Foto: Een sterf, 14 beseer in Midrand-ongeluk

Foto: @Mz_Mash / Twitter

Foto: @Mz_Mash / Twitter

ʼn Vrou is Vrydag dood en 14 ander beseer toe ʼn vragmotor ʼn minibustaxi in Midrand, Gauteng, getref het.

Die ongeluk het omstreeks 07:00 in Allandaleweg naby Chloorstraat plaasgevind. Die vragmotor het die taxi op sy kant getref.

“Twee passasiers is kritiek beseer en moes met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word,” het Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Die ander pasiënte is op die toneel behandel en met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.