Foto: Vrou ontklee by Mandela-beeld

Foto: Twitter

Foto: Twitter

‘n Vrou het ‘n opskudding veroorsaak toe sy al haar klere uitgetrek en die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela in Sandton geliefkoos het, berig The Star.

Die vrou het glo Maandagmiddag in Nelson Mandela-plein rondgeloop voor sy haar klere in aanskou van lede van die publiek begin uittrek het.

Die spektakel het glo tot gevolg gehad dat kelners in nabygeleë restaurante hul bestellings verkeerd gekry het. ‘n Man is glo deur sy vrou oor die kop geslaan toe hy wou opstaan om die petalje van nader te beskou.

Die voorval het mense op sosiale media behoorlik aan die gons gehad met almal wat wil weet wie die vrou is. Sommige mense was egter nie beïndruk oor wat gebeur het nie.

Talle het die vrou se aksies as ‘onsmaaklik’ beskryf en daar het selfs ‘n debat ontstaan oor of die vrou se lyf goed genoeg lyk om in die openbaar daarmee te spog.

Megan Meas, bemarkingsbestuurder van Sandton City en Nelson Mandela-plein, het aan die koerant gesê hulle is bewus van die voorval.

“Dit was ‘n ongemagtigde voorval wat deur ‘n persoon in haar eie kapasiteit uitgevoer is op ons eiendom.”

Die vrou is nie aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Estelle ·

Beeld berig: “sy gaan nie vervolg word nie” wow amazing is dit nie! Was dit ‘n een van ons, was ons kaal bas en al agter tralies!

Aster ·

M.a.w. ek neem aan sy is nie een van “ons” nie? Ai, hoe kan ek dit nou vra sonder dat my vraag verdwyn, en sò dat jy kan verstaan wat ek wil vra? :-)

martie ·

Sy was of vol dwelms of onder die invloed want geen regdenkende mens sal so iets doen nie.

Belinda ·

Dink sy mis Mandela………………………..maar nou gaan sy wow wees op al die koerante en tydskrifte…………..shame sy het sekker gevries want dit was ook nie baie warm gewees nie………… :-) I rest my case!

VerVanRyn ·

Ek stem, as dit ‘n ander kleur kaal bas was het/sy in die tronk geslaap

Johann ·

En meer vrouens sou hul mans dan oor die kop geslaan het, VerVanRyn.

Jammer, maar ek kon dit nie inhou, dit moes uit.

Elizabeth ·

@Johann – ja nee kyk ek het ook hard gelag toe ek lees van die vrou wat haar man oor die kop geslaan het – wens ek kon dit sien, veral sy gesig toe die houe op hom val! En die kelners wat die bestellings verkeerd gekry het, ai! Nou-ja, sy het haar “5 minutes of fame” gekry, sê nie hoe!

Johann ·

Ek is bly, dat jy soos ek dit sien in die geestesoog, Elizabeth.

Daardie konsternasie op die plein en restaurante! Ai. Ek het ook lekker gelag.

ekke ·

Nee sowaar – ek kan nie vir jou sê wat ek hiervan dink nie. Die dame wou gesien word…nie ander manier nie. Alles waarvoor Madiba nie gestaan het nie, swaain wat sy nou is.

AF Rikinde ·

More klas : Soos elke volk sy eie unieke tradisionele geregte het( soos die onlangse hoender gereg) , het elke volk ook sy tradisionele kleredrag . Die westerling wat enigiets anders as dit aan hulle wil voorskryf of van hulle verwag is uit sy plek uit .

Marietjie ·

Dis seker die “stemme” wat haar aangesê het om dit te doen – voorvadergeeste en so aan. Sou wraggies die petalje wou sien met vrou wat haar man oor die kop gemoker het. Hahaha – hy wou nader staan – “om beter te kan sien, my kind”.

Aster ·

Liewe aarde! Kyk, so verneder ek myself nie. Ek is nogals kieskeurig.

Jas van As ·

Agge nee sies man, Maroela! Haal asseblief die vieslike foto af. My seuntjie lees gewoonlik al die nuus saam met my. Ek slaan gewoonlik sulke berigte oor voor hy kan lees, maar as hy die foto klaar gesien het, het hy dit gesien. Julle kan mos ‘n effe van ‘n beeld-verdowwer oor die onsmaaklike gedeelte sit.

Nico Strydom ·

Haai Jas.
Jammer daaroor. Die foto is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

Riaan ·

Dis interessant hoe hierdie voorval die kollektiewe afkeur van die natuurlike liggaam ontbloot. Is die liggaam dan iets so verderflik dat dit ten alle koste bedek moet word? Die vrou se optrede kan gesien word as n kunswerk wat sosiale konvensie aanspreek.

Elizabeth ·

@Riaan, mens kan agterkom jy is maar net moedswillig en soek reaksie!Natuurlik gaan jy dit ook maar kry! Ek dink nie dis ‘n geval van die vroulike liggaam se skoonheid afkeur nie, maar daar is ‘n tyd en plek vir alles. As sy kuns wou aanspreek deur haar liggaam moes sy dit in ‘n kunsgalery doen, nie in die openbaar nie, wat!

Estelle ·

Riaan laat ek jou reghelp “‘n liggaam is ‘n tempel van God” en definitief nie daar vir ieder en elk om oor te lag nie! Die prentjie se vir my “Madiba ek het ‘n nood, kan ek maar jou skoen gebruik” niks anders nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.