[Foto] Kar ploeg in eetplek in

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Verskeie mense, waaronder twee swanger vroue, het Saterdagaand ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn motor in ʼn eetplek waar hulle was ingeploeg het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Longstraat in Newlands in die weste van Johannesburg plaasgevind.

“Die bestuurder van die motor het na bewering beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat en deur die heining van die eetplek geploeg het. Die voertuig het teen die eetplek se muur tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Met paramedici se aankoms het verskeie mense op die toneel rondgeloop.

“Paramedici het die omstanders, waaronder twee swanger vroue, ondersoek en gelukkig is niemand beseer nie. Die bestuurder is ook ondersoek en is ongedeerd.”

Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Weereens... ·

Mense dink hulle is in n Fast and Furious fliek!
Wanneer gaan mense grootword?
Wanneer gaan mense besef dat agter n kar se stuur inklim is nie n action-movie nie!

Johan ·

Wonder of iemand nou by daardie restaurant verbied gaan word…

Swartkat ·

Hy was seker haastig om sy take-away te kry voor dit koud raak

Karel ·

Die probleem is dat enige iemand vinnig kan ry, maar nie enige iemand kan vinnig stop nie!

Cherokee ·

‘Waar hulle uitgeëet het, ingeploeg het’.
‘…na bewering beheer oor sy voertuig verloor het’. (shucks Phillip Bruwer, dink jy dit kon dalk ‘n terro-aanval gewees het?)
Kay okay…. dit was met ‘n glimlag gesê…:-)

Johan. H. ·

Dalk was dit n SPUR want niemand is ernstig raak gery nie,,, Haaahahaha

Johann Marx ·

Huh? Yanky’s in Longstraat in Newlands is nie ‘n “restaurant” nie? Al “uiteet” wat jy daar kan doen is om hulle King Kong Burger uit die pizza-boks te eet waarin jy dit kry!!! Maar sedert die onlangse debakel is enige plek ‘n “restaurant” gemeet aan Spur!!

Phillip ·

Dankie vir jou terugvoer Johann, ons het die berig gewysig.

Groete

Phillip Bruwer, nms Maroela Media

Cherokee ·

Ag nee:-( Uiteet en inploeg het soort van bruikbaar geklink!

Scalla ·

Daar word met n trekker geploeg, die bestuurder van die motor is die oorsaak, van ploeg weet hy niks, was seker onder die prop

Jeannette ·

Ag, Scalla – die woordgebruik van “ploeg” is korrek. Daar is meervoudige gebruike van dieselfde woorde in alle tale. Ja, jy ploeg ‘n land om, maar jy kan ook met jou lyf êrens in ploeg, asook met ‘n motorvoertuig. En dit is nie noodwendig dat die bestuurder “onder die prop” was – m.a.w. gedrink was – soos jy noem nie. Die motor se remme kon gefaal het of die bestuurder kon die brandstofpedaal in stede van die rempedaal getrap het (dit gebeur baie met my a.g.v. diabetiese neuropatie in my voete).

Ernst ·

Of miskien het die bestuurder gedink dis ‘n ” road house “

Mike Kaapstad ·

Oh hahahaha julle maak my dag vandag al die berigte het gepaste kwikslae………….

Mike ·

Miskien moet JY nie bestuur nie JEANNETTE ! WANT IEMAND WAT DIT DOEN IS DEFINITIEF ONBEVOEG….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.