Forensiese verslag oor Beitbrug-grensdraad ingedien

Die minister van openbare werke, Patricia de Lille, het uiteindelik die forensiese verslag oor die grensdraad wat teen R37 miljoen 20 km weerskante van Beitbrug opgerig is, aan die parlement se sterkste waghondkomitee verskaf.

Daar is ʼn sterk vermoede dat onomstootlike en duidelike korrupsie en wanbestuur tydens die projek plaasgevind het.

Boonop was die hele projek sinlose geldmors want die heining het letterlik nie eens een volle dag lank gestaan nie voordat mense wat die grens na en van Zimbabwe wou oorsteek, en straks ook wandelende olifante, die heining heeltemal tot niet gemaak asof dit nooit bestaan het nie.

Indien dit inderdaad die volle, finale en ongesensorde weergawe van die forensiese verslag is, sal die inhoud, bevindings en voorgestelde optrede teen skuldiges na verwagting vroeg hierdie week formeel in die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) openbaar gemaak word.

Tans ontken al wat leef en beef dat hulle enigiets verkeerd gedoen het – die kontrakteur, De Lille en die direkteur-generaal van openbare werke, adv. Sam Vukela, wat die tersaaklike dokumentasie met sy handtekening afgeteken het.

Trouens elkeen van bogenoemde drie blameer die ander twee.

Vukela is ʼn omstrede figuur wat al in die verlede uit sy amp geskors is. En as die bewerings waar is dat De Lille se spesiale adviseurs, onder wie haar jare lange hegte vertroueling, die ewe omstrede Melissa Whitehead, fisiek teenwoordig was waar al die rigtende besluite oor die hele gemors geneem is, staan die geloofwaardigheid van De Lille se bewering dat sy nie kennis gedra het van die presiese aard van die projek nie op uiters losse skroewe.

In so ʼn geval sal vrae oor haar geloofwaardigheid tereg gevra kan word, sowel as haar bekwaamheid om haar portefeulje sowel as haar raadgewers effektief te bestuur en haar skynbare onkunde oor haar raadgewers se rol.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

pestilensie ·

Mmm , interessant die Tannie van geregtigheid word telkemaal onkant betrap

Simon ·

Die gebeure onderstreep maar net weer eens wat ons alwal weet en wat Ramaposa erken het. Hy wat Ramaposa en die ANC is, moet nou net die eerbare ding doen en opsy staan sodat die kundige minderheid in hierdie land dinge kan regruk.

Kobus ·

Altyd n kommissie van ondersoek en dan gebeur niks. Hulle kon maar net n vinnige opname onder ons “dom” kiersers gedoen het en die uitkoms sou kosteloos dieselfde gewees het. Wat is die kans dat die geld herwin sal word?

PieterP ·

Ek het onlangs ‘n kwotasie vir draadspan gekry. R118 PER METER PER LYN. Ek wou 20 lyne hê. Maak jou somme. Maar self gespan toe…

JohanR ·

En dan pers ou de Lille die lippies en se “was nie ekke nie!” You did a BAD tannie GOOD! Since you are not strictly ANC, as as you know ANC’s NEVER go to jail, perhaps you can be the 1st Minister to go to jail. Will have no qualms about waving to you as you enter the prison gates…tata Tannie Patricia…. Wonder nog wat jy in Kaapstad aangevang het? Hoop dit sal alles eendag uitkom?

Cherokee ·

De Lille het haar aanhangers onder hierdie kommentators gehad net soos Ramapoker. Klink asof hulle daardie ondersteuning verloor het.

Sarel ·

So rask die ANC van opposisdie ontslae. Wat het sy gedink toe hulle haar pos aanbied , dat dit goedgunstelik is. Aikonna , sy het al die jare teen Zuma gestaan,nou gasn sy die prys betasl en die ANC lag vir haar.

annie ·

Die heiningdraad wat gebruik is, is oraloor mode. Swak gehalte verby selfs vir gewone erwe. Hoe hulle gedink het dit kan werk… of was dit nie belangrik nie? Waarom is hierdie departement in die eerste plek aan De Lille gegee? Was dit haar sterk punt by die DA of was dit haar sterk punt by die DA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.