Ford SA sê jammer

ford-kuga

‘n Ford Kuga. Foto: Ford Vehicles Burning Facebook-groep.

Die motorreus Ford het in ʼn mediaverklaring erken dat hy gefaal het om duidelik met die publiek te kommunikeer oor die probleme wat lei tot enjinbrande in die Ford Kuga 1.6-liter EcoBoost-sportnutsvoertuie en het om verskoning hiervoor gevra.

Jeff Nemeth, president en uitvoerende hoof van Ford SA, het ook in die mediaverklaring voet by stuk gehou dat niemand nog in die enjinbrande beseer of dood is nie. Hy sê ook dat geen verdere voorvalle van enjinbrande ná die herroeping aangemeld is nie.

Ford het 4 556 Kugas, wat tussen Desember 2012 en Februarie 2014 gebou is, op 16 Januarie herroep nadat talle van die voertuie se enjins vlam gevat het. Die Reshall-familie van Johannesburg het ook gedreig om ʼn klasaksie teen die maatskappy in te stel, nadat hulle broer Jimmy in Desember 2015 in sy Kuga in die Wildernis, Wes-Kaap, doodgebrand het.

Ford Suid-Afrika het verlede week met die Nasionale Verbruikerskommissie vergader om hulle vordering met die herroeping van die Kuga te bespreek.

Volgens die mediaverklaring is daar reeds 3 800 Kuga-eienaars persoonlik per e-pos of briewe genader om hulle in kennis van die herroeping van die modelmotor te stel. “Ons het ook ʼn versoek aan eNatis gerig sodat ons die uitstaande eienaars se besonderhede bekom. Ford het verder bykomende onderdele vir die Kuga ingevlieg om die tekort aan te pak wat deur die herroeping ontstaan het en al die nodige onderdele behoort teen Februarie by Ford-handelaars beskikbaar te wees.”

Nemeth het gesê Ford het reeds 4 080 huurmotors aan Kuga-eienaars beskikbaar gestel sodat hulle mobiel kan bly terwyl daar aan hulle motors gewerk word.

“Ek wil dit net weereens beklemtoon, sodra die herroeping voltooi is en eienaars die nodige onderhoud aan die voertuie laat doen, sal hierdie model Kuga veilig wees om te ry,” het Nemeth gesê.

Een van die brandende Ford Kuga-voertuie. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Een van die brandende Ford Kuga-voertuie. Foto: Facebook via Zwakele Ngqondo-Ngqondo Mncwango

Tog voel sommige verbruikers hierdie verskoning is mosterd ná die maal. Die Ford Vehicles Burning, ʼn groep op Facebook met sowat 133 363 lede wat gestig is deur bekommerde Kuga-eienaars, gons egter steeds van kommentaar oor slegte ervaringe met onbehulpsame handelaars. Die eienaars kla ook deurlopend op die groep oor die swak herverkoopwaarde van dié motor en beweer handelaars bied hulle belaglike inruilpakkette vir die Kuga.

Ford SA reken egter hulle doen alles in hulle vermoë om Kuga-eienaars se veiligheid te verseker.

“Veiligheid is die eerste maatreël wat ons in gedagte hou tydens die vervaardiging van ons motors, maar daar kan soms ʼn probleem ontstaan tydens die ontwerp- en vervaardigingsproses wat kwessies met die gehalte en prestasie van ʼn voertuig kan veroorsaak.

“Ons werk steeds saam met die Nasionale Verbruikerskommissie om te verseker dat die nodige gedoen word om die veiligheid van ons klante te verseker. Elke personeellid in ons maatskappy werk toegewyd daaraan om die bekommernisse van ons klante aan te raak en ons sal Kuga-eienaars op die hoogte hou van die vordering wat met die herroeping gemaak word,” het Nemeth gesê.

