Fotografiekompetisie gekanselleer ná herrie

Die advertensie wat wyd op sosiale media versprei is. Foto: Facebook

Die hospitaalgroep Mediclinic het ʼn kompetisie gekanselleer waarin fotograwe gevra word om hulle werk gratis in te skryf om ʼn nuwe hospitaal te help versier.

Beroepsfotograwe en veral diegene wat in kreatiewe bedryfsrigtings werk, was woedend ná die nuwe Mediclinic in Stellenbosch fotograwe genooi het om foto’s in te skryf wat gekies kan word om in die hospitaal te pryk – maar dit baie duidelik stel dat die fotograwe nié daarvoor vergoed gaan word nie.

In die uitnodiging wat wyd op sosiale media gedeel is, sê die hospitaal beroepsfotograwe en diegene wat as stokperdjie foto’s neem, is welkom om aan die projek deel te neem. Dis egter die vrywaring dat fotograwe krediet vir hulle werk gegee sal word, maar nie daarvoor vergoed gaan word nie, wat ʼn herrie ontketen het.

“Om ʼn fotograaf te wees, is ʼn beroep. My kamera kos geld, my sagteware kos geld. Ek kan nie my rekeninge met blootstelling betaal nie. In daai geval kan die dokters daar my mos ook gratis behandel – ons noem net mekaar se name op sosiale media en almal is happy,” het ʼn ontstoke fotograaf gesê.

Fotograwe wou weet of die argitek wat die nuwe hospitaal ontwerp het, die siviele ingenieur wat toesig oor die bouwerk gehou het, of selfs die binnenshuise versierder, se dienste óók gratis was. Hulle sê hoewel dit enigiemand se keuse is om deel te neem, moes die hospitaal die situasie anders benader het.

Sommige mense het selfs voorgestel dat fotograwe hulle hospitaalrekeninge afneem en dít vir die kompetisie inskryf.

In ʼn verklaring sê Mediclinic hy neem kennis van die negatiewe reaksie op die kompetisie. Hy vra om verskoning vir die “onsensitiewe oorsig” van die kompetisievoorwaardes, sowel as enige onbedoelde aanstoot wat dit kon gegee het.

Die kompetisie is in geheel gekanselleer en die voorval sal intern verder ondersoek word.

“By Mediclinic respekteer ons die talent en kreatiewe bydraes van mense vanuit alle skeppende bedryfsrigtings en die belangrike rol wat hulle speel op die gebied van media, korporatiewe posisionering en die fynere kunste,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

zoom zoom ·

Hoe is daai gesegde??
NIKS VIR NIKS EN BITTER MIN VIR ‘n SIKSPENS.

Vra maar net ·

Is dit nie dalk net goeie blootstelling vir ‘n talentvolle, opkomende fotograaf nie? Dit kon beter hanteer word maar tog is daar die potensiaal dat nog werk vir jou kan instroom weens die blootstelling. As jy voel jy het nie die gratis blootstelling nodig moet dan net nie inskryf nie of hoe??

Jack Russl ·

Presies hoe ek ook voel.

Duidelik die fotograwe het nie regtig werk nie, nou word daar weer na die “negatiewe” gekyk ipv die groter positiewe.

As jou werk regtig so goed is, gaan dit mos ‘n briljante advertensie geleentheid wees

War Horse ·

Is jy bewus daarvan dat “blootstelling” eintlik nog NOOIT vir enigiemand “werk laat instroom” het nie? Ek kan op een hand tel hoeveel verwysings en kliënte ek al geboek het dmv “blootstelling”.

Werk jy of Jack Russl vir “blootstelling”? Nee, ek waarborg jou julle albei verdien salarisse om dag in en dag uit op Facebook te sit.

Anna ·

Het jy al ooit na n foto of skildery by n dr spreekkamer gekyk en die naam van die kunstenaar raakgesien? Het jy al ooit daardie persoon gekontak om sy werk te koop? Nee. Dis nie hoe dit werk nie. As jy n produk wil hê, koop dit, dan is almal gelukkig.
As jy goed gratis weggee vir ‘blootstelling’ is die enigste blootstelking wat jy gaan kry nog mense wat goed verniet wil hê.

