Foto: Venus voor die son

Foto: Nasa

Vir die wat nie Woensdagoggend kon sien hoe die planeet Venus voor die son wentel nie – Nasa het seker gemaak dat dié rare sterrekundige gebeurtenis gedokumenteer word. Die foto is Woensdag, Suid-Afrikaanse tyd, deur Nasa se Solar Dynamics Observatory geneem.

Die verskynsel was Woensdagoggend kort na sonsopkoms in die lugruim te sien toe die planeet Venus tussen die aarde en die son verbybeweeg het. Die volgende keer wat die verskynsel weer gaan plaasvind is in Desember 2117.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.