Foto: Heli stort op N12 neer

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Helikopter het Dinsdagaand op die N12-hoofweg in Benoni aan die Oos-Rand neergestort nadat die vlieënier gedwing is om ʼn noodlanding te maak.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die helikopter het naby die Snakeweg-afrit neergestort. “Die helikopter het glo meganiese probleme ervaar en die vlieënier is gedwing om die helikopter te land.”

Volgens Rossouw het die helikopter nie enige voertuie of voetgangers getref tydens die ongeluk nie. “Die vlieënier het slegs ligte beserings opgedoen.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HA Hanekom ·

Baie dankie vir kwaliteit beriggewing in Afrikaans, en mag Maroela Media van krag tot krag gaan in die vestiging en uitbouing van die Afrikaanse identiteit

Jenny ·

Any landing you can walk away from is a good landing, welldone to this pilot

Dave ·

Hanekom noem ‘n berig waarin ‘n noodlanding as ‘n neerstorting beskryf word, ‘kwaliteit beriggewing’. Berigskrywer en Hanekom, al was dit klaarblyklik ‘n onnodig harde landing, blyk dit steeds ‘n beheersde landing gewees het. Mag Maroela moeite doen met meer akurate en beter beskrywende beriggewing en mag mense wat kommentaar lewer poog om gereelde realistiese kommentaar te lewer. Mag Maroela verklarende woordeboeke bekikbaar maak vir die berigskrywers sodat hulle die betekenis van woorde kan onderskei. En bowe alles dit, mag julle almal ‘n Geseënde Kersdag geniet en ‘n Nuwe Jaar ervaar waarin alles nuut, vars en voorspoedig is.

pieter ·

dit wil vir my voorkom asof die vliegtuig neer gestort het tydens n poging tot noodlanding. dit is verblydend dat die vlienier ongedeerd is, maar dit is nie noodwendig bewys dat dit n noodlanding was nie en andersom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.