ABC ·

Dit kos nogsteeds ure se redigering en tyd van die “opkomende fotograaf”. Die persoon het geswot. Hy doen dit professioneel. Of vra jy maar jou haarkapper on jou hare gratis te doen vir blootstelling?

Jack Russl ·

War Horse jou waarborg beteken nie veel nie.

Ek verdien nie ‘n salaris nie, ek werk vir myself en sou daar so geleentheid opkom in my veld sou ek beslis van die geleentheid gebruikmaak.

Ja, dit sal tyd kos vir die fotograaf om die regte materiaal te kry. Dit sal ook die fotograaf geld kos om ander advertensies te plaas. So ipv om iemand geld te vra vir iets wat die fotograaf gedoen het en dan daai geld weer betaal vir ‘n adverteerder word hier basies betaal vir die fotos deur advertensie te gee.

Elke persoon het maar sy siening(en is geregtig daarop) en kan die positiewe of negatiewe raaksien. Hier is so baie negatiewe dinge in die land, sien bietjie die positiewe raak mense. Daar is nie agter alles ‘n duistere agenda nie.

Jan P. beliek ·

@Vra maar net en @Jack Russel;
Ek stem saam. Ek dink ‘n regte fotograaf sal trots voel omdat iemand dink hulle werk is goed genoeg om gewys te word of hulle betaal word daar voor of nie want dis hulle passie. En ek dink ook mense wat in die print en media bedryf werk sal goeie talent sien en kan moontlik die fotograaf opsoek.

@War Horse
Die woord wat dalk nie by jou opkom nie is Charity. Dis nie Charity-at-gun-point nie. As jy nie dit wil doen nie moet dan nie. Net omdat JY nie van die geur van die koek hou nie gee JOU nie die reg op daarop te gaan poef en dit te spoil vir ander nie. (My keyboard het ook ‘n shift knoppie)

@Anna & @ ABC
See @War Horse

Jack Russl ·

Dis gratis advertensie vir die fotograwe. Niemand dwing jou om deel te neem nie. As jy nie daarvan hou nie, moet nie deelneem nie, maar hoekom aanstoot neem oor alles.

Deesdae kyk almal vir iets waarmee hulle aanstoot kan neem. Loop net weg van dit af, deur net bloot weg te loop gaan dit jou nie armer maak nie.

Ek stem nie saam met wat iemand doen nie, so nou MOET ek almal vertel en ‘n groot storie maak van niks nie

Net so ·

Slaan jy die spyker mooi op die kop. Geleentheid sal altyd daar wees vir die een wat daarna soek.

Cherokee ·

En gratis advertensie vir dokters wat pasiënte gratis behandel. Dit sal uitgesaai word in die media, televisie en forums. Daar sal wel mense wees wat daarna ook graag gratis behandel wil word soos die meer besighede wat ook gratis sal wil adverteer vir fotograwe. ‘n Hospitaal laat pasiënte betaal vir elke pilletjie en elke naald. Fotograwe behoort hulle te laat betaal vir elke pixel en kleurskakering wat ontwikkel word.

Lynette Schultz ·

Vra maar net en Jack Russl, wat doen julle vir ‘n lewe? Of miskien vir ‘n stokperdjie? Miskien kan julle julle dienste (of tyd) GRATIS gaan aanbied aan Mediclinic (‘n multi miljoen maatskappy) vir ‘blootstelling’. Niemand – nie eens ‘n dodelike siek mens – word sonder mediese versekering of ‘n minimum R20 000,00 deposito in ‘n privaat hospitaal opgeneem nie. As julle dink hulle het nog geld nodig, gaan meld gerus aan.

TS ·

Ek is bly daar is soveel slimjanne wat gratis sal werk met eie toerusting van duisende rande net vir die blootstelling. In engels sê hulle Talk is cheap.

Hoe nou? ·

Die hele punt van blootstelling is mos om bekend te raak vir wat jy doen, om werk vir jou te genereer? Ek is seker daar moet iewers iemand wees wat dit nie nodig het maar ook iemand wat graag die geleentheid sou wou benut.

