Foto: Vrou sterf, vyf kritiek ná trompop botsing

Die ongeluk op die M4 in Durban. Foto: Netcare 911

Die ongeluk op die M4 in Durban. Foto: Netcare 911

ʼn Vrou in haar 30’s is Woensdagmiddag in Durban dood en vyf mense is kritiek beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die M4 getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het in Umdloti plaasgevind. “Dit is nog nie duidelik wat tot die ongeluk gelei het nie. Die polisie sal ondersoek instel,” het hy gesê.

Volgens Botha het een van die voertuigwrakke ʼn gedeelte van die pad versper, en die beseerdes het oral oor die toneel gelê.

“Een van die motors het teen ʼn boom langs die pad tot stilstand gekom,” het hy bygevoeg. Hy het gesê die vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy is glo tydens die botsing uit een van die voertuie geslinger.

Onder die vyf mense wat kritieke beserings opgedoen het, is ʼn 15-jarige seun en ʼn kind wat een of twee jaar oud is.

Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na verskeie hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.