[Foto] Man gesoek vir verkragting van minderjarige

'n Identikit van die verdagte. Foto: Verskaf

‘n Identikit van die verdagte. Foto: Verskaf

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan met inligting om ʼn man op te spoor wat na bewering onlangs ʼn minderjarige meisie aan die Wes-Rand ontvoer en verkrag het.

Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte, vermoedelik tussen 30 en 35 jaar oud, het die minderjarige slagoffer glo op 28 September omstreeks 15:30 in die omgewing van die Middelvlei-kleinhoewes ontvoer en verkrag.

Die slagoffer het die voorval aangemeld en die polisie bygestaan om ʼn identikit van die verdagte saam te stel.

“Die verdagte het ʼn rooierige gelaatskleur, is skraal gebou en sowat 1,68 meter lank. Hy het ʼn krapmerk aan sy nek en het die slagoffer in Engels aangespreek,” het Ernst gesê. “Hy het bruin oë en kort rooierige hare.”

Die man het die dag van die voorval met  ʼn bakkie gery en ʼn T-hemp, kort broek en swart stewels aangehad. Daar word vermoed dat hy in die Randfontein-omgewing kan wees.

Die Wes-Rand se eenheid virgesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek die voorval. Mense wat weet wie die man moontlik is, of waar hy hom bevind, word versoek om sers. Thobeka Nkosi by 011 951 1111 te bel. Inligting kan ook anoniem by 0860 010 111 of per SMS aan 32211 weergegee word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Logika ·

hul se dan hy het rooi hare en rooi gelaatstreke, so natuurlik is hy dan wit?!

Denise ·

Die mans wat so vrouens en jong meisies verkrag en bejaardes dit vat n laaaaaaang tyd vir die persoon om oor dit te kom soms is n leeftyd nie lank genoeg om die pyn te verwerk nie!!!!

Mike ·

Maak nie saak of hy wit, rooi, bruin,geel of swart is nie hoop hy ry aan die pen.

Lettie ·

Dis is net kommer wekkend dat die inligting nou eers deur gegee word aan Maroela.

sdl ·

Lettie
Het al gehoor van slagoffers wat heel wat later eers sekere dinge kan onthou. Mens se bruin kan tramatiese gebeure eers afsny en later met berading weer na vore bring. Ek dink dit is die geval hier dat die Identikit nou eers gedoen is. Hoop net hy word gevang voor dit dalk te laat is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.