Ek het ·

Dis presies hoe ek in my beroep vasskopplek het. Toe ek as jongman geen werk kon kry want ek het nie ondervinding of naam gehad nie, het ek self ingespring en werk gratis gedoen. Vandag is ek n erkende spesialis in my veld.

Joe ·

Jack Russl het net lus vir gesels. n Fotograaf is n vakkundige op sy gebied – net soos enige ander persoon in n professionele beroep. Gratis en blootstelling gaan nie vir hulle brood op die tafel sit nie. Diegene wat Medi Clinic se optrede so verdedig : Raak wakker. Ons leef in die 21ste eeu!!

Henk ·

Mediclinic bewys maar net sy status as dief onder die diewe. Buitensporige duur tariewe en skroef almal waarmee hulle deel waar hulle ookal kan

Joe ·

Dis jou plig as fotograaf om seker te maak hoe dit werk, Mediclinic het duidelik niks oor betaling gese nie, so net omdat jý so aangeneem het, is jou eie probleem.

Slimjan ·

Die realiteit is dat fotografie verander het van ‘n stokperdjie na n uitbuiting. Mense tel ‘n kamera op en dan ewe skielik is hulle ‘n fotograaf.

Liewe fotograaf, om n paar fotos te neem en dae daaraan te werk op photoshop maak jou nie ‘n fotograaf nie. Photoshop is nie ‘n talent nie. Ek is jammer maar deesdae as ‘n mens nie R15 000 betaal vir troufotos nie is jy “cheap” en ken nie “kwaliteit” nie. R15 000 vir een dag se jol klink vir my na ‘n scam. As prokureur/dokter/advokaat kry mense nie eens daai tipe geld nie, hoekom sal ek vir ‘n ongekalifiseerde persoon daai tipe geld betaal? So ja, ek het geen respek of simpatie met fotograwe nie, hulle buit mense uit en soos bo gelees gee hulle nie terug aan die gemeenskap nie. Fotograwe moet kursusse en diplomas kry voor ek hulle krediet sal gee en meer as R1000 per dag betaal.

Hierdie is maar net my opinie, volgende keer as jy jou R250 vir die dag gekry het by jou werk, dink aan hoe lekker die fotograwe vir jou lag as hulle jou spaargeldjies vat vir n paar ure se werk en edit. En voor julle my kruisig, ek is n ekspert in fotografie, en is in n familie vol fotograwe.

Renschia Lambrechts ·

So as jy kennis van fotografie het, dan weet jy wat ons toerusting kos, versekering, sagteware, lang werksure by funksies soos troues, brandstof na venues, redigering, ure se beplanning aan fotoboeke? Miskien het jy fotograwe in jou familie wat dalk net die knoppie druk. Ek ken ook fotograwe wat 3 jaar geswot het en omtrent 500 000 vir die graad opgedok het. Daar is wannabe fotograwe wat mense uitbuit, maar moet asb nie almal onder dieselfde kam skeer niem die pro’s werk baie hard en spandeer n fortuin aan toerusting. Gratis advertensie mag dalk een uit ‘n honderd werk, maar die kool is op die ou einde nie die sous werd nie. Mense sien die foto en dink dis mooi, maar dis waar dit bly.

Lola ·

Liewe Slimjan……jou naam se alles. Oja, en jou opinie beteken niks nie.

Ek dog ek sê maar net... ·

Net nog ñ storm in ñ teekoppie. Dit sou dalk vir die nie so bekende fotograaf ñ goeie geleentheid bied. Waarom sou enige nuwe fotograaf nie so ñ geleentheid aandurf nie.

Piet Pompies ·

As ek lang ure oor baie dae by die maatskappy gewerk het is bestuur baie dankbaar daarvoor en dit gaan ook gepaard met die word dankie.
As ek kruideniersware laai in my trollie by ‘n winkel en kom aan by die betaalpunt, kan ek hoeveel keer die woord dankie gebruik, dit betaal nie vir die goedere.
Dit word groot besigheid boelie genoem!
Dieselfde met die fotograwe soos in die berig, groot besigheid boelie!

