Een persoon is dood en vier beseer nadat ʼn bus en ʼn vullistrok Saterdag in Pretoria gebots het.
Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het omstreeks 10:00 in die aansluiting van Pretoriusweg en Du Toitstraat in Pretoria se middestad plaasgevind.
“Die twee voertuie het mekaar vermoedelik in die oorgang getref, waarna albei voertuie in die vertoonlokaal langs die aansluiting tot stilstand gekom het,” het Vermaak gesê.
“Die busbestuurder is in die ongeluk dood. Drie passasiers en die bestuurder van die vullistrok het matige beserings opgedoen en is na die Tshwane-streekshospitaal geneem vir verdere behandeling.”
Na wat vasgestel kan word, is niemand op die handelaar se perseel beseer nie.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Rommelstatus!
Hoe lekker lag ek nou :)
Dink nie dis mooi om grappies te mak en te lag nie. Dis n stadsraad bus met blanke bestuurder wat sy lewe verloor het
Fly on the wall jaloesie is ń lelike ding ,groete GTR.
Sterkte aan die busdrywer se familie.
Hoe verloor jy beheer oor ‘n voertuig in ‘n besige straat in die middestad van Pretoria? Spoed, onervare/onopgeleide voertuigbestuurder? Bestuur onder invloed van alkohol?