‘Foto weerspieël nie skool se ware karakter’

Die beheerliggaam van die Laerskool Schweizer-Reneke sê die foto waarop swart en wit gr. R-leerders afsonderlik sit waaroor ʼn landwye bohaai ontstaan het, “weerspieël nie die ware karater van die skool nie”.

“Die Laerskool Schweizer-Reneke is trots op sy geïntegreerde leerderkorps,” sê Jozeph du Plessis, voorsitter van die skool se beheerliggaam, in ʼn verklaring. “Die skool se etos berus op inklusiwiteit as ’n weerspieëling van die breër Suid-Afrikaanse samelewing.”

Hy sê die foto weerspieël net “’n enkele oomblik in ’n klaskamer en is geneem en aan ouers gestuur om hulle gerus te stel oor hul kinders se eerste skooldag in gr. R.”

ʼn Tweede foto doen ook die ronde in die sosiale media waarop die kinders “geïntegreer” sit.

Die eerste, omstrede foto is, volgens ʼn anonieme ouer van ʼn gr. R-leerder, vroegoggend geneem nadat die vier swart leerders wat apart sit pas aan die skool ingeskryf is en die wit kinders op die foto reeds sitplekke in die klas gehad het.

Die tweede foto is blykbaar ná eerste pouse geneem nadat die klasjuffrou, wat intussen geskors is hangende ʼn ondersoek deur Noordwes se onderwysdepartement, kans gehad het om sitplekke aan al die leerders toe te wys, ongeag hul ras.

Die beheerliggaam het egter nie dié bewering bevestig nie en in die verklaring geen verduideliking gebied oor die gebeure wat die foto’s voorafgegaan het nie. Du Plessis kon ook nie Donderdagmiddag telefonies bereik word vir verdere kommentaar nie.

Leerders uit verskillende agtergronde, hetsy ras, geloof of taal, word nie bloot geakkommodeer nie …

Luidens die verklaring keur die beheerliggaam enige rasse-onderskeid ten sterkste af. “Leerders uit verskillende agtergronde, hetsy ras, geloof of taal, word nie bloot net geakkommodeer nie, maar ten volle geïntegreer in alle aspekte van die skoolomgewing.”

Du Plessis sê hulle sal personeellede ondersteun in aspekte waar dit aan die lig kom dat integrasie nie na wense plaasvind nie. “Die beheerliggaam sal ondersteuning en opleiding bied waar behoeftes geïdentifiseer word.

“Die beheerliggaam is verbind tot integrasie en om ’n positiewe bydrae tot die samelewing te lewer. Ons sal dus toesien dat die nodige hulpbronne en toegang tot inligting en opleiding aan personeel beskikbaar gestel word.”

Die behoeftes van leerders is ons eerste prioriteit.

Du Plessis sê die Laerskool Schweizer-Reneke het ’n trotse geskiedenis en leerders uit verskillende agtergronde wat in die skool was, presteer op hoërskool en op alle vlakke van die samelewing. “Die behoeftes van leerders is ons eerste prioriteit en alles moontlik sal gedoen word om ’n omgewing te skep waar hulle veilig en gelukkig kan ontwikkel en groei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Die hele storie word nou weer uit verband geruk. Iemand soek maar net weer sensasie. Aantygings belaglik.

Paul ·

Daar is ‘n enkele swart-en-wit foto van ‘n paar jong kinders, een naak, wat voor soldate, tydens wêreldoorlog 2 , op ‘n verlate pad uit hardloop, donker onweerswolke in die agtergrond, dit is aangrypend en maak tot vandag toe opslae. Wat ‘n enkel foto nie kan doen nie.

Die feit is, dit het gebeur. Maar met die politieke situasie in ons land waaroor elkeen oorgevoelig is, en dit is almal vir jare al van bewus, toenemend die jongste tye, (kyk wat het in Desember laas maand op Clifton se 4 de strand gebeur) waarom dan nog vir die ouers van die kinders so ‘n foto stuur, al is dit ter gerusstelling? Hierdie is maar een situasie wat enigeen in die land moes kon voorsien.

