Forplay se straf ‘belaglik’

'n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

‘n Skermskoot van die Facebook-inskrywing.

Die munisipale beampte van Oudtshoorn wat verlede jaar ʼn herrie op sosiale media veroorsaak het toe hy gesê het “witmense se tonge moet met ʼn kapmes uitgesny word”, se straf is “belaglik”.

Dit is die mening van Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, nadat Vuyisa Forplay ʼn geskrewe waarskuwing ontvang het en versoek is om berading in diversiteitsbestuur te ontvang.

Maroela Media het in Oktober berig die Oudtshoorn-munisipaliteit ondersoek een van sy beamptes, Vuyisa Forplay, wat onder die naam Vuyisa Bhefile Ka Hlazo uitlatings op Facebook gemaak het. Forplay het onder meer gesê hy kan nie wag om te sien hoe witmense die landsgrense met hul besittings oorsteek nie.

“Dit is baie duidelik dat hy (Forplay) deur sy kaders in die munisipaliteit beskerm word. Hierdie was nie net ʼn uiters rassistiese aanmerking teenoor wit mense nie, maar ook haatspraak. Gesien in die lig van die gebeure die afgelope paar weke waartydens verskeie rassistiese aanmerkings ten sterkste veroordeel is en senior amptenare summier ontslaan is omdat hulle net geskimp het dat anderskleuriges nie oor die vermoë beskik om sekere poste te beklee nie, plaas dit ʼn ernstige vraagteken agter die belaglike straf wat Forplay opgelê is,” het Van Dalen gesê.

Hy het bygevoeg dat AfriForum hom totaal distansieer van alle vorme van rassisme, maar dat dit duidelik is die oorgrote meerderheid swart mense in Suid-Afrika glo die term “rassis” of “rassisme” kan eksklusief aan wit mense toegedig word. “AfriForum sal voortgaan met die strafregtelike klagte teen Forplay,” het Van Dalen afgesluit.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die kwessie onder die aandag van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gebring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

ZAR ·

ek is verbaas hy het nie n premosie gekry nie, maar dit kom seker nog later as die stof gaan le het

herman ·

Mooi so Afriforum. Moet nie die saak daar los nie. Geregtigheid moet seevier anders is dit verby met almal in hierdie land.

Dee ·

Flip Sadler, as jy minder vraagtekens plaas en beter lees sal jy sien dat AfrForum vortgaan met die strafregtelike klagte.

Sandra spangenberg ·

Ek gaan liewer niks hierop sê nie, ingeval ek ook van rasisme aangekla word. Dankie Afriforum

Dennis ·

Hy gaan sekerlik bevorder word tot munisipale bestuurder. Dankie Afriforum. DA wat nou? Alle vorme van rassisme moet dieselfde beoordeel word. Julle praat uit 2 monde uit.

sarel ·

Nee hy kry ni n promosie nie hy word nou mec van staats plase

sarel ·

Ek weet nie ook meer of n mens vir DA kan stem nie hulle is te dubbel standaarde en as dit hulle pas of geld inbring vir DA dan sal hulle dit doen

Deed ·

Ag Sarel, jy wil tog graag vir regstelllende aksie en grondhervorming stem – waar anders sal jy dit dan doen? Ga maar voort, stem vir hulle – moet net nie probeer voorgee jy is een van ons groep nie.

Meraai ·

Hoe op dees aarde regverdig enige persoon dit? Dankie Afriforum dat julle die regering daaraan herinner dat die grondwet (wat snaaks genoeg grootliks deur hulle herskryf is) ons ALMAL moet beskerm!

Henk ·

Wonder net as sy naam Garet Cliff of Koos van der Merwe was…. altyd dubbele standaarde

Joe ·

Wat sê Fransman oor die geval? Hy beweer dan dis die witmense wat rassisties is.

Ernest ·

Moenie hierdie man se uitlatings net as rassisties aanvaar nie, daar steek baie groter haat agter die berig as wat ons dink. Hierdie ding moes al bespreek gewees het, daarom borrel hy oor van haatspraak. Sulke uitlatings is nie net verwerplik nie, maar die gevaar is dat hierdie “vuur” vinnig kan versprei as dit nie met sterk optrede uitgeroei word nie.

REGINA ·

Ek reken hy word nou as n groot “held” in die “struggle” gesien, dalk n “ideale” opvolger vir Zuma (of is sy “kwalifikasies” dalk net te hoog “gevorderd” vir n Presidentskandidaat)?!

m ·

Wonder net of hy nou ook boete gaan kry of is dit wat hy kwytgeraak het Vryheid van spraak.

m ·

Die gemors wat uit jou mond kom is partykeer ‘n aanduiding van jou intelligensie vlak en hier kan ons duidelik sien wat die arme ding se intelligensie is. n Ronde nul………Shame, ons moet eintlik sulke eenvoudige mense jammer kry, weet ook maar nie van beter nie. Probeer ook maar iets doen om poste te kry.

ek ·

Die gemors wat so mens praat is duidelik ‘n teken van n baie lae Ik vlak en weet duidelik nie van beter nie. So mens moet sumier ontslaan word want hy is seker ook nie die beste werker in daai plek nie. Sit seker net en eet en orders gee die hele dag en kaf uitdink om te praat.

Mariska ·

Ek kan nie wag dat hulle die landgrense met hulle besittings oorsteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.