[Foto] Dié man gesoek ná aanval op jong Kaapse meisie

Sanet de Lange. Foto: Facebook

Sanet de Lange. Foto: Facebook

Die polisie in Kaapstad het ʼn foto wat van kringtelevisiebeeldmateriaal verkry is uitgereik en vermoed die man in die foto kan hulle bystaan in die ondersoek na die aanval op Sanet de Lange (18).

De Lange is verlede maand bebloed langs ʼn straat in Claremont gevind. Die polisie het haar na die Groote Schuur-hospitaal gehaas. Volgens lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, is die beeldmateriaal verkry van ʼn kringtelevisiekamera in Claremont.

De Lange voer aan sy is in die vroeë oggendure van Vrydag 10 Julie buite die Tiger Tiger-nagklub aangeval. Volgens haar het sy in ʼn metertaxi geklim waarna sy glo deur drie mans aangerand is. Sy het glo sowat ’n kilometer verder uit die taxi gespring en weggehardloop. Die mans het haar glo agternagesit en op die grond vasgedruk. Sy kon daarin slaag om weg te hardloop en het oor ʼn kerk in die omgewing se muur gespring. Daar het De Lange glo onder ʼn hoop blare weggekruip terwyl sy gehoor het hoe die verdagtes na haar soek. Sy het later haar bewussyn verloor.

Die polisie soek die man.

Die polisie soek die man.

De Lange se familie was ontstoke oor hoe die polisie haar glo hanteer het. Polisiebeamptes het glo gesê sy was dronk en dat sy seker geval het en in die proses beseer is. Die polisie het egter die bewerings ontken. Die bewerings vorm egter deel van die ondersoek na die voorval.

Enigiemand wat die man in die foto herken word versoek om kapt. Nathan Arries te kontak by 082 469 2492.

Klik hier vir vorige berigte oor Sanet de Lange op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

HEVW ·

Sy kom voor as n goed opgevoede persoon. Is daar dan nie ander plekke van vermaak en onspanning nie as hierdie smerige nagklubs met al sy ewels wat gewoonweg voorkom?

valerie ·

dit gaan nie oor waar sy was nie. dit het inelkgeval nie in dir club gebeur nie maar n taxi opad huistoe. mense word in hul eie huise vermoor. dit gaan glad nie oor hoe mens opgevoed is nie.

Martin ·

Valerie, dit is saak van beginsels. Agtien en kuier tot 04h00. Of dit nie in die Club gebeur het nie, is nie van belang nie. Volgens my was hierdie ‘n sameloop van verkeerde dinge waarvoor die pragtige jong mens self verantwoordelik was. Al is jy ‘n student en agtien, behoord jy vier uur in die oggend in jou bed te wees. As jy nie kan slaap nie, dan agter jou boeke.

Knersus D ·

Die word is “euwels”. Maar ek stem saam – mense met klas hang nie by hierdie plekke rond nie. In Kaapstad is daar ‘n menigte plekke wat ‘n mens jouself by kan geniet en dan ook is daar plekke wat vervoer huistoe vir jou reel, sou jy ‘n bietjie “hard” gekuier het.

Susan ·

Klas of nie Klas nie , geen wit kinders veral mesies kan in vadag se tyd meer alleen rond le in clubs of pubs nie . Besef ons kinders nie al die gevare wat orals le en wag vir hulle nie . Ons kinders moet meer begin omgee vir hulle self en verantwoordelik en versigtig op tree.
Dis altyd die ouers wat sit met die seer en pyn as daar iets gebeur met n kind.

susan ·

Hoe kan enige regdenkende blanke in n taxi klim? Gaan my verstand te bowe. Soos dit is word mens oral aangeval. Het sy nie vriende of familie wat sy kon bel om haar te kom haal nie? Vra maar net.

Willie Brits ·

Vra ek ook daai vrae.. En ek sien nog baie ander wonder oor dieselfde indiskressies…

zahn ·

Susan, ek deel jou sentimente, en verstaan dat dit van ‘n blanke ma af kom. ek is self blank, maar glo my, daar is net nie iets soos ‘n veilge plek vir enige jong meisie nie. Ongeag kleur. Hier by ons sien mens elke dag hoe die jong, kom ons sê Kleurling meisies geteister word, deur die skollie element, van hul eie ras. Ek stem, wit kinders word erger geteiken, omdat die persepsie gekweek word dat dit reg is om die blanke te besteel. Die kinders word goed toegesnou wat mens se hare laat regop staan. En kyk maar, dis altyd ‘n hele trop skollies bymekaar. Die goed is mos te bang om hul vuil bekke oop te maak as hulle alleen is. Skollies soek teikens, en enigiemand, selfs blanke mans, word aangevat, want ons hande is vas.

Limpopo ·

Die is nog een van daardie gevalle waar ek my wonder uitspreek oor die gebeure. Ek mag verkeerd wees maar iewers is iets nie pluis nie

Donsie ·

Pragtige meisiekind!!
Het die wat so gal braak nie ook al ‘n verkeerde besluit in die verlede gemaak nie. Beslis ja, geen haan het daaroor gekraai nie.

Jakoos ·

Donsie, ja almal neem soms verkeerde besluite maar wragtig om in ‘n taxi te klim as jy nie te “lekker” is nie – DIT is onnosel en ek weet wragtig nie of dit net ‘n fout was nie. Ek sal eerstens nooit by sulke plekke uithang nie, ek sal nog minder as ek ‘n meisie is alleen kuier met ander (vriende lankal huis toe) tot 04h00 nie. Nog minder sal ek alleen na buite gaan en dan in ‘n taxi gaan staan en klim – ek sal soek TOT ek iemand kry wat my hul selfoon sal leen (as ek so dom is om nie myne by my te he) en my ouers of iemand betroubaar bel om my te kom haal en net daar binne wag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.