Ford Suid-Afrika het elke eienaar van ’n Ford Kuga wie se ryding tussen 2014 en 2017 weens ʼn probleem met die verkoelingstelsel aan die brand geslaan het en betaling as vergoeding verkies het, met R50 000 vergoed.
Die motorreus is in Maart deur die nasionale verbruikerskommissie (NVK) aangesê om die eienaars te vergoed wat die betaling van R50 000 verkies bo die opsie om die saak op hul eie koste verder te neem.
Altesaam 47 verbruikers het die opsie van betaling uitgeoefen en ’n totaal van R2 509 179 is uitbetaal. Drie verbruikers het egter die tweede opsie uitgeoefen. Hulle neem die saak nou verder met behulp van hul prokureurs.
“Nog drie verbruikers se eise is van die hand gewys omdat hulle nie kon bewys dat hul verlies binne die skikkingsooreenkoms val nie,” het Phetho Ntaba, woordvoerder van die NVK, Donderdag in ’n verklaring.
Altesaam 53 van 76 eise is nou reeds opgelos.
Maroela Media het vroeër berig die NVK het ʼn totaal van 160 klagtes van verbruikers ontvang wat beweer het hul regte is deur Ford geskend. ’n Ondersoek het bevestig dat 56 Kugas aan die brand geslaan het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
En myne wat nog nie gebrand het nie. Kry ek ook
Wat koop jy met R50 000? ‘n Vlekvrye staal kruiwa?
Jis R 50 000 vir ‘n kaar wat jou amper 7 keer meer gekos het? Nee dankie, ek sal dagvaar vir die volle bedrag.
Die mense wie se motors gebrand het het tog sekerlik versekering gehad, so die R50000 sien ek as ‘n bonus.
Sover ek weet is al die karre wat gebrand het/skade gely het vervang en uitbetaal. Hierdie R50 000 is net vir mahala en omdat hulle deur die hele “ongemak” moes gaan. Ek mag verkeerd wees, maar dis sover ek weet. Ek ry self n Kuga (darem nie die modelle wat probleme gee nie) en dis n fantastiese kar en ek was nog nie een dag spyt gewees nie.