En toe gebeur dit op die kleingoed se eerste skooldag, dit wat vir hulle en die ouers/grootouers iets besonders vir die res van hul lewe moes wees. Hulle is van daardie kleinoot ontneem.

Tertia Human ·

dis absoluut siek!!!! ek herhaal siek!!!!!!!!! die media is siek!!!!!!!!!!!!!!!!!!! loop kry n dag job en hou op om gemors te publiseer

Gatvol ·

Dit is absoluut pateties om die minste te se. Media ruk altyd alles uit verband uit en politieke figure soek altyd n rede om enige iets in rassime te ontskep, soek net sensasie en wil tog so belangrik voel en wys hul het nog n mede landsburger gesink. Dis om van naar te word.

Retha Roux ·

Die regerende party en sy aanhangers ruk alles uit verband. Later toe almal sitplek gekry het toe sit hul tussen die wittes en langs mekaar en teken

Linda ·

Hoekom kon die ouer nie eers opvolg en met die Hoof bespreek nie? Nou word die hele ding uit verband geruk.

Erik ·

Ek moet sê dat as ek ‘n swart ouer was sou die foto my ook ontstel het, maar ons ken nie die volle verhaal nie en glo dat die onderwyseres dit sal kan verduidelik. Ek dink wel dat daar ‘n te groot bohaai opgeskop word. Ek is self ‘n onderwyser in ‘n multikulturele skool en dit gebeur dikwels dat swart of wit leerders apart sit. Dit kan wees uit keuse of selfs indien hul alfabeties ingedeel word en dan het die meeste swart leerders vanne wat met ‘M’ begin so sit bymekaar. Maar niks hiervan word geforseer nie en is leerders se eie keuse. Meeste leerders is in elk geval teen die tyd al goed geïntegreer.

Paul ·

O ja, en niemand het gesê die foto is ‘n weerspieëling van die skool se karakter nie, ek vir een het nie eens daaraan gedink nie, net dat daardie juffrou nie reg opgetree het nie.

Peter Holmes ·

Ek hoop Solidariteit of Afriforum kry n dringende interdik om die onderwyser se skorsing te beveg. Hiedie is suiwer stemwerwery deur die regering en die groot opposisie party (ANC LITE).

Celeste ·

Maroela sal julle asb die 2de foto vir ons kry dat ons kan sien of dit waar is dat die juffrou die kinders weer geskuif het na ander sitplekke

Retha Roux ·

Daardie tweede foto is op Afriforum op fb beskikbaar. Gister gepost en ek het dit ook op my time line gepost onder my naam

Jan pierewiet ·

Dis n aanval op die skool…
1 Is daar enige van julle wat julle kind in sulke omstandighede gaan plaas sonder n agenda?
2 As dit wel so sou wees sou ek as ouer verseker die onderwyser se plasing waardeer het want daardie kinders sal verseker binne 2 dae begin interaksie he en volgens hulle eie keuse en tempo intergreer soos hul gemoed dit lei.

KINDERS DAAI OUDERDOM, SIEN NIE KLEUR OF RAS…. HULLE JOL!!!!!

Paul ·

Hierdie en derglike slaggate, of dit nou in hierdie geval vooraf beplan was al dan nie, word veral deur Lesufi, Gautengse LUR vir die Afrikaanse skole daar gestel, vir paar jaar al, die wat nie daaruit leer en hoe om derglike situasies te hanteer nie, sal nooit nie. Feit bly staan, daar word goedkoop ammonusie uitgedeel.

Gerhardb ·

Ek vermoed daardie spesifieke foto is met opset geneem om sensasie uit te lok….

