[Foto’s] 7 sterf in gru-botsing

‘n Wrak van een van die motors. Foto: Netcare 911

Sewe mense, onder wie ʼn vierjarige kind, is Donderdagaand in ʼn trompop botsing in Limpopo dood.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die botsing het omstreeks 22:00 naby die Shell Ultra City op die N1-Suid buite Polokwane plaasgevind.

“ʼn Polo Vivo en ʼn Opel Astra het in die teenoorgestelde rigtings gery toe die twee voertuie mekaar reg van voor getref het,” het Ngoepe gesê.

Volgens Ngoepe is drie mense in die Polo, twee mans en ʼn vrou, en vier mense in die Opel, twee mans, ʼn vrou en ʼn vierjarige seun, op slag dood.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een van die slagoffers is tydens die trefslag uit ʼn voertuig geslinger. Die res van die mense was in die voertuie vasgekeer en moes deur nooddienste uit die wrakke gesny word. Niemand het die botsing oorleef nie.

Volgens Ngoepe is die oorsaak van die botsing nog nie bekend nie en word ondersoek. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Trappies ·

Spoed. Spoed. Spoed. En geen benul van pad reels nie – sperstrepe ????

Chrisjan ·

Magtig maar dit was ‘n geweldige botsing!Te oordeel aan die fotos het een van die twee bestuurders ”aapstreke” uitgehaal want daar is ‘n trippel sperstreep.

Wonder ·

Teen wie is die saak niemand het die ongeluk oorleef nie ??

Lientjie ·

Dit is standaard prosedure daar word ‘n dossier geopen, want daar is mense dood in die ongeluk al is die bestuurder ook dood . dit word dan deur gestuur na die DG en die leer word dan gesluit.

Cheryl ·

Wou dieselfde vraag vra? Sou reken onnodige papierwerk, en tydmors as al die partye dood is. Hkm nie aandag skep aan meer ernstige sake nie?

Regtig! ·

Die polisie onderoek ‘n saak van “strafbare manslag” – TEEN WIE? Almal is in die botsing oorlede. Dit is beslis spoed. Ai, dis baie baie sleg.

Speedguard ·

@Wonder & Regtig, ter inligting, Daar is sewe mense oorlede op ‘n onnatuurlike wyse, ‘n saak van strafbare manslag MOET geregistreer word vir regs doeleindes, dit is nie net daar om iemand aantekla nie maar om die oorsaak te ondersoek dmv ‘n “Inquest” deur die hof, die botsing word gehersruktueer en die saak word ondersoek, dit gebeur baie dikwils, daar word deur verskeie toetse bepaal wie skuldig was en wat die omstandighede, iemand of albei is moontlik gedeeltelik skuldig , dit sal dan ook die padongelukke fonds help met die verskillende eise van die passasiers wat hul toekom asook die bestuurder wat moontlik onskuldig was. dit is ‘n prosses wat gevolg moet word ! Sterkte aan almal , ek was lank blootgestel aan sulke ondersoeke en is daar niks wat ‘n mens so kan vermink soos ‘n motor nie.

Adrian ·

Dink jy dalk as die ongeluk behoorlik ondersoek word en die oorsaak van die voorval kan bepaal word , dat dit dalk dan vir die slimmer mense moontlik sal wees om stappe te neem wat so ‘n botsing in die toekoms kan voorkom?

Ouma ·

Die enigste reël wat geld in ons land is “No Rules”. Ongelukkig moes die onskuldige party met hul lewens betaal, en hul naasbestaandes met smart. Ek vermy ‘n nagryery sover ek kan. In die dag kan mens verder sien en ‘n plan probeer maak om ‘n ongeluk te probeer voorkom. Nie dat dit sal help as iemand op ‘n dubbel sperstreep van vooraf met ‘n hengse spoed kom nie.

Benito ·

Sjoe dit is vreeslik tragies !!!!….Alweer swak oordeel agv. spoed , eiegeregtigheid , selfsugtigheid en arrogansie ???……hoe sal ons ooit weet ????

