Forensiese beampte vas wat glo bewyse terughou

vingerafdruk‘n Misdaadkenner van die polisie wat verskeie hoëprofielsake hanteer, gaan verhoor word nadat hy glo bewyse en verslae teruggehou het in ruil vir kontant, het die polisie Saterdag gesê.

“Konstabel Thabiso Kubyane se verhoor sal tussen 2 Maart en 4 Maart in die Alexandra-landdroshof plaasvind,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is vrygelaat op borgtog van R10 000.”

Volgens die Saturday Star word Kubyane verbind aan sake wat onder andere verband hou met die Tsjeggiese voortvlugtende Radovan Krejcir en die vermoorde kol. Patrick Karegeya van Rwanda.

Die koerant het berig Kubyane moes bewyse versamel nadat drie mense, wat glo kol. Nkosana “Killer” Ximba probeer vermoor het, en die forensiese ondersoekbeampte Paul O’Sullivan in hegtenis geneem is.

Die ondersoekspan het lank gewag voordat Kubyane se verslag ontvang is.

Bewerings het later aan die lig gekom dat Kubyane gesinslede van die verdagtes gekontak en aangebied het om hulle te help om die saak te laat verdwyn.

Die geld is deur Shoprite of Spar aan hom oorbetaal.

Die polisie het ondersoek ingestel en twee verslae in Kubyane se kantoor gevind. Een van die verslae het bevind dat vingerafdrukke op die toneel gevind is en ‘n tweede verslag het aangedui dat geen vingerafdrukke op die toneel gevind is nie.

Kubyane het ook glo bewyse teruggehou wat by die Michelangelo-hotel in Sandton versamel is waar kol. Patrich Karegeya vermoor is.

Tans staar hy slegs tereg op ‘n enkele aanklag van moord, aangesien die polisie besluit het om hom slegs te vervolg in die Krejcir-saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leon ·

Hoeveel korrupte polisiemanne en vroue is daar in die sapd dienie korruptes moet liewer die sapd verlaat om hul intergitiet te behou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.