Fotograaf sleep regering hof toe oor Mandela-foto

Shaun Earl Harris, ʼn fotograaf, eis R20 miljoen skadevergoeding van die Suid-Afrikaanse regering vir die onregmatige gebruik van ʼn foto van oudpres. Nelson Mandela wat hy ʼn dekade gelede geneem het.

Harris het gesê hy doen nou regstappe om die “kopiereg-oortreding” aan te spreek. Hy het gesê hy moes noodgedwonge die saak in die openbaar aan die lig bring, omdat hy tevergeefs probeer het om met die regering oor die kwessie in gesprek te tree.

Harris het verduidelik dat die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS) in 2006 die lisensie gekoop het om die foto, wat deur kopiereg beskerm word, in ʼn boek oor Mandela te gebruik. “Hierdie lisensie was egter beperk tot slegs een keer se gebruik in ʼn boek wat gepubliseer is en versprei is in Suid-Afrika,” het Harris verduidelik.

Volgens hom het die Mandela-gesin in 2013 die GCIS genader en gevra om al die foto’s wat hulle van Mandela het te sien, “aangesien hulle vir die ergste voorberei omdat sy gesondheid reeds begin agteruitgaan het”. Mandela is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 dood.

Harris het gesê sy foto is deur die Mandela-gesin as die amptelike foto gekies.

Harris het in ʼn verklaring gesê hy word verteenwoordig deur Andrew Boerner van Jurgens Bekker prokureurs in Bedfordview. Hy sê hy het al honderde voorbeelde van waar die foto plaaslik en internasionaal sonder die nodige toestemming gebruik is, bymekaar gemaak.

Volgens hom eis hy die R20 miljoen skadevergoeding weens die versuim om hom die nodige erkenning vir die foto te gee. Die eis sluit ook tantiemes in vir die wydverspreide gebruik van die foto sonder toestemming.

GCIS het in die verlede die bewerings wat deur Harris gemaak is erken en het drie jaar gelede beweer hulle is in gesprek met Harris om ʼn oplossing te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jo ·

Paragraaf 5: “Harris het gesê sy fotograaf is deur die Mandela-gesin …” Dit moet seker sy foto wees en nie fotograaf nie?

Dalene de Vente ·

Dagsê Jo
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Riette ·

Ek stem saam!!

Waarvoor is die kopiereg van iets dan?
Soos met musiek moet daar ten minste dan ‘n “royalties” kontrak bedrag in plek gesit geword het!!
Lyk my die klomp dink copiereg staan vir die 1 wat eerste by die xerox kom om ekstras te maak om te versprei.
Leer hulle nou ‘n baaaaie duur les!!

christa ·

ag het die man geld nodig? Daar is duisende fotos van Mandella en die een is maar net een uit die duisend. Regtig mense kan kleinlik wees.

Gert ·

Christa, fotograwe se inkomste is neem van foto’s. Wat hulle gedoen het is om inkomste van hom te ontneem. Hoe anders moet hy ‘n inkomste verdien? Verniet foto’s neem en gaan bedel op straat om ‘n bestaan te maak? Dit is sy beroep, so hy is geregtig op vergoeding.

Jz ·

Christa-,jy se, ek verstaan jy mag maar langs die pad n skaap vang en vat want daar loop duisemde rond.( Die foto is die eiedom van die fotograaf soos die skaap langs die pad deur iemand besit word.So vrae toesteming of los dit uit)

LB ·

Ek is soo moeg van die Mandela manie.. maak nie saak waaroor dit gaan nie..

Vermeende ·

Die fotograaf se bya day het uiteindelik aangebreek, goed vir hom.

fj ·

Kom ons verduidelik baie eenvoudig. Plaas jou adres ens. op Maroela sodat die res van ons jou besittings kan kom neem sonder om te vra en sonder om jou te vergoed.
Daar is geen verskil tussen die twee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.