[Foto] Eerste Picasso-werk in SA opgeveil

Au Cirque

Au Cirque

ʼn Skildery deur Pablo Picasso het verlede jaar die duurste kunswerk geword wat nog op ‘n veiling verkoop is en nou word een van die bekende kunstenaar se werke vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.

Christie’s het in Mei verlede jaar Picasso se Les Femmes d’Alger vir $179,4 miljoen opgeveil. Suid-Afrikaners kan nou ook een van die bekende kunstenaar se werke onder oë kry wanneer dit op 7 en 8 Junie in Kaapstad opgeveil word.

Volgens Anton Welz, direkteur van Stephan Welz & Co., sal die kunswerk Au Cirque na verwagting tussen R3 en R3,5 miljoen behaal. Au Cirque is geskep met kleurkryt op papier en is 23,5 by 31,5 cm groot. Dit is gedateer Januarie 1954 en is in 2006 vir $240 000 in New York verkoop aan ‘n private versamelaar in Suid-Afrika. Danksy die versamelaar, sal ‘n Picasso-werk nou vir die eerste keer in die geskiedenis in Suid-Afrika opgeveil word.

Welz het gesê hulle verwag die veiling sal internasionaal en plaaslik groot belangstelling lok. “Wanneer mens aanvanklik na die kunswerk kyk, kom dit baie naïef voor en mens dink jy ken 12-jariges wat so iets sal kan teken. As mens egter van nader kyk, word dit interessanter met die gebruik van lyne en spasie. Dit is kleurvol, speels en hoewel dit naïef voorkom, is dit glad nie.”

Au Cirque sal op 27 Mei ook by Stephan Welz & Co. se Nelson Mandela Square-studio te sien wees voordat dit in Kaapstad opgeveil word.

Les Femmes d’Alger

Les Femmes d’Alger

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hennie de Beer ·

Indien Picasso’n goue wildebees, swart rooibok of plus 50 duim buffel in 1954 geskilder het sou ons wildsboere Les Femmes d’Alger na kleingeld laat lyk het.

John ·

Hennie, kyk weer, dis generaal De Wet op sy perd wat regdeur die Engelse goewerneur aan die Kaap se sitkamer gery het oppad na die stalle. Gaan bie!!

Eileen ·

Au Cirque – lyk of ‘n kind dit geteken het. Ek het baie van my kinders se prentjies wat hulle geteken het, en is hulle baie mooier! Wonder of Welz sou belangstel om hulle opteveil.

E.K. ·

Eileen…sug…laat ek liefs niks oor jou kommentaar skryf nie. Picasso was groots en as jy nie kuns, of dan sy kuns verstaan nie, hou verby.

Darty ·

Ai tog E.K, ek stem saam Eileen, wil dit nie verniet he nie!! En ja, kuns???? Eisshhh

charlene ·

Eileen ek stem 100% saam jou. En vir that matter ek het al beter graffiti gesien teen mure! Maar dis seker hoe die kuns-lewe is. Terwyl jy lewe is jou goed niks werd na jou dood is dit baie werd en hoe groter klomp honde-poo jy skilder hoe meer werd is dit. Jammer maar dis nie kuns nie. Mense kan sê net wat hulle wil dit `n klomp bol! Ek sal nie eens R5 betaal vir daai ding nie!

hein ·

Met alle Respek, Betaal daardie tipe geld liewer vir die werk van n lewende kunstenaar wat die geld self kan gebruik. Soveel kunstenaars met werklik talent deesdae , en deur die jare heen, wat finansieel sukkel om te oorleef. Bygese, ek waardeer kuns en het die uiterste respek vir Picasso se ongelooflike kunswerke. Dit bly my net dronkslaan dat kunstenaars selde die tipe geld verdien wat hulle kunswerke na hulle dood verdien.

Nics ·

Hein, stem half saam met jou, maar dink nou hoe bly is die eienaar van die kunswerk dat hy die belegging destyds gemaak het en dit nou vir so groot wins kan herverkoop! Ekself is mal oor Picasso en tuis ons eie Rudie van Rensburg. Hy saldalknie die hoogtes bereik wat Picasso bereik het nie, maar as mens nou nie Picasso kan koop dan is Rudie ‘n lekker kuns om te hê. En die ou ander klomp snare wat so kerm hier…julel HOEF nie daarvan te hou nie en jul HOEF nie te dink dis kuns nie, wie gee regtig om wat julle dink?

JD ·

Moet saamstem lyk soos n kind wat dit geteken het. Sal nie verder gaan as buite my yskas deur nie.

E.K. ·

Suggggg… julle kan maar saamstem, gelukkig het kunstenaaars niemand soos julle nodig nie. Ook nie jul onkundige kommentaar nie. Dankie TOG smaak verskil. Party mense lewer net kommentaarom ietsie te kan skryf nie omdat hulle DINK nie.

John ·

Aai tog, E.K. waar’s jou humorsin? Picasso was nogal ‘n grapjas. Hy het self erken dat hy vorme op klippe en rotse nateken en so wonderlike prente skep. Ontspan, die kerel is reeds oorlede. Ek glo hy sal nie in sy graf omdraai oor skeutjie humor of twee nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.