Foskor-staking duur voort

numsaDie National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) in KwaZulu-Natal het Donderdag die staasonderneming Foskor aangemoedig om aan werkers, wat al langer as ʼn week staak, se eise te voldoen.

“Die bestuur weier om werkers te betrek; in plaas daarvan hardloop hulle hof toe in ʼn poging om die staking stop te sit,” het Mbuso Ngubane, streeksekretaris van Numsa, gesê.

Volgens Ngubane het die arbeidshof Dinsdag egter in die vakbond se guns beslis deur ʼn aansoek om ʼn interdik teen die staking te verwerp.

Ngubane het die staking as wetlik bestempel waarin werkers van dié staatsbeheerde verskaffer van grondstowwe op ʼn veilige en gesonde werksomgewing aandring nadat sommige werkers siek geword het. Hulle eis ook inkomstevordering vir elke kwalifikasie wat verwerf word en uitbetalings van die Essops Eienaarskema.

Volgens Ngubane is werkers boonop kwaad oor beweerde korrupsie en wanbestuur by dié onderneming.

Ngubane het Foskor daarvan beskuldig dat die onderneming ʼn ooreenkoms probeer opstel wat nie tot voordeel van sy werkers sal wees nie.

“Ons verwerp hierdie pogings tot intimidasie en veroordeel dit ten sterkste. Ons sal nie die staking beëindig totdat ons eise nagekom is nie,” het Ngubane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Schalk ·

Jislaaik dan moet die hele land staak want die land word wanbestuur vanaf Cyril sy ministers regdeur tot munisipaliteite alle staatsondernemings insluitende sars.Dink julle nie ons moet maar die prys betaal en landswyd staak nie ons kan nie meer chaos veroorsaak as wat daat is nie.

Attie. ·

Ek begin Maandag staak as pensioenares. Ek gaan ‘n werk soek. Kom ons almal begin weer werk en druk die jonges uit hul poste uit. Ek gaan probeer sing en dan verkoop ek my plate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.