Foto: Vrystaat-ongeluk eis drie

Die wrak van die bakkie. Foto: ER24

Die wrak van die bakkie. Foto: ER24

Drie mense, waaronder ʼn negejarige seun, is Woensdag dood nadat die bakkie waarin hulle gery het verskeie kere op die N6 naby Smithfield in die Vrystaat gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê altesaam vyf mense het in die bakkie gery toe die bestuurder vermoedelik beheer daaroor verloor het. “Die bakkie het die pad verlaat, verskeie kere gerol en op sy dak tot stilstand gekom,” het hy gesê.

Die seun, asook ʼn man en ʼn vrou was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die ander twee pasiënte het geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel en na die Pelonomi-hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andries ·

Jy voel jammer vir mense as jy sulke ongelukke sien, maar aan die anderkant kan jy nie glo wat se kanse en spoed mense vat op ons paaie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.