Chris ·

Die onderwyseres het die foto geneem en dit aan die ouers gestuur om hulle gerus te stel.

jaco ·

As jy wit is, BLY WEG vanaf sosiale media.
En dink ook maar goed oor beroepskeuse. Dit verbaas my dat dié juffrou én die skoolhoof albei wit is. Wat dan van regstellende aksie?

Ina Jacobs ·

Stem saam. Dink 100 keer voordat jy iets op sosiale media plaas. Het vanoggend onmiddellik geweet daar gaan moeilikheid kom. Die juffrou moes maar gewag het met n foto. Was self gr. 3 onderwyseres vir baie jare… behandel alle kiddies dieselfde.

alwyn burger ·

Laat die saak ondersoek word deur regsgeleerdes (bevoegdes) soos in die Ashwin Willemse insident. Gewone amptenare kan geen objektiewe mening gee nie

Sanet ·

VERBIED SWART LEERDERS EN OUERS SUMMIER VANUIT AFRIKAANSE SKOLE….WAT NIÉ AFR MAGTIG IS NIE!!!!!!
WÁT DE JOOS…WIL HÚLLE IN AFRIKAANSE SKOLE KOM DOEN??

GENIALE ANC REGERING EN EFF KAN GERUS HÚL EIE KLEUR,KULTUUR EN TAAL SKOLE BEGIN STIG EN HULLE SWART KINDERS AKKOMODEER

Cicero ·

Meneer du Plessis, u en die ander lede van die beheerliggaam behoort die juffrou te beskerm. Uit die berig lyk dit of u so gretig is om polities korrek te wees, dat u vergeet om standpunt in te neem en te doen wat reg is.

Chris ·

Elders in die pers is berig dat die beheerliggaam reeds besig is om regsadvies in te win.

humor ·

Die aakligste persoonlikheidseienskap is sekerlik n negatiewe persoonlikheidsbeeld. Voeg nog daarby n dosis moedswilligheid en n gebrek aan selfverwesenliking.

E.K. die eerste ·

Maar in die eerste berig is genoem die kinders is net tydelik eenkant gesit omdat hul nie Engels of Afrikaans magtig is nie. Hoe kan die ouers in elk geval die kinders dan in so skool sit – hoe gaan hulle regkom? Die arme kinders gaan mos sukkel so waarom dit doen? Nou weer ‘n storie daaruit maak. Ai…

Chris ·

En toe neem die onderwyseres ‘n foto van die klas, terwyl die swart kinders eenkant sit en stuur dit vir die ouers.

Chris ·

E.K, jy is heeltemal korrek betreffende die Taal, die Laerskool is ‘n Afrikaans medium skool, maar die kinders is nie Afrikaans of Engels magtig nie. Jy vra waarom die ouers dan daardie kinders in die skool gesit het, ek wil egter vra, waarom is die kinders in die eerste instansie in die skool deur die skool se beampte wat die registrasie hanteer toegelaat, die kinders se ouers moes tog ‘n toelatingsvorm voltooi het wat die skool aanvaar het. Wat het die ouers daarin betreffende die Taal verklaar? Hoe is daar met die ouers gekommunikeer?

Hierdie aanvaarding was van meet af moeilikheid soek. Die voorbeelde met Lesufi, die LUR vir Gauteng en hoe hy sake daar hanteer, het ons vir ‘n paar jaar ook al geleer wat ons van die EFF en die gegriefdes kan verwag as daar probleme is. So wat nou hier gebeur het, moet vir niemand ‘n verassing wees nie.

Chris ·

Verdermeer, as ek reg verstaan, neem die skool hier en daar ‘n kind of so van die omgewing in wat nie Afrikaans magtig is nie, om hulle dan tog vir tydelik in hul eie taal te help, vir ‘n paar jaar al. Ek het idee die onderwerwyseres kan wel daardie kleintjies se taal praat. Maar dan het die skool ‘n lat vir sy agterent gepluk om nie ordentlik met die ouers te kommunikeer nie. Ook moes hulle kon voorsien dat die foto ‘n verkeerde indruk sou laat.