Andre ·

Onnatuurlike dood moet ondersoek word volgens wet sodat die saak kan gesluit word met die werklike oorsaak. Anders kan mense onnatuurlik dood gaan en die oorsaak sal die opinies van lesers wees erêrns op ‘n web bladsy van die nuus media. Dink net, die chaos wat sal heers.

Cor ·

Die renbaan van die dood, waar elkeen ry soos hy wil want daar is geen wetstoepassers teenwoordig nie. Is dit nie ook op die pad wat die minister in presidensie Collins Shabane die tydelike met die ewige verwissel het nie. In die dag lig is dit gevaarlik op SA paaie om nie eens te praat van in die donker nag nie. Indien jy veilig by jou bestemming kom is dit net enkel uit genade niks anders nie. Jy kan hoe veilig en versigtig bestuur maar daar sal altyd n onbeskofte , onopgevoede , pad buffel / boelie wees wat dink hy is “macho” en in beheer net om hom n paar kilometer verder op sy dak te sien.

Theresa ·

Daagliks kom mense van vooraf aangejaag so half oor die wit soliede streep – veral taxis is hieraan skuldig. Speel ‘n soort spel op ‘n daaglikse basis. Kom ons kyk wie sterf nie in ‘n kop-aan-kop vandag nie! Sal ook vir jou terug toeter blaas, indien jy die misstap afkeur! Ons kort ‘n groter, uitstekend opgeleide verkeersmag teen padmoordenaars. Dit kan die begin wees om lewens op paaie te bewaar.

Deloris ·

HOE GEBEUR N KOP AAN KOP BOTSING OP N DUBBEL PAD? Dalk gekoopte lisensies en nie pad reels ken nie ……

Philip ·

Hou verkeersbeamptes van daardie area verantwoordelik vir strafbare mansslag.
Spoed spoed en nogmaals verontagsaming van verkeers reëls.

Stephanus ·

Ek ry daardie pad baie. Baie spoedlokvalle elke dag maar die help niks. Motoriste weet presies waar die lokvalle is en sodra hulle verby is, jaag hulle weer. Ook is daar geen verkeersbeamptes op diens in die aand nie, daarom jaag hulle soos hul wil.

JJ ·

Scary, ons was ook in die week in n insident betrokke. Baie insleepvoertuie,ambulanse , polisie voertuie en almal betrokke se noodligte was aan. Tussen al die harwar op en langs die pad vat groot trokke mekaar verby teen aankomende verkeer. 3 keer binne n half-uur

Dubbel bane! ·

Maar dis n trompop botsing!
Wat soek jy aan die verkeerde kant van die pad?
Neee vandag se karre mos fancy.
Sommige voertuie se ligte kan mos om draaie skyn en ander voertuie kan weer n voorwerp “detect”…. en nou dink mense hulle kan maar net maak soos hulle wil het mos Slim Phones en Slim Cars….pfff

Piet Pompies ·

Kyk gisteraand na ‘n program op TV oor padveiligheid in Finland, die land is wel kleiner as SA en hulle werk daaraan om hul pad sterfte syfer van 212 per jaar te verminder.
Hierdie syfer word in SA behaal oor ‘n lang naweek!

KFN ·

Vandag se “slim motors ” is ongelukkig ontwerp vir 1ste wêreld toestande.

Lizelda Jv Rensburg ·

Ai, ek voel jammer vd families maar wat van daardie motors oor is…is dit NET spoed wat dit KON veroorsaak. Is dit werklik die moeite werd om so te jaag? Nie een vd motoriste het nou hulle bestemmings buitendien bereik nie. Ai

Swannie ·

Ierland is vir my die beste. Daar is so min ongelukke, dat wanneer dit gebeur, haal dit die koerante.

Die mees bedagsame mense wat daar is. Al staan jy as voetganger by enige pad, SAL alle voertuie vir jou stop sodat jy veilig kan oorstap, of daar voetganger strepe is of nie.

Daar is bitter min ongelukke by hul talle verkeerssirkels ook. Almal is geduldig, selfs al maak jy as besoeker ook `n fout.

