Foto: Mars van naby

Nasa het Maandag daarin geslaag het om die Curiosity-kernkragaangedrewe motor veilig op die rooi planeet neer te laat. Curiosity het net na 07:30 op Mars geland.

Volgens Nasa is die Curiosity soos ‘n spinnekop op ‘n draadjie op Mars se oppervlak neergesak. Die neerlaatproses is met ‘n ruimte-hyskraan gedoen tesame met die wêreld se grootste supersoniese valskerm.

Die Curiosity is die grootste ruimtevaartuig van sy soort wat op Mars geland het. Sy hoofdoel is om na tekens van water te soek, en meer bepalend, wanneer daar vloeibare, oppervlaktewater op Mars sou gewees het. Vroeëre ekspedisies en ruimtefoto’s het getoon dat daar water onder die oppervlak is, en dat dit skynbaar soms op plekke na die oppervlak syfer.

Die Curiosity-missie kos sowat $2.5 miljard. Lees meer oor die missie hier. Klik hier om die Curiosity se avonture op Twitter te volg.

Hier volg ʼn video wat illustreer hoe die landing plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Is dit “die wêreld” se grootste supersoniese valskerm wat op hierdie sending gebruik is, of is dit Mars se grootste supersoniese valskerm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.