Chris ·

E.K, jy is heeltemal korrek betreffende die Taal, die Laerskool is ‘n Afrikaans medium skool, maar die kinders is nie Afrikaans of Engels magtig nie. Jy vra waarom die ouers dan daardie kinders in die skool gesit het, ek wil egter vra, waarom is die kinders in die eerste instansie in die skool deur die skool se beampte wat die registrasie hanteer toegelaat, die kinders se ouers moes tog ‘n toelatingsvorm voltooi het wat die skool aanvaar het. Wat het die ouers daarin betreffende die Taal verklaar? Hoe is daar met die ouers gekommunikeer?

Hierdie aanvaarding was van meet af moeilikheid soek. Die voorbeelde met Lesufi, die LUR vir Gauteng en hoe hy sake daar hanteer, het ons vir ‘n paar jaar ook al geleer wat ons van die EFF en die gegriefdes kan verwag as daar probleme is. So wat nou hier gebeur het, moet vir niemand ‘n verassing wees nie.

Wouter ·

Daar het julle dit.
Afrikaners stel glad nie in privaat Afrikaanse skole belang nie.
Hulle is tog soooooo versot op volkome integrasie.
Aldus die beheerliggaam.
In daai geval moet Afrikaners maar vir hulle kry.
My simpatie met my eie mense (die meerderheid in elk geval) raak elke dag ‘n klein bietjie minder en minder.

AJ ·

Die beheerliggaam kan lekker geld maak uit die leunaar deur die persoon te dagvaar vir NAAMSKENDING / LASTER! Sommer die media ook laat betaal vir dieselfde misdaad.
Maak ‘n voorbeeld van een so ‘n leuenaar dan sal die ander tweekeer dink voordat hulle “RASSISME” skreeu!

Jeremia ·

Engelse onderwyseres wat jare by eksklusiewe Engelse hoërskool skoolgehou het, het vertel dat die ‘rangordes’ altyd baie natuurlik uiteenval. Sodanig dat elke groepering pouses net op spesifieke plekke gesit het.
Sy het jare gehad om dit waar te neem.
Nogal stof tot nadenke vir die sensasiesoekers.

Elna ·

Ek stem 100% saam met Sanet. Elke kind is geregtig op geleerdheid maar ia ons witkinders welkom in hulle skole? Gaan ons kinders na hulle skole toe? Is daar iemand in ons land wat n ondersoek span in skole kan oprig om al hierdie onregverdigheid van skole teenoor ouers en kinders kan ontbloot en sodat die skole aan die pen gery kan word agv hulle koerupsie wat hulle so pleeg ivm die hoee belaglike skoolfondstariewe wat hulle elke ouer forseer om te betaal maandeliks plus dan moet jy handboekgelde ook betaal maar jy as ouer moet jou kind van skrifte en skryfbehoeftes voorsien. Waarvoor betaal ons nog skoolfonds vir watse rede?

Sanette ·

Gaan kyk op South Africa Uncut se Fb blad dan sal jy die ander 2 fotos sien wat later daai dag geneem is.

elizna ·

Beheerraad nie hul sout werd. Seker dien hulle net op die raad om hul eie bloedjies te bevorder. Waar is die leerkrag se beskerming. Kyk maar pousetyd speel swart saam met swart en wit saam met wit. Wie se skuld is dit. Komaan Beheerraad. Julle moet man up. Wie het julle verkies. Klomp slapgatte.

Boerin ·

Hoekom ruk al die witmense van die hele provinsie nie op na die skool nie. Duidelik is daar teen hulle gediskrimineer. Terwyl die 4 swart kinders voorgetrek word, moet die hele klomp wit kinders saam sit. Hulle kry nie die individuele aandag van die onderwyseres wat die 4 swart kinders kry nie. Hoekom sit hulle nie net in groepies van 4 nie?
Ok maar goed wit mense voel nie minderwaardig nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.