Forensiese ondersoek oor Sharks-geld

Grafika: sharksrugby.co.za

Grafika: sharksrugby.co.za

ʼn Forensiese ondersoek na die Sharks-rugbyspan se finansies is van stapel gestuur, het die Sunday Tribune berig.

Volgens die berig sal die ouditmaatskappy KPMG die maatskappy Sharks (Edms) Bpk ondersoek. Die ondersoek sal bepaal hoe geld aangewend is om die handelsmerk onder voormalige uitvoerende hoof, Brian van Zyl, te bevorder.

“Ek dink ons moet die ouditeure toelaat om hul werk te doen,” het Graham MacKenzie, president van die KwaZulu-Natalse rugby-unie aan die koerant gesê. “Daar is geen bedoeling om enigiets weg te steek nie.”

Volgens die berig het die ondersoek 10 dae gelede begin.

Van Zyl was van 1994 uitvoerende hoof tot hy in Februarie 2014 afgetree en deur voormalige Springbok-kaptein John Smit vervang is. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.