Die banier is by die WorldWear-winkelsentrum op die hoek van Beyers Nauderylaan en Wilsonstraat in Fairland, Johannesburg gehang.
“Cell C se Riaan van Rooyen, ‘franchisebestuurder’ 084-XXX-XXXX sê sy naamlose ‘uitvoerende hoof’ weier om die kliënt by te staan!!” staan onderaan die banier geskryf.
Maroela Media het Cell C gekontak en is versoek om navrae per e-pos aan die maatskappy te rig. Geen terugvoer is al ontvang nie. Cell C het intussen op sosiale media gesê hy kan bevestig dat daar ʼn interne dispuut is tussen die maatskappy en die persoon wat die banier vervaardig het. “Ons is in die proses om die dispuut direk met die kliënt op te los.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Hy reg daar is altyd Probleme met hulle En hulle weet nie wats wat of hoe hulle dinge moet doen TUMBS UP TO THIS GUY YIPPEEEE
Verstaan die man se punt! Voel so oor TELKOM. Sit nou al 2 maande sonder landlyn/ADSL en weet nie meer waar om te kla nie- hulle ignoreer ons gewoon. En dit is die 2de keer die jaar, die vorige periode was 3 maande.
Wie jy ookal is thums up wens meer mense wil so maak. As jy nie glo nie Cell C for your self hoe K!!K hulle is
Wel ek verstaan die ou se punt. Ek en duisende ander, sukkel so met selfoon netwerke se kliente diens. Swak swak swak. Ek dink hierdie week om te skuif vanaf mtn na cell c omdat cell c die minste klagtes op helopeter het. Minder as vodacom of mtn. So wat nou?
Hulle is maar soos banke, almal is ewe sleg en ewe duur met hul dienste. Maar tog kan ons nie sonder hulle nie.