  • Lees al Maroela Media se vorige berigte oor die Ford Kuga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Lou ·

Ek het simpatie met alle Kuga eienaars. Maak nie saak wat Ford SA nou doen om die fiasko te probeer regmaak nie, die motors sal nou vir ewig ‘n slegte naam en stigma he. En dit het ‘n direkte invloed op toekomstige herverkoopwaarde……

Piet Pompies ·

Die rubikon is oorgesteek, Ford het Kuga eienaars in die steek gelaat en huidige eienaars sit met ‘n voertuig wat se waarde meer as normaal gedaal.
Hierdie waarde verlies is direk gekoppel aan die foutiewe onderdele en Ford het nog nie rekenskap aanvaar vir eienaars se verliese.

attie ·

intressant dat Ford net onder die 5000 eenhede verkoop het maar dat die FB groep amper 1.4 miljoen aanhangers het. Nou wonder ek hoeveel is besorgde lede en hoeveel is eintlik net daar om saam te praat en n MPY se naam te beswader

John ·

Attie jy slaan die spyker op die kop. Dit maak nie sin nie. Ford sal en bly een van die beste motor fabrikate en dit is nia asof hul die enigste maak is wat al voorheen voertuie moes herroep het nie. Die Kuga se probleme sal gesort word en dan is almal weer gelukkig.

Anton ·

…Attie jy is reg…party mense wil maar net op die “bandwagon” klim…hulle laat my aan betaalde roubeklaers dink…huil klip hard maar ken die persoon van geen kant…

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Attie

Die Facebook-groep het net 133 363 lede, ons het die fout nou in die berig reggestel.

Groete

Esté Meyer Jansen
namens Maroela Media.

LB ·

LB
Ek stem saam, daar is regtig ontsettende onstellende goed wat daar kwyt geraak word even mense wat hoop dat Ford werknemers hulle werk verloor ! Ongelooflik en bitter hartseer……

El ·

Ek is n Kuga eienaar. En ja ons was ongelukkig met aanvanklike hantering van FORD. Maar ons voertuig was in en is nagegaan. Ons het baie goeie diens by Ford in Lavender Pretoria gekry. Kuga ry nog net so lekker soos altyd en geniet my kar en ry sonder kommer.

Ou nuus ·

Dis ou nuus. Is maroela so agter ander nuus agente?
media24 het al twee dae terug hierdie berig geplaas. Dis ou nuus.

MS ·

Ditto El en dankie vir jou positiewe houding, Kuga bly ‘n wonderlike voertuig en ry-gerief is fantasties. Ek is bewus van ander handelaars wat ook baie moeite doen. Hierdie is seker nie die forum om te bespreek.

JB ·

My kinders was nou Margate toe met hulle Kuga en geen probleme ni. dit is en bly ‘n wonderlike voertuig – ry soos ‘n droom en baie gerieflik. Ferrari en Toyota het al albei terugroepe gehad en dit maak nie van hulle swak motors nie.

Ford bo ·

Gaan google dit. Maserati het 40 000 voertuie herroep omdat dit aan die brand mag slaan weens ‘n lekkasie en n kortsluiting in die voorste sitplekstelling. Maak dit Maserati ‘n slegte motor ? Nee.
So ook nie vir Ford met die Kuga nie.

Paul ·

Maar Maserati het nie gewag tot ‘n hele klomp al uitgebrand het voor hulle enigiets gedoen het nie.

Mense is nie soseer ontsteld oor die fout of die herroeping nie, maar oor die swak manier waarop Ford die situasie hanteer.

FouteOralReperasiesDaagliks ·

frot bo ford was nog nooit ‘n kar nie!

Jozua van Wyk ·

Dan wonder ek hoe groot die sosiale groep gaan wees vir die 600,000Audis wat in USA teruggeroep is nadat daar blyk in Asië brande op hulle was

wim ·

Ek wil ‘n Frot nie eers verniet he nie. My laaste Frot wat ek gery het was ‘n Frot Escort XR3 en sy enjin het ook aan die brand geslaan oor olie wat op die enjin gedrup het vanuit sy lug filter.

Koevoet ·

Jy is reg!!! Ford is nie ‘n kar nie!! Karre word deur donkies of perde getrek…..Ford is ‘n MOTOR KAR!
Leë pyp hou toe jou kraan anders sien ek jou dalk vir ‘n volle aan!!

