[Foto’s] 1 dood, 1 gewond en 2 vas ná gewapende roof

Foto: Verskaf.

Een verdagte is dood, een gewond en twee vas ná ʼn gewapende roof vanoggend in Centurion.

Arthur Crewe, woordvoerder van die sekuriteitsmaatskappy High Risk Unit het aan Maroela Media gesê Henk Roodts, een van hul sekuriteitswagte, was op pad na ʼn kliënt in Centurion en het verby die More-restaurant in Golflaan gery. Daar was ʼn gewapende roof aan die gang en een van die sekuriteitswagte het aan Roodts uitgewys dat die verdagtes in ʼn voertuig daar wegjaag.

“Roodts het hul agternagesit en daar het ʼn skietgeveg tussen hom en die vier verdagtes ontstaan. Hul motor kon nie verder ry as gevolg van die skade wat die koeëls aangerig het nie en Roodts het uitgeklim en hulle gewaarsku om nie verder te skiet nie. Hulle het egter aangehou,” het Crewe gesê.

Roodts het een verdagte doodgeskiet, een gewond en die ander twee in hegtenis geneem. Roodts is ongedeerd na die voorval.

Die voorval het op die hoek van die ou Johannesburgweg en Hennopsweg plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê dat hul paramedici na die toneel ontbied is.

“Ons paramedici het een man wat ʼn entjie weg van sy voertuig lê aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar. ʼn Tweede man is aangetref met ʼn skietwond aan sy bors. Noodbehandeling is toegepas en die man is na die Tembisa staatshospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het die ander twee mans nie beserings opgedoen nie en is in hegtenis geneem.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie het by navraag aan Maroela Media gesê die drie verdagtes, waarvan een onder polisiebewaking in die hospitaal is, op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen sal verskyn.

Daar is beslag gelê op ‘n donkerblou BMW en ‘n ongelisensieërde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Fourie ·

Ons het beslis nog meer sekuriteits mense nodig soos jy Henk. Ek is trots op jou flink optrede en sukses wat jy uitgevoer het.

AL ·

Vat 5! Ons het meer sulke vreeslose mense nodig! Uitstekende werk!

Sharon ·

Ons het meer van jul soort mense nodig om hierdie gewetenlose misdadigers vas te trek!! Welgedaan! !

Johan Pretorius ·

Oom Henk Roodts. U is n yster!!!!! Sal graag u wil ontmoet en u hand skud. Ons kort meer sulke Suid Afrikaners soos u.

Dok ·

Mnr Roodt moet genomineer word vir dapperheid! Ons het sulke mense nodig in ons land. Betaal sulke persone n groot bonus. Dit sal ander aanspoor. Uitstekend. Suid Afrika is trots op jou!

Duncan Olivier ·

Mnr, jy is baie braaf, welgedaan, mag ons Here jou beskerm in die gevaarlike werk wat jy doen!

Koos1 ·

Piet, hy was heel moontlik ‘n polisieman, wat weens regstellende aksie nie bevordering kon kry nie, en geloop het (miskien nog beter salaris ook!). Sy optrede stem baie ooreen met goed opgeleide polisiemanne, wat, jammer om te sê, baie minder word.
Mnr. Roodts, GOED GEDOEN!

Anoniem ·

Hewnk Roodts, baie dankbaar dat jy behoue gebly het vir jou geliefdes. Jy was letterlik in lewensgevaar, en verdien ‘n toekenning vir dapperheid!!! Wens ons kon jou kloon in tienduisende om ons boere te beskerm.

Johan. H. ·

Vannag slaap ek weeer lekker, Yster. Dink ons land het nou die omdraaie punt beryk. almal is moeg vir gemors, en die regering

Jan ·

Heldedaad. Verdien ‘n medalje vir dapperheid en voortreflike diens.

LUISTER ASB TOG ·

Moet asb tog nou net nie ‘n FOTO van oom HENK en sy hele GESIN plaas met hulle ADRES en telefoonommer nie, ons is baie trots op hom maar hierdie mense word geteiken as hulle die skelms laat les opse. … LUISTER tog nou eenkeer net vir ‘n lid van die publiek!!

René Erwee ·

Welgedaan. Word asb ‘n opleidingsbeampte, ons benodig meer sulke mense. Bly mnr R is veilig. Geluk!

WDP ·

Goeie werk, hoop zuma gee hom ook ‘n medalje vir dapperheid

cor ·

WDP in jou drome sal Zuma hom vereer hy sal eerder die ras kaart speel. Mooi so Henk jy was vreesloos en het jou werk gedoen wat ons nie van SAP kan se nie. Ons gewone burgers saluut jou en jy is ‘n waardvolle bate, steun pilaar en werker ek vertrou jou werkgewer sien jou uitstaande en volgehou diens raak en gee jou ‘n groot bonus. Ons het meer van jou soort nodig in ‘n land waar privaat sekuriteit die polisie mag se werk moet doen.

Lollie ·

Fantasties! Wil meer sulke stories lees. Welgedaan mnr. Roots. Bly jy is ongedeerd

Scalla ·

Puik optrede Mnr Roodts, bied hom n pos aan in die sapd se opleidings afdeling, so word dit gedoen.

KP ·

Mnr Roodts ek hoop jy kry n groot bonus en verhoging en sommer n medalje op die koop toe. Wel gedaan daar kort baie van julle.