Dink net ·

Gaan doen julle beroepe vir blootstelling en kyk of julle rekeninge betaal word. Het dit te veel al gedoen. Dit werk nie… (Net nuwe fotograwe probeer dit). Enigiets wat iemand buitendien verniet kry word nie waardeur nie. Julle sal nie eers vir
4ure + (Dit vat eintlik langer om n ordentlike foto te kry: beplanning, foto neem korreksies, kommunikasie en vervoer) iets verniet doen nie, maar nou moet kreatiewe mense dit doen net sodat hy/sy dalk die moontlikheid het om sy foto iewers in die hospitaal te he? Buitendien is dit die verkeerde teikenmark. Gaan almal wat n familie lid verloor onthou hulle het n mooi foto in die hospitaal gesien en ewe skielik die fotograaf kry vir die begrafnis? Dink nie so…

Zelda ·

As n ontwerper sou ek spring vir die geleentheid. Dis blootstrlling… beste advertensie wat jy kan kry

M ·

Kan jy nou meer, dat sommige fotograwe so selfsugtig kan wees. Duidelik gaan dit nie meer oor ‘n passie vir die kuns van fotografie of om jou talent met ander te deel nie. Eerder net weer ‘n geval van wat kan jy terugkry as jy iets gee.
Miskien is dit tyd om weer stil te raak en te besef hoekom jy lief geraak het vir die stokperdjie. As jy bevoorreg genoeg is om ‘n beroep daarvan te kon maak – baie geluk.

Sal graag steeds wil foto’s instuur indien moontlik :-)

Groete,
‘n Mede Fotograaf

Deon ·

M – Gee is n goeie ding. Dit doen ek as professionele fotograaf met graagte, aan iemand wat dit baie nodig het. Nie aan n multi miljoen rand instansie wat my dienste kan bekostig nie.

Sann ·

Die vergelyking dat dokters ook hulle werk gratis moet doen “vir wyer blootstelling” is bietjie absurd. Jy kry nie noodwendig ‘n dokter nodig uit eie keuse nie. As jy siek genoeg is, dan gáán jy. Maar ‘n fotograaf…. Ek ken mense met baie duur kamera’s, wat regtig simpel foto’s neem. Fotografie is ‘n kuns, ‘n aanvoeling vir die volmaakte oomblik. ‘n Storie sonder woorde. Om jou besondere vaardigheid hiermee ten toon te stel, bly ‘n voorreg. Om dit sonder vergoeding te doen, maar in ‘n hoogstaande “gallery” soos hierdie, is beslis nie vernederend of uitbuitery nie.

Ben ·

Waaroor gaan mense nog protesteer wyl die land ondergaan? Hierdie storie word onnodig opgeblaas deur ‘n paar geldjagters, sonder enige sin vir sosiale verantwoordelikheid. Gelukkig verstaan ons ook na hierdie herrie hoekom daar “professionele” fotograwe is, dis klaarblyklik (en ongelukkig) ‘n versamel plek vir sommige klagatte met oorgroot ego’ s……Lees spesifiek die spul wat oor hierdie kompetisie loop kla en kerm het…..

War Horse ·

Ek daag elke een wat hulself nou so slim hou in die comments om ‘n twaalf-uur lange kommersiële shoot, troue of corporate event af te neem – sonder foute of verskonings! – terwyl ‘n kliënt in vuur in jou nek blaas.

Almal van julle is mos nou fotograwe, of hoe? En dis mos maklik, nie waar nie?

Karien ·

Ek dink nie mense sal skroom om dit verniet te doen as dit n sukkelende firma was nie, maar ek glo hulle kon seker pryse hier ingegooi het. Blootstelling is welkom, maar as hul gratis foto’s wil hê, of iets om die plek te versier, vra skoolkinders om prente te teken… die van hulle wat wil hul tyd spandeer om net te kan sê… dis my tekening daai. Nog n idee,; miskien moet die personeel hul kameras opneem en foto’s neem, dit kan vet pret wees en hul eie foto’s kan dan daar pronk.

Mickey ·

Wel,.as ek n fotofraaf was sou ek te trots gewees het as my werk gekies was om iewers te hang. Alles gaan tog nie altyd net oor geld nie of hoe?

