Foto: Polisie soek dié paartjie

Die polisie is op soek na die paartjie. Foto: Verskaf

Die polisie is op soek na die paartjie. Foto: Verskaf

Die polisie in Gauteng het ʼn beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf wat sal lei tot die inhegtenisname van ʼn jong paartjie wat glo betrokke is by ʼn bedrogsindikaat.

Kapt. Kabelo Marumo, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes word ook gesoek op aanklagte van sameswering tot moord, die rig van ʼn vuurwapen, die oortreding van ʼn hofbevel, diefstal en minagting van die hof.

Die paartjie, onderskeidelik 26 en 24 jaar oud, word gesoek in verband met 16 sake waarvan nege bedrogsake is. Volgens Marumo maak hulle van verskillende modi operandi gebruik om hul slagoffers te teiken. In sommige gevalle het hulle glo vals advertensies aanlyn geplaas in verband met die verkoop en huur van eiendomme. Slagoffers het dan geld in die paartjie se bankrekening betaal waarna hulle dit glo onttrek en gevlug het.

Marumo het gesê die paartjie maak glo van vervalste identiteitsdokumente sowel as vals elektroniese oorplasing-metodes gebruik. Die verdagtes is al sedert 2013 soek en reis ook glo dikwels na naburige Afrika-lande.

Enigiemand met inligting oor die paartjie kan lt.kol. Hennie de Jager kontak by 082 568 4606 of 082 968 7310.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Carel ·

Vir almal wat so die doodstraf vra, dink twee maal daaroor!!

ig ·

Carel wat is daar om oor te dink.Dit is n bybelse beginsel.Oog vir n oog.Het jy dalk geraamtes in die kas?

Akram ·

Carel, ek stem volkome met jou saam. Ons moet 2x dink oor die doodstraf. Ek het dit gedoen en weer gedoen en weer gedoen. Elk keer kom ek tot die slotsom dat dit die enigste middel is wat die gesag terug sal bring. Wat sal sorg dat mense in hulle spore trap. Dit is erg as n familie betrokke is by n moord, of n misdaat wat doodstraf regverdig, maar dit is mos daai persoon se probleem. Hoekom het hy betrokke geraak? Ek ondersteun dat die dood straf terug gebring moet word.

Jan ·

Ig, ek dink nie “oog vir ‘n oog” is ‘n Bybelse beginsel nie. Nietemin, hoekom sal mens die doodstraf in die hande vd ANC wil laat?

joggie ·

Bring die doodstraf terug en die skuim van die aarde sal verdwyn,maak nie saak of dit famielie lid is nie skuim is skuim en hoort nie in die samelewing nie

liz ·

Ek stem vir doodstraf dan sal daar minder blankes doodgemaak word

a ·

Ek glo dat die meederheid van mense wat teen die doodstraf is, gelukkg nog nie in situasie was waar n familie lid of vriend brutaal vermoor of verkrag is nie. Dit lyk my dat sommiges eerder die spreekwoordelike ” adder in die boesem” sal koester, as om die realiteid raak te sien. Mense behoort daai adder se kop pap te slaan en hom in die dieptes van die see te werp.

Hendrik ·

Ek weet nie hoe het die by ‘n debat oor doodstraf gekom nie, maar ek sal graag wil bydrae maak. Hoewel ek nie teen doodstraf is nie, is ek is ongemaklik daarmee om soveel mag in die hande van die huidige regime te plaas. Ons sien reeds hoe hulle ‘n grap maak van billike regsprosesse, dink net as doodstraf tot hulle beskikking is…

Carel ·

Hendrik, dis presies my punt ook. Wil ons regtig vir hierdie regering die mag gee om te kan dood maak?

Christie Joubert ·

Mense, ek wil ook baie graag die doodstraf terug hê, MAAR; Ons sit met korrupsie in die polisie en ook in ons reg stelsel. Kan julle dink watter foute daar gemaak gaan word?
Kan julle dink hoeveel onskuldige mense tereggestel kan word as gevolg van korrupsie?

Mariette ·

In die bybel staan draai die ander wang.. nie oog vir n oog nie.. mense moet ophou snert praat oor dinge waarvan hulle geen idee het

snel ·

Ja-nee, ek stem Mariette, oog vir n oog en almal is blind, en ja, Hendrik en Carel, die doodstraf werk in ander lande, maar hier gaan onskuldiges net hul lewe verloor as dit ingebring moet word. Ons is nou maar aan ons eie lot oorgelaat.

EMK ·

Kan ons nie van die verskillende name kry waaronder die twee duifies werk nie, net dat mens meer bedag is? @6 en 24 – die vrou lyk in haar vroëe dertigs – dalk nog een van haar bedrogstories – haar ouderdom!

jjobson ·

Die jong paartjie het i baie hoê IK, seepglad glibberig-span die VALKE in.

Yvonne ·

More,more, dink bietjie daaraan,doodstraf is alreeds terug,hulle maak nes hulle wil met ons mense!

Maronel` ·

Die 2 is hoeka al weer land uit met die vervalste paspoorte/identiteitsdokumente. En dan lyk hulle of botter nie in hul mond kan smelt nie. Dit is ‘n skande vir ons nasie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.