Hannalene Greyling ·

Die storie van Henk Roodts klink soos ‘n verhaal uit ‘n rolprent waar die held die “crooks” laat les opse. Hoop net sy dapper daad word nie in sy gesig teruggegooi nie. Dit gebeur maklik in hierdie land. Hy sal baie mense he wat agter hom staan. Prysenswaardig.

koos ·

Goeie werk,solank alles gedoen is in die raam werk van die wet!!!!!!!

Louise ·

Dis fantasties wat hy gedoen het en ek stem ons het meer sulke mense nodig, MAAR wat mens bang maak is dat dit weer omgedraai word en die arme man seker weer vir moord aangekla word terwyl hy net eindlik sy werk gedoen het.

blacky ·

Baie goeie werk. Maar mense moet nie dink die werk word gedoen omdat die geld goed is nie. Henk Roodts jy is n dapper man, en verdien om n hero genoem te word.

ChristienH ·

My dogter is n bestuurder by die betrokke restaurant maar dank Vader sy was nie aan diens tydens die voorval nie.. Ongelukkig is daar ook beserings by die restaurantpersoneel wat nie vermeld is nie.

Frederick J Smith ·

Ek en my vrou het op pad van hospitaal af op die ” geveg” afgekom, en moes n opmpad huis toe neem.Was heel slokkend.Wat my erg pla, ek sien dat die dapper sekuriteitsman se naam openbaar gemaak word….ek voel dat dit hom kan blootstel aan ” vergelding” deur die boewewêreld. Is ek nou oor- sensitief, of word die man en sy familie dalk nou onnodig in moontlike groot gevaar gestel.Wat die risiko erger maak, is dat die maatskappy vir wie hy werk, ook genoem word, dus is dit uiters maklik om die man op te spoor…Sjoe, miskien moet ons mooi besin voordat persoonlikhede bekend gemaak word. Geniet jul dag verder, en hou vol met jul informatiewe, puik beriggewing..

Warren ·

Well done , he proberly was a policeman , and due to racist policies could not get promoted.
we are going to need more men like you when we have to fight for our survival.

FM ·

Hy is n BLANKE MAN!!!!Nou sal hy as die moordenaar uitgewys word. Sorry maroela, maar julle weet net soos ek dit gaan weer n rassistiese ding word. Wees tog net realisties. Dis jammer die beampte se naam en die sekuriteitsmaarskappy se naam is genoem. Nou gaan die anc en eff seker weer voor die hofgebou plakkate rondswaai en dit sal beslis nie in die guns van die held wees nie. Dis een van die redes waarom die land is waar dit is. Die onheil seëvier in die land. Hier kom groot gemors. Die anc en eff wil n sosialistiese staat hê. Mangusuthu Buthelezi het gisteraand gewaarsku teen n tweede Zimbabwe. 90 % van Zim se mense is werkloos. En die zimregering het na 37 JAAR vir zim afgebreek, wat vroeër as die broobmandjie van Afrika beskou was.Nou wat se verskoning sal zuma,julius, vavi en jim nou weer wil uitdink ? Hulle sal seker weer white minority capital die skuld gee!!!!Ha ha!!!! Hoe pateties!!!Kry vir julle!!!Kom tot jul sinne ASB.

Kim ·

Ek sal graag wil weet wat is procedure oor die op ruim van so toneel. Daar lê handskoene in die veld gegooi wat een van die “officials” aangeheg het en die bloed le nog net so in die pad. Almal weg! Copwatch het toe later darem ‘n paar grawe sand oor dit kom gooi. Wat is die gesondheids implikasies as dit nie net bloed is wat daar le nie?

Hennie ·

Kan die mense wat kommentaar lewer, ASSEBLIEF nie ophou om,elke keer ook die rassekaart te speeel nie???

Reneé ·

Vraag …..hoe eerste foto van die blou motor wat met neus by ambulans staan, se agterruit is uit en lyk woes….die laaste foto van dieselfde motor wat op dieselfde posisie staan want jy sien nog steeds die ambulans….se agterruit makeer niks….die vraag is nou net….wanneer het daai ruit so gebreek, maar belangriker….is daai so gebreek om beter aandag te trek om die storie te loop……of bedrieg en belieg die media huise ons ook ….net om die storie te laat verkoop??

t ·

Reneé – Kyk mooi. Die een foto is die ruit nog bymekaar met twee koeëlgate in. Omdat die agterruit “armourplate” is sal hy inmekaarstort sodra iemand aan die ruit vat. Iemand het waarskynlik aan die gate gaan druk wat die hele ruit laat verkrummel het. Moenie altyd ‘n sameswering gaan soek waar dit nie is nie.

Pendoring ·

Maggies maar die man KAN skiet! Bewegende voertuig, twee rampokkers; manalleen met ‘n pistool. Laat hy ‘n voorbeeld wees vir die ander wat tientalle rondtes wegskiet sonder om iets te tref. Mooi man!

Gerda ·

Pragtig gedaan. is trots op jou. Baie dankbaar jy is veilig!!!!!!!!!Wens daar meer mense soos jy om die publiek te beskerm!!!!!!!!

Henk ·

Net om die dame wat verward gwraak het oor die venster wat 2 gate in gehad het en toe later na haar bewering stukkend was is dat dievenster met die 2 gate in die voorruit is. Kyk asb mooi en hy sal die dashboard sien. Die stukjende venster is die agterruit wat uitgeskiet was en nie shatterproof is soos voorste venster nie. Geensins enige misleidende aksie vir publiek geskep nie.

Henk ·

Jammer vir die spelfoute in vorige boodskap. Nog bomskok na gister. Wil ook almal bedank vir hul waardering vir wat ons vir die gemeenskap doen. Dis my passie en my voorreg om die tipe dinge te doen met sukses. Ek dien met trors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.