Hans ·

Die reaksie van die fotograwe is regtig buitensporig- niemand dwing hulle om aan die uitstalling deel te neem nie.

Zelda ·

Nee Hans werk seker nie verniet nie, maar om die blootstelling te kry is mos fantasties. Seker sal die fotograaf krediet kry en ander instansies sal hom/haar nader vir werk. En soos dit nou al 1000de kere gesê is… JY KAN DEELNEEM AS JY WIL….. AS JY NIE WIL NIE DAN NEEM JY NIE DEEL NIE. Is dit sooooo moeilik om te verstaan.

helena ·

Ek was onlangs in Kimberley medi clinic en al daardie lewensgrote fotos op doek was absoluut mond-oophang-mooi. Ek dink dit is ‘n fantastiese advertensie veldtog vir fotograwe. Die foto word mos nie medi clinic se eiendom nie. Dit is slegs om jou werk te adverteer. Indien ek nie die fotos daar gesien het nie sou ek glad nie van die bestaan daarvan bewus gewees het nie. Nou kan ek ook spog met die allerbeste fotos in my huis. ‘n Mens kry deesdae niks meer gratis nie, advertensies kos geld en bemarking van jou produk ook. Gulde geleentheid deur die vingers????

Estelle ·

En hoeveel van die fotograwe se name kan jy onthou wat jy daar gesien het. Het die “blootstelling” gewerk? Gaan jy nou van hul dienste gebruik maak?

Albie ·

So Helena vertel my gou wat was die name van die fotograwe wie se werk jy in die Kimberly MediClinic gesien het Post sommer hul name hier sodat ons almal hulle Facebook pages en websites kan besoek om hulle daai uitmunrende blootstelling te gee wat aan hulle beloof is… ja ek het nie so gedink nie.

Karolis ·

Gigaba sal dit gratis skenk. Of moet dit ‘n natuur toneel wees.

Matie ·

Goeie idee, hospitale het immers mos met die liggaam tedoen.

JSP ·

Ag asseblief vlok tog! Hou op kerm oor alles jy met jou duur kamera.

Ek dink ·

Ek kan nou glad nie verstaan waaroor due fotograwe so aangaan nie. As jy nie tevrede is met die voorwaardes nie, moenie deelneem nie!

Lollie ·

Gaan soos enigiets anders. As jy nie van die reëls hou nie dan skryf jy nie in nie! So maklik soos dit!
As almal van ons die media wil haal met dinge waarvan ons nie hou nie gaan dit chaos wees!
Klakouse is die wêreld vol en NOOIT sal almal tevrede wees nie!!!!!

Johan du Toit ·

Ja nee n mens kan sien die wat so gal afgaan oor die fotograwe het nie n idee wat se toewyding en energie daar gespandeer word om n goeie foto te neem nie. Dit is nie n mik en druk en mog n troffe nie. Dit is hulle werk dit sit brood en botter op hulle tafels, ek glo nie een van julle werk sonder om n salaris te ontvang nie hoekom verwag julle dit van ander. En wat se bemarking of publisiteit is dit nou eintlik wie gee nou ag op foto’s en skilderye as jy jou mense gaan besoek in die hospitaal, my persoonlike opinie dit is uitbuiting van n multi miljoen rand besigheid om te verwag dat ander beroepe hulle werk verniet moet doen terwyl hulle jou nie eers sal toelaat in die hospitaal sonder n vet deposito nie.

Bittergal ·

‘n Hospitaal in die Vaal hang vol pragtige skilderye wat pryse op het. Dit kan by ontvangs gekoop word.

