Forensiese ondersoek oor Enock afgehandel

Enock Mpianzi (13).

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het die verslag oor die forensiese ondersoek ontvang ná die verdrinking van Enock Mpianzi tydens ʼn skoolkamp in Januarie.

Mpianzi (13), ʼn graad 8-leerling aan die Parktown Boys’ High School was op ʼn skoolkamp in Noordwes toe hy verdrink het. ʼn Onafhanklike regsfirma is aangestel om die ondersoek te hanteer.

“Ons sal die verslag bestudeer en die uitslag met die betrokke families, skoolgemeenskap en Gautengse kabinet deel,” het Lesufi in ʼn kort verklaring gesê. “Ons sal in die volgende paar dae ʼn verklaring hieroor uitreik. Ons is trots op die regspan.”

Malcolm Williams, die hoof van Parktown Boys’ High School in Johannesburg, is ná die voorval geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jinny jualinda ·

Wonder hoekom hierdie een geval so uitgesonder word?

Anel ·

En dan is hy nog buitelander ook. Daar word eers soveel moeite gedoen vir ons eie burgers nie!

Magda ·

Wys maar net – Hulle EIE mense word nie eers so na omgesien nie. Kyk maar NA die skool wat gesluit meot word oor Riool wat tot in die klas kamers instroom – maar “Lefusi” word nie geskors nie – Al is sy department verantwoordelik vir die situasie, en ook as daai Kinders siek of dalk sterf van die stank en onmenslike omstandighede waarin hulle meot skool gaan – Waar is die regverdigheid vir ONS EIE mense – LEFUSI – JY MEOT AFBETAAL WORD ASAP.

twaalfboor ·

Wat maak dit saak of hy van ‘n ander land is? dis ‘n 13 jarige kind wat sy lewe verloor het en jy wil politieke uitlatings maak oor sy afkoms. Skaam jou.

Dries ·

Ek weet nie wat die punt van ‘n ‘ondersoek’ is nie, Lesufi het klaar sy eie mind opgemaak oor wat gebeur het en wie moet boet.

antieke antie ·

skole met seker maak dat aktiwiteite op die vlak is van die mense met die laagste vermoee en die ander moet maar dan gaan waar almal op dieselfde vlak is en kwalifiseer vir wat al die aktiwiteite…..maar ek glo ook die kind het nie erken hy is nie bevoeg is om op die water te gaan nie….maar ja daar moes verpligte veiligheidsgordels vir almal wees….. maar dis nou maar dat sommige van ons nie verder moes gaan as sit op die wal met voete in die water wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.