Foto: AB de Villiers is ʼn pa

Foto: Twitter

Foto: Twitter

AB de Villiers, die Proteas se eendagkrieketkaptein, het vir die eerste keer pa geword.

Dit het eers onlangs aan die lig gekom dat De Villiers se vrou, Danielle, swanger is. Daar is destyds berig dat sy einde Julie of begin Augustus die lewe sou skenk. De Villiers is nie deel van die Proteas se toerspan in Bangladesj nie, waar die Suid-Afrikaners opdraande kry.

ʼn Foto van De Villiers, sy vrou en die baba is vroeër op sosiale media versprei. Dit is nog nie presies duidelik wanneer die kleinding gebore is of wat sy naam is nie. Millie de Villiers het by die foto wat op Facebook gelaai is, geskryf: “AB, Danielle en kleine AB.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Baie geluk!! Geniet jou kleinding – hulle word SO GOU groot!!!

Eliza-beth ·

Jou ou YSTER – toe slaat jy ‘n ses! Baie geluk en hope plesier word jul toegewens!

J.Z ·

Goeie nuus.Veelsgeluk met die kleinding,hoop hy gaan nog vir julle baie plesier gee.AB,slegte nuus jou veld werk kan nou ook slaapklere werk word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.