Foto: Twee sterf toe trok bakkie tref

Twee mense wat in die bakke gery het, is in die botsing dood. Foto: Verskaf.

Twee mense wat in die bakke gery het, is in die botsing dood. Foto: Verskaf.

Twee mense is Dinsdagaand in Johannesburg dood nadat ʼn vragmotor hul bakkie van agter getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het op die N12-snelweg naby die Jet Park-afrit plaasgevind.

“Die bakkie se agterkant is heeltemal in die ongeluk verwoes,” het Botha gesê. Twee mense wat in die bakkie was, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die oorsaak van die ongeluk word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andries ·

So word ons vermoor op hierdie paaie deur swaar voertuie. Solank daar nie beheer is deur die owerheid nie gaan dit so aanhou vir baie lank. Miskien is ek of jy die volgende slagoffer. Plaas asb. geskikte beamptes op die paaie om ons te beskerm.

2Roedolf1 ·

Dis net jammer julle motoriste sal nooit lyk my leer om nie die spasie voor n swaervoertuig te respekteer nie .Ons het dit nodig om veilig te kan stop en nie vir julle om dit vol te maak nie.

magda van zyl ·

Ek stem saam die trokke en swaarvoertuie moet van die paaie verwyder word

PURE BOER ·

Ek stem nie saam nie, maar eerder dat hulle weer en met sterker reels hul lisensies moet oor doen. Swaarvoertuie moet ook hul eie baan kry waar hulle moet ry. Ry hy in n vinnige baan ( wat ek baie sien) moet die voeruig verwyder word en die drywer moet sy lisensie verloor.

2Roedolf1 ·

Ons sal uit die regter baan bly as julle motoriste uit linker bane bly en by die spoedgrense ry op die hoe wee en nie voor ons in druk en dan briek of stadiger as die aanbeveelde spoedgrens kom ry nie .ons ry reeds 80km/h en teen opdraandes kan ons spoed val na so 40 km/h so kom ons respekteer mekaar want party motoriste ry regtig ………@en hoe het dit gekom dat die trok agter op n nuwe bakkie stop ??????

2Roedolf1 ·

En kom ons vat al die trokke van die pad af .maklik dan sien ons waar kry julle kos ,brandstof en wat alles ook deur ons vervoer word .En hoe veduidelik duisende swaervoetuig oprateurs aan hulle vroue en kinders waar kom die volgende ete vandaan .Dink voor jy sulke goed se asb

charlotta ·

Ek kan die trok drywers se frustrasie verstaan…….ek het al baie gesien hoedat motoriste voor die swaar voertuie inswaai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.