Wonder ·

Natuurlik gaan die herverkoop waarde minder wees, mens weet mos daar is n moontlikheid dat die enjins te warm geloop het en moontlik skade kon optel…………………

Francis Linstro. ·

My dogter het verlede jaar n 2 l Kuga gekoop. Ek kry haar en ander Ford eienaars jammer. Die rygerief gaan nie opmaak vir die val in waarde nie. Al is dit n 2 l sal die slegte publisiteit vir n baie lang tyd oor hierdie motors se kop hang. Dit gaan ook oor hoe sleg Ford aanvanklik die probleem hanteer het.

Grappie ·

Onderwyser: “Jannie, nou waar is jou huiswerk van vandag”?
Jannie: “Meneer sal my nie glo nie, ons het vanoggend met die Kuga skool toe gery en . . . ”
Onderwyser: “Jy kan maar sit Jannie”.

Hein ·

Groep moet wees Ford Vehicles Burning nie Ford Vehicles Bruning

Janie Monsieur ·

Dagsê Hein,

Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Piet Pompies ·

Om ‘n Kuga te besit is soos om jou skoonma in die huis te hê, jy kan daarmee saamleef maar dit skend jou privaatheid…lol

t ·

As julle dalk so ‘n oulike 2de handse KUGA raakloop, my skoonma se karretjie raak nou klaar…

Willie ·

Ford sal nie verantwoordelikheid neem nie… nooit nie… dis swak van hulle.. Arme Kuga eienaars is nou n tweedehandse verkoopsman se droom…

Tonginniekies ·

Daar is ‘n dorpie in die Vrystaat vir die Ford manne:- BrandFord ;-)

FM ·

Ek dink die ouens wat nie van n FORD hou nie en wat enige ander fabrikaat besit, sal nou ook sonder rede die FORD sleg maak. Ek na FORD verander en jong, hierdie 2.2L bakkie van my ry soos n droom. Ek moes lankal oorgeskakel het na n FORD!!!!!FORD staan Flippen Ordentlike RyDing. Geen wonder die FORD bakkie is n topverkoper nie. Viva FORD!!!!!

Johannes van Staden ·

Wat nou …het pas vir my skoonma n 1.6 Kuga gekoop …..?

Renier Lubbe ·

Vraag is: Waarom het Ford SA aan die begin ontken dat daar fout is en selfs die eienaars beskuldig het dat daar aan die motors gepeuter is? Dit nadat die Kugas reeds in Amerika herroep was.

Eers en na onderhandelings met die Verbruikersraad het Ford SA ingestem om al die voertuie te ondersoek.

Stefan ·

Ek wil graag weet: Wat is die probleem met die Kuga? Wat word vervang / verander om dit reg te stel?

Baie woorde. Maar die oorsaak en oplossing ontwyk eienaars en die wat dalk later wil koop.

Fanus ·

Nee dis nie reg nie! Waarom moet ander motorriste die prys betaal vir Kuga’s. Ek voel vreeslik bang as n warm geryde Kuga langs my motor kom parkeer. Kan hulle nie spesiale parkeer zones vir Kugas maak wat ver weg van ander motors is nie met brandweer spanne wat gereed staan as hulle dalk brandslaan.

Wanda ·

As dit slegs Des 2012 tot Feb 2014 modelle raak, wat het Ford laat besluit om vanaf Mrt 2014 die betrokke foutiewe parte te laat vervang? Dan is Ford sedert 2014 bewus van die probleem anders sou die huidige modelle ook foutief gewees het as hulle “werklik” nie bewus was daarvan nie??? My ma ry ‘n Kuga 2.0 diesel. Dit gaan suiwer oor Ford se swak hantering van die saak. $$$$$$$

Pieter ·

Liewe Ford,

Ons is nie ongelukkig oor die fiet dat julle n fout gemaak het nie maar die feit dat julle nie wil erken as daar fout is nie. Diemanier hoe julle wegskram van n probleem en die hawe verskoning (Daar het iemand in een dood gebrand) is wat ons maar net meer en meer bewus maak van die krag van die mega onderneming. On maak wat ons wil en die verbruiker moet dit maar net aanvaar, en dan natuurlik daarvoo betaal.
Ek haal my hoed af vir Honda wat hulle probleem nie eers vir n oomblik probeer wegsteek het nie en verantwoordelikheid aanvaar het vir die moontlikheid dat hulle voertuig tot die verlies van n lewe kon lei. Weet rerig nie hoekom ons aanhou om julle te ondersteun nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.