slaan die voor venster uit.

Gerhard ·

Enige kar se deure kan meganies oopmaak van binne al is dit gesluit en die elekrtoniese stelsels werk nie. Dit is so vir veiligheid.

cor ·

Slim ne maar plaas jouself in sy posissie en begin pannic dan kyk ons wat doen jy en al die ander kundiges hier op die blad. Ek wed nie almal van julle sal so vinnig reageer soos julle brein en monde nie. David Kltslow en Ford se ondersoekers sit met andwoorde wat hulle dink reg is . Al een wat weet is Jimmy en hy is nie meer daar nie. So slomfoon speurders los dit maar vir die reg om sy gang te gaan want niks sal vir Jimmy terug bring nie

Herman Steyn ·

Tipies Ford se manier van doen – n paar jaar gelede stel met Ford afgetrap – het maar later net my probleem verkoop – ek hoop die familie kan teen hulle opstaan.

Pietie ·

Te veel Kugas met die Ecoboost enjins het gebrand. Die probleem is met die enjin wat geheel met ‘n konvensionele enjin vervang moet word. Ek hoor dat niks eitlik die risiko uitkakel nie. Ek het jare terug heelwat Fords gery, maar sal beslis nie weer dit oorweeg nie, nie net oor die brandrisiko nie, maar die manier wat die maatskappy met sy kiënte werk.

Johann cb ·

Brande wat uitbreek in motors, is nie buitengewoon nie.
Begin van die jaar is meer as 1 miljoen Mercedes-Benz motors wêreldwyd onttrek omdat van die voertuie…uitgebrand het agv verkoeler probleme…Mercedes en hul eienaars het net nie paniekerig geword nie en die probleem word rustig opgelos!
Rustig (en sterk) wees manne en vroue wat kommentaar lewer!
Hou julle eie motors goed dop…vir water in die stelsel…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.