Foto: Een dood ná bakkie rol

Foto: ER24

Een persoon is dood en drie ernstig beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het Dinsdagmiddag verskeie kere op die N1-deurpad naby die Grassmere-tolhek gerol het.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in die rigting van Pretoria plaasgevind. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en dit het gerol en op sy kant tot stilstand gekom. Die bakkie se kap het oopgebreek en die passasiers wat agterin gesit het, is uit die voertuig geslinger,” het Banks gesê.

Een passasier was reeds dood toe paramedici op die toneel kom. Die ander drie is op die toneel vir nek- en rugbeserings behandel. Hulle is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.