Alida ·

Dit is ‘n tragiese ongeluk. Mens kan dit amper nie meer ongelukke noem nie maar eerder nalatigheid. Die slegste is dat daar met elke ongeluk 5 of meer mense sterf. Dit kan van die gekoopte lisensies wees. Dit is aanklig.

Oosie ·

As voertuie in die ‘teenoorgestelde rigting’ ry kan hulle onmoontlik bots….

André ·

‘n Taxibestuurder het vanmôre oor ‘n rooi verkeerslig gery nadat dit al lankal oorgeslaan het. Toe ek vir hom hooter blaas, wys hy my sy middelvinger.
Ek het ook ‘n empd motor gesien wat meer as een keer baan verander sonder ‘n flikkerlig en toe skielik ‘n u-draai maak om in die teenoorgestelde rigting te ry; dit alles sonder blou ligte of ‘n sirene.
Mense steur hulle net glad nie meer aan reëls nie; dis mos vir die voëls.

Hannelie ·

Ek stem saam met jou Susan. Baie neem aan dat dit net spoed en onverskilligheid is. Ons was in die posisie waar die motor van die teenoorgestelde rigting regvoor ons op ons afgepeil het en ons genadeglik net net gemis het, reguit veld toe. Band het gebars.

Alwyna Holtzhausen ·

Ons was die afgelope vakansie in die Oos-Kaap. Skokkend skokkende gedragsreels van bestuurders. Daar was baie padwerke en die padvarke het doodeenvoudig teen blinde hoogtes met dubbele sperstrepe verbygejaag. Ons was verstom! Kan nie glo ons het die rit sonder enige ongelukke oorleef nie.
Due N4 tussen Pretoria en Middelburg n renbaan!!

SW ·

Ons ry ook op daaglikse basis daardie pad en dis ongelooflik om te sien hoe voertuie n denkbeeldige “derde baan” in die teenoorgestelde rigting maak en n kar wat reeds besig is om verby te steek,dan ook verby steek.

Hennie ·

Lyk my hier is n paar van julle wat die verkeerde beroepe het. Weet altyd net te veel van wat die oorsaak was. Toon eder respek en simpatie aan die mense se families, maar nee ons oordeel mos net, al wat ons kan doen. Kry n lewe. Lees die berig en hou jou kommentaar vir jouself!

Luister ·

Dit moet baie traumaties wees vir die nooddiensmense wat die slagoffers en wrakke moet opruim. ;-(

FJD ·

as ek my eier in die nes kan le – ek weet nie wie die skuldige party in die ongeluk was nie MAAR die N1 noord in Limpopo is n ontsettende gevaarlike pad – ons ry die pad daagliks en moet jy te alle tye wakker wees dag en nag – geen reels word gehoorsaam nie dit word gejaag soos besetenes 2 bane word by tye 3 of 4 en moet jy bid dat die gaping wat jy maak groot genoeg is vir die padvark wat van vooraf aankom om verby te gaan – voertuie ry op die pad wat wragtig 100 jaar terug padvaardig was party rook soos n stoomtrein taxis laai mense op en af in die pad of hulle nou mag of nie voetgangers staan onder die bord wat hulle uitdruklik verbied om op die hoofweg te wees en wag vir taxis – dit is absoluut n riller om die N1 te gebruik en tussen Polokwane en Louis Trichardt gaan dit nog erger – as jy fisies siek wil voel ry daardie pad en ek glo jy sal met ander oe na die padongelukke kyk glo my dit is op die ou end dat spoed iemand se dood sal veroorsaak maar dit begin by n idioot wat dink hy is onaantasbaar en GEEN vrees vir die dood het nie en geen respek vir lewe het nie

Adrian ·

Alhoewel spoed in baie botsings ‘n faktor is is dit selde die enigste faktor. Die mense wat jaag beskik nie oor die vermoe om die voertuig onder beheer te hou op hoe snelheid as hulle skielik op enige gevaar moet reageer nie. Dan is daar naruurlik padtoestande wat ter sprake kom of ‘n menigte ander dinge wat kan gebeur wat bestuurders aan die stuur laat pluk om die probleem te vermy en dan verloor hulle beheer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.