Foto’: Eiendom in puin ná St. Francisbaai-brand

‘n Huis is in ligte laai op St. Francisbaai. Foto: Facebook via Karl Robert Rohrbeck

Die Kouga-munisipaliteit het vir eers die ontruimingsopdrag vir ʼn gedeelte van St. Francisbaai gekanselleer nadat die munisipaliteit se brandweer die vlamme kon beheer wat gedreig het om tientalle huise op die Oos-Kaapse kusdorp te verswelg.

“Die brand het laat Dinsdagoggend ontstaan,” het Laura-Leigh Randall, Kouga se kommunikasiehoof, Dinsdagmiddag gesê. “Die wind waai baie erg.”

Sowat 20 eiendomme in Harbourweg het gevaar geloop om in die slag te bly, maar sy kon nog nie bevestig hoeveel afgebrand het nie. “In sommige gevalle is dit net ʼn buitegeboutjie wat afgebrand het, maar in ander gevalle is dit wel die hoofhuis.”

Dis baie droog en warm en ons het streng waterbeperkings.

Kouga se brandweer het binne enkele ure daarin geslaag om die vlamme te bedwing, maar twee brandweerwaens was nog op pad van die aanliggende Nelson Mandelabaai af, terwyl die distriksmunisipaliteit ook brandweerwaens sou stuur, het Randall gesê.

“Dis baie droog en warm en ons het streng waterbeperkings omdat dit al so lank droog is. Ons het nog nie reën gehad soos in die Kaap nie,” sê Randall.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

D P ·

Dit lyk my meer in deels grasdak geboue wat in die slag gebly het.
Innerge simpatie met mense wat skade gely het. Moet nou van vooraf begin. Hoop versekering is voldoende.

Pieter ·

‘n Paar jaar gelede het dieselfde lot St Francisbaai getref. Ek was daar. Ook baie skade. Sekere persone het toe hul grasdakke na teëldakke verander. Sterkte aan die slagoffers, hoop hulle het versekering om te vergoed wat vergoed kan word.

Daan Erasmus ·

Grasdakke was nog altyd ‘n slegte idee. Dit het ‘n beperkte lewe. Dit brand maklik. En dit gee my vrou sinus.

Antoinette ·

Vanoggend op Morning Live was daar ‘n onderhoud met een van die mense wie se huis afgebrand het. Die arme man was emosioneel oorweldig, en wie kan hom blameer? Daar is egter tekens (volgens hom) dat die brand moontlik doelbewus gestig is. Wie doen sulke dinge? Ons leef in ‘n wereld met siek-siek mense.

JK ·

Natuurlik gaan hulle se dis gestig, al het hul nie n clue waarna om te kyk nie. Nie lank gevat voor die eerste profete hulself bekend maak op tv en koerant nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.