Verskeie mense, waaronder twee swanger vroue, het Saterdagaand ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor in ʼn eetplek waar hulle was ingeploeg het.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Longstraat in Newlands in die weste van Johannesburg plaasgevind.
“Die bestuurder van die motor het na bewering beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en deur die heining van die eetplek geploeg het. Die voertuig het teen die eetplek se muur tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.
Met paramedici se aankoms het verskeie mense op die toneel rondgeloop.
“Paramedici het die omstanders, waaronder twee swanger vroue, ondersoek en gelukkig is niemand beseer nie. Die bestuurder is ook ondersoek en is ongedeerd.”
Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Mense dink hulle is in n Fast and Furious fliek!
Wanneer gaan mense grootword?
Wanneer gaan mense besef dat agter n kar se stuur inklim is nie n action-movie nie!
Seker die rem- en petrol-pedale wat deurmekaar geraak het.
Wonder of iemand nou by daardie restaurant verbied gaan word…
Hy was seker haastig om sy take-away te kry voor dit koud raak
Die probleem is dat enige iemand vinnig kan ry, maar nie enige iemand kan vinnig stop nie!