Fotograaf gevonnis oor kinderporno

Riaan Roux. Foto: Facebook

Riaan Roux. Foto: Facebook

Riaan Roux (46), ʼn fotograaf van Klerksdorp in Noordwes, het in die plaaslike streekhof skuld erken nadat meer as 2 000 pornografiese foto’s van kinders in sy besit gevind is.

Roux het ʼn pleit- en vonnisooreenkoms met die staat aangegaan waarin hy erken hoe hy onder die gebruikernaam Daswolf die foto’s van die internet afgelaai en op ʼn hardeskyf gestoor het.

Volgens die inligting in die ooreenkoms het Roux se aksies vir die eerste keer in 2015 aan die lig gekom toe die polisie inligting van Interpol in Rusland ontvang het van ʼn moontlike verdagte in Suid-Afrika wat pornografiese foto’s en beeldmateriaal van kinders aflaai. Die IP-adres wat gebruik is om die pornografie mee af te laai, is met Roux verbind.

Roux se huis en fotografiese ateljee is deursoek en die polisie het op skootrekenaars, geheuestokkies, hardeskywe en selfone beslag gelê. Altesaam 2 391 foto’s van minderjarige kinders, wat kaal in speelareas en op strande afgeneem is, is gevind. Roux is uiteindelik in April verlede jaar op ʼn aanklag van die besit van kinderpornografie in hegtenis geneem.

In die pleitooreenkoms erken Roux hy het beplan om die foto’s af te laai en hy is nie deur iemand anders beïnvloed om dit te doen nie. “Ek aanvaar daar is geen verskoning vir my optrede nie,” het hy gesê.

Die staat het aangevoer dit is verswarend dat Roux ʼn professionele fotograaf is wat dikwels vertrou word om foto’s van kinders te neem tydens fotosessies of by skoolbyeenkomste. Die staat het ook aangevoer dat Roux die ervaring en toerusting het om foto’s te redigeer, wat “nie ʼn ongewone praktyk is vir mense wat kinderpornografie vervaardig, versprei en besit nie”. Roux het nie self die pornografiese foto’s wat in sy besit gevind is geneem nie.

Roux is ʼn boete van R5 000 of 18 maande tronkstraf opgelê, asook ʼn verdere drie jaar tronkstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Sy naam is in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem en die hof het gelas dat hy onbevoeg is om ʼn vuurwapen te besit.

Roux is in 1990 op twee aanklagte van diefstal skuldig bevind en in 1994 op drie oortredings van die Wet op Plofstowwe. Hy is verloof en is die pa van twee minderjarige kinders. Die kinders is nie in sy sorg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

w ·

Sjoe ma sy straf is lig. Sy verloofde moet dadelik di verlowing verbreek. Hy kan nooit naby kids vertrou word ni. Siek B

ADRIAAN ·

die storie wat ek het is dat dit op hom geplant is,so my vraag is,is daar konkrete bewyse dat hy dit self af gelaai is of kon dit deur sy wi fi router af gelaai gewees het na sy pc toe.

Adriaan WORD WAKKER! ·

“Ek aanvaar daar is geen verskoning vir my optrede nie”
Het hy dit op homself geplant?!
Regtig!?
Klim asb onder jou klip uit!

Justice ·

Adriaan die storie wat Maroela op feitlike inligting publiseer erken Roux dat hy alleen skuldig is en niemand anders nie. Ek kan net hoop en vertrou dat sy verloofde deur “Daswolf” in skaapklere sal sien.

Denise ·

Vir so n oortreding is sy straf hopeloos te lig liewe hemel dit is onskuldige kinders wie se fotos hy het dit walg my dat n man wat self twee kinders het so duiwels kan wees!!!! Jy moet baie ledig wees om so laag te daal en ons almal weet wat veroorsaak ledigheid!!!!

Lettie September ·

Sjoe @Adriaan, dan moet jy darem vreeslike vyande hê as iemand so iets op jou plant. Onthou die tronk sit vol onskuldige mense.

ADRIAAN ·

volgins sy verduideliking aan my op mesenger lyk dit die geval te wees,tensy iemand anders lig op die onderwerp kan gee rondom my oorspronklike vraag

Chaparel ·

Sy straf is te lig, hoe haal hy dit in sy hoof om so iets te doen en besef hy wel dat hy sy verloofde en kinders verskriklik seer gemaak het.
Lewer hom uit aan Rusland hulle weet raad met so iemand

Paul Potties. ·

Hy kom te lig af dink ons Vader gaan hom eendag sort………

m ·

Hy het skuld erken volgens die artikel. Hoop daai vrou beeindig die verlowing hierdie ou is siek.

Johann ·

Wees dankbaar ek het jou nie gevonnis nie ou grote, jy sou beslis nie so lig daarvan af gekom het nie

dirwou ·

Die porno is aafskuwelik. Plofstof nie reg nie.As jy poeier in jou onderbroek Gooi en skiet jou self met die onderbroek rek die rook wat jy sien is plofstof. Springstof is die woord

ADRIAAN ·

die persoon wat die onderstaande geplaas het,verskaf asb jou mail adress sodat ek vir jou i gesprek tussen my en roux kan mail dan sal jy verstaan hoekom ek dit vra,en onder i klip uit klim……..pasop wat jy kwyt raak en of wie jy so manhaftig wil beledig voordat jy a-z van i storie het,lees die gesprek dan oordeel jy weer.

Elize C ·

ADRIAAN, is dit dalk moontlik dat die man die epos vir jou gestuur het VOOR die ondersoek-eenheid onteenseglik kon bewys dat hy dit self gedoen het, dalk het hy tydens sy epos aan jou nog gedink hy kan probeer wegkom met die “plant”-storie. maar toe later besef die bewyse teen hom is oorweldigend, die dat hy toe erken het dat hy self dit gedoen het en niemand anders betrokke is nie. Sonie is hy besig om iemand te beskerm…. Daar kan so baie weergawes wees, laat ons hoop die waarheid kom uit. Hoe dit ook al sy, dit bly onverskoonbaar, ek sal hom nie graag naby kinders wil sien nie, veral nie met ‘n kamera nie. Net om te KYK na (duisende!) foto’s van naakte kindertjies, is klaar ‘n gevaarteken van ‘n sielkundige afwyking.

ken benoni ·

Verstaan nie meer die vonnisse wat op gelē word!. Hy sal dit weer doen dit skrik na af nie..

DontTalkNonsense ·

Where there is smoke there is fire. For every rat you see there is 50 you dont see! How can he admit guilt, then tell Adriaan its a plant. Sounds like a classic case of “im sorry I got caught BS!” and Im a victim. Being a victim and blame shifting is typical. If he truly wants to be free from this, now is his 1 and only opportunity to come clean, and when I mean clean, I mean 100% transparency…if not, he will hide behind the false image. He is a man caught in deep dark sin and is litteraly in a prison for his soul. I hope he take the hard road to freedom or he will never be free. Very very sad, but as the theologian spurgen said “if not for the grace of God that could be us”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.