Jeremia ·

Blootstelling is nogal soos propaganda. Sodra mense gereeld jou naam sien dan steek dit vas en uiteindelik haal hulle die beursie uit. En siedaar!
Voeg daarby die nodige talent en jou kop is deur.
Jou toerusting, kennis en geleerdheid is deel van die hele pakket.
Kreatiewe werk én die werk van medici kan helaas nie met mekaar vergelyk word nie.
Iemand sal glad nie eens dink daaraan om ‘n mooi foto of skildery of boek te koop indien daar siekte is nie. Eersgenoemde is dan ‘n luukse.
En geen klaagliedere wat daaroor aangehef word om daarvan te verskil, sal iemand wat op sterwe na dood siek is, oortuig nie.
Só eintlik was hierdie ‘n puik geleentheid gewees in ‘n land waar die ekonomie ‘n uitgerekte klaaglied is.
Aanvaar dit nou maar – Jeremia betaal eers die dokter en die hospitaal. En onthou daardie fotograaf se naam wat oor en oor opduik.
Dalk gaan die lig op vir die stemvee, die regering word uitgeskop, dan die kom die land reg en skielik het Jeremia nie meer ‘n klaaglied om op te hef nie. En geld vir foto’s en sulke opheffende goed.

Canon ·

Het kompetisie gereël met R25 000 as prysgeld. Beroepsfotograwe se werk was nie sleg nie. Die wenner? ‘n Amateur wat van fotografie kuns maak en nie ‘n beroep nie.

Wat is die punt? Ek weet nie. Maar dit was ‘n baie goeie foto!

Jeremia ·

Canon het die saak 1ste klas saamgevat. Verdien Zeiss-lens vir die samevatting.

E.K. die eerste ·

Jis maar mense soek altyd iets om oor te baklei. Om woedend te word oor so-iets? Alla nee, nie goed vir die bloeddruk nie.

Ag wat ·

Dit lyk vir my die klomp verontregde fotograwe voel hulle word nie genoeg waardeer nie, nou kry ‘n kompetisie pak slae daarvoor. Soos een bekende akteur gesê het, drie vir die pot en een vir myself. Mense in alle vlakke van beroepe doen maar soms daar werkie wat nie die salarisse betaal nie. Groot ophef wat myns insiens onnodig is. Lees weer: Dit is ‘n kompetisie – nie ‘n opdrag nie!

henry60 ·

Ek ry elke dag verby n plek wat waterpompe installeer en groot borde op het. Eers toe ek n waterpomp wou installeer toe stop ek en skryf die nommer neer. Net so loop baie mense verby die foto’s en kyk daarna maar nie fotos wil doen nie, maar die dag as hulle n goeie fotograaf nodig het gaan hulle terug om die naam en/of nommer te soek. Baie goeie blootstelling maar die manne met die duur toerusting is bang vir die amateurs met hulle selfone……………………………

Jax ·

Dis mos hoe dit vandag gaan. Werk jou alie af en kry “next to nothing” en in die geval, eintlik “nothing”. In die kunste veld wil mense alles gratis of vir baie min betaling hê. As jy nie in die kunste wêreld is nie, besef jy nie eintlik wat die uitgawes van n kunstenaar werklik is nie. In baie gevalle is dit hulle enigste brood en botter.
Die kompetisie is verkeerd benader. n Kompetisie het gewoonlik n eerste, tweede en derde plek waar daar n prys aan verbonde is. Hierdie hospitaal-groep het duidelik gesoek na gratis skilderye vir hul mure en gooi publisiteit as “ betaling” voor die kunstenaars. Om als te kroon, moet 15 foto’s op n CD of geheue stokkie gesit word – alles gratis. Gaan die hospitaal groep die media teruggee of gaan die stokkies net “ verdwyn”. Die goed is nie gratis in die winkels nie!!!
Ek werk self in die kunste wêreld en moet dikwels hoor dat dit mos net n stokperdjie is – waarom is my pryse dan so “duur”? Ek kan dieselfde vra vir daai dokters, spesialiste en hospitaal-bestuur – hoekom is hulle pryse per patïent so duur – maksimum van 15 min per patïent teen byna R400 vir die skamele 15 min!
Jou graad en my diploma gee jou nie die reg om meer te vra en van my te verwag om gratis werk te lewer nie!

lili ·

Ek verstaan wraggies nie die herrie nie. As jy nie wil deel neem nie, moenie!
As jy nie betaling gaan kry nie en dit ontstig jou, moet nie jou foto’s instuur nie!
Maar nee, nou moet ons moan en dit vir ander ook spoil (insert eye rolling emoticon here).

HPV ·

Die versoek nogal van ‘n instansie wat maklik R1miljoen en meer vir ‘n maand se behandeling of versorging vra! Lagwekkend!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.