Foto: 13 skoolkinders beseer in botsing met trok

Die voertuig waarin 13 kinders beseer is. Foto: ER24

Die voertuig waarin 13 kinders beseer is. Foto: ER24

Altesaam 13 kinders is Maandagoggend beseer nadat ʼn voertuig van agter af teen ʼn vragmotor gebots het op die N3-snelweg tussen Heidelberg en Alberton in Gauteng.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê 12 kinders het geringe tot matige beserings opgedoen. “Een van die kinders was in die voorkant van die wrak vasgekeer en is in ʼn kritieke toestand aangetref,” het Meiring gesê. Die brandweer moes die kind uit die wrak sny voordat paramedici die kind kon behandel.

Die kinders is op die toneel gestabiliseer en na die Natalspruit-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chivago ·

“Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek” – geen nodigheid, ek kan sommer vir julle sê = die taxi bestuurder dink die pad behoort net aan hom, geen padreëls is vir hom bedoel, almal sal vir hom padgee asof hy ‘n noodvoertuig bestuur, geel lyne is eintlik bane gereserveerd vir taxis. So, daar is die ondersoek sommer vining afgehandel.

lorry ·

Hyt verslaap.gejaag en was op sy foon besig en bestuur.kan sien hoe kan j in n voertuig wat voor jou is vas ry as j nie op pad gefokus het nie.wat nog ondersoek.daai kinders sal ook se wat gebeur het,vra hulle.

Ghost ·

Stem die Tazi bestuurders ry net soos hulle wil en kyk nie wat om hulle aan gaan nie. Een my vanogend probeer van die pad af druk nadat hy net weg getrek het en nie eers gekyk het